Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » familie
familie [boodskap #125772] So, 12 Mei 2019 19:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
familie
Afbreking: fa•mi•lie




Selfstandige naamwoord: familie
Meervoud: families
Verkleinwoord: familietjie
Meervoud van verkleining: familietjies

Betekenis:
• 'n Groep mense wat getroud is of deur middel van ouer-kind-verhoudings verbind is.
• (biologie) Diere of plante wat aan dieselfde groep behoort; takson wat 'n onderdeel van 'n biologiese orde is en uit een of meer genera bestaan.

Gebruik:
• Ons is met die hele familie, inklusief alle klein- en agterkleinkinders, na ouma se honderdste verjaardag gewees.
• Die horingdraers (Bovidae) is die grootste familie van ewehoewige soogdiere.

Spreekwoord:
Familie van Adam se kant. [Baie ver verwant wees.]
• Hy is die swartskaap van die familie. [Iemand wat altyd die skuld kry; die persoon wat die familie in die skande steek.]

Sinoniem:
• gesin

Afgelei:
• familielid
• familienaam
• familieplaas
• familieverlof
• familievriendelik
• skoonfamilie
• taalfamilie

Vertaling:
Engels: family, relations, relatives
Nederlands: familie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gebiede
Volgende onderwerp: dag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:48:10 MGT 2024