Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sterk
sterk [boodskap #125763] So, 12 Mei 2019 18:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18934
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sterk
Afbreking: sterk




Byvoeglike naamwoord: sterk
Vergrotende trap: sterker
Oortreffende trap: sterkste
Attributief: sterke
Partitief: sterks
Intensief: stormsterk

Betekenis:
• Oor groot krag beskik.
• Wat nie maklik breek nie.
• 'n Groot konsentrasie van iets bevat.
• Goed wees in iets; vaardig wees.

Gebruik:
• Hy was 'n sterk kêrel wat 'n streepsak vol mielies kon optel.
• Die tou is sterk en sal nie breek nie.
• 'n Sterk oplossing. Sterk drank maak mens vinnig dronk.
• Sy is sterk in tale, maar nie in wiskunde nie.

Vergelyking:
• so sterk soos 'n bees

Antoniem:
• swak

Spreekwoord:
• Wie nie sterk is nie, moet slim wees. [As 'n mens nie 'n saak met krag kan regmaak nie, moet jy jou verstand gebruik.]
• Sy tee was te sterk. [Hy is dronk.]

Vertaling:
Engels: strong, firm, powerful
Nederlands: sterk


Werkwoord: sterk
Verlede tyd: het gesterk

Betekenis:
• Krag gee; ondersteun, versterk.

Gebruik:
• Moet hom nie in sy kwaad sterk nie.

Vertaling:
Engels: to strengthen, fortify
Nederlands: sterken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Duitsland
Volgende onderwerp: aanvaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 14:43:05 MGT 2024