Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » middel
middel [boodskap #125737] Sa, 11 Mei 2019 19:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
middel
Afbreking: mid•del




Selfstandige naamwoord: middel
Meervoud: middele, middels
Verkleinwoord: middeltjie
Meervoud van verkleining: middeltjies

Betekenis:
• Dit wat ingespan word om 'n doel te bereik.
• Iets wat aangewend word om 'n siekte of ongesteldheid te bestry; medikasie.

Gebruik:
• Ons hoop om baie mense deur middel van hierdie webtuiste te bereik. Militêre middele alleen sal nie terreur stuit nie.
• Neem die middel drie keer per dag teen verkoue. Daar is geen middel teen die dood nie.

Afgelei:
• bleikmiddel
• geneesmiddel
• ontsmettingsmiddel
• reiningsmiddel
• skoonmaakmiddel
• skropmiddel
• smaakmiddel
• wasmiddel

Vertaling:
Engels: means; remedy, cure
Nederlands: middel


Selfstandige naamwoord: middel
Meervoud: middels
Verkleinwoord: middeltjie
Meervoud van verkleining: middeltjies

Betekenis:
• Senter; middelgedeelte; êrens tussen die begin en die einde.
• Die middelste deel van die liggaam tussen die onder- en bolyf; middellyf.

Gebruik:
• Die kar het êrens in die middel van nêrens gaan staan. Vreemde goed gebeur in die middel van die nag!
• Ek moet van die oortollige vet om my middel ontslae raak.

Afgelei:
• middeldeur
• middeljarig
• middelman
• middelmatig
• middelpunt

Vertaling:
Engels: middle, centre; waist
Nederlands: middel, remedie, midden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wie
Volgende onderwerp: moderne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 03:26:26 MGT 2024