Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moontlik
moontlik [boodskap #125710] Sa, 11 Mei 2019 08:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
moontlik
Afbreking: moont•lik




Byvoeglike naamwoord: moontlik
Vergrotende trap: moontliker
Oortreffende trap: moontlikste
Attributief: moontlike
Partitief: moontliks
Intensief: allermoontlikste

Betekenis:
• Dit wat gedoen kan word; gebeurlik.
• Wat kan wees of word; dalk.

Gebruik:
• Die dokter doen al wat moontlik is om die pasiënt te red.
• Dit is moontlik, maar jy sal baie hard moet werk.

Antoniem:
• onmoontlik

Verwant:
• moontlikes
• moontlikheid

Vertaling:
Engels: possible
Nederlands: mogelijk


Bywoord: moontlik

Betekenis:
• Dui aan dat iets nie seker is nie, maar wel waar kan wees.

Gebruik:
• Liefde is moontlik die belangrikste rede.

Sinoniem:
• altemit
• dalk
• miskien

Vertaling:
Engels: possibly, perhaps
Nederlands: mogelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: self
Volgende onderwerp: plek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:11:42 MGT 2024