Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Wrakvis (Polyprion americanus)
Wrakvis [boodskap #125706] Sa, 11 Mei 2019 05:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Bafaro, ook die wrakvis genoem.
'n Bafaro, ook die wrakvis genoem.
Die wrakvis of bafaro (Engels: wreckfish of stonebass; Polyprion americanus) is ’n groot rotsvissoort wat dikwels in die omgewing van skeepswrakke deur treilers gevang word. Die vis kan meer as 2 meter (7 voet) lank word en weeg by die 200 kg. Die volwasse vis het 'n donker blouerige kleur met donkerder vlekke. Die onvolwasse vissies is bruin, ook met donker vlekke, maar die stertvin is ligter van kleur. Die wrakvis het ’n wye verspreiding en kom in al die oseane en aan die kus van Suid-Afrika van die Weskus tot Natal voor. Die vleis is geurig en die lewer besonder ryk aan vitamine A.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Baekelmans, Lode
Volgende onderwerp: Baffin, William
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 09:18:50 MGT 2024