Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rol
rol [boodskap #125700] Vr, 10 Mei 2019 21:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rol
Afbreking: rol
Uitspraak: /rɔl/




Selfstandige naamwoord: rol
Meervoud: rolle
Verkleinwoord: rolletjie
Meervoud van verkleining: rolletjies

Betekenis:
• 'n Spil met papier of ander stof; iets wat in die vorm van 'n sirkel opgedraai is.
• 'n Akteur in 'n fliek of toneelstuk.
• Silindervormig voorwerp.

Gebruik:
• Die toiletpapier is op. Koop asseblief 'n rol of twee.
• Hy speel die rol van generaal De la Rey.
• Die bakkery se rolletjies is darem lekker.

Afgelei:
• hofrol
• hoofrol
• potjierol
• roller
• toiletrol

Vertaling:
Engels: role, list
Nederlands: rol


Werkwoord: rol
Verlede tyd: het gerol
Teenwoordige deelwoord: rollende

Betekenis:
• Om draaiend oor 'n oppervlak te beweeg; 'n ronde voorwerp laat tol.
• Om tot 'n ronde voorwerp te vorm.
• Om plat te maak deur 'n silindriese voorwerp oor iets te beweeg; uitrol.

Gebruik:
• Die klip rol van die berg af.
• Ons moet frikkadelle vir aandete rol.
Rol die deeg sodat ons koekies kan bak.

Spreekwoord:
• Die bal aan die rol sit. [n Saak aan die gang sit.]
• Hy rol vir my 'n klip uit die pad. [Doen 'n guns vir iemand.]

Afgelei:
• afrol
• omrol
• oprol
• uitrol

Vertaling:
Engels: to roll, tumble
Nederlands: rollen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: binne
Volgende onderwerp: tans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:01:26 MGT 2024