Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » man
man [boodskap #125696] Vr, 10 Mei 2019 20:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Man en 'n vrou.
'n Man en 'n vrou.
man
Afbreking: man
Uitspraak: /mɑn/




Selfstandige naamwoord: man
Meervoud: manne, mans
Verkleinwoord: mannetjie
Meervoud van verkleining: mannetjies

Betekenis:
• 'n Volwasse manlike persoon; 'n grootmens wat nie 'n vrou is nie.
• 'n Persoon wat met 'n vrou getroud is.
• Informele aanspreekvorm en uitroep – ook teenoor vroue gebruik.
• Iemand wat tot 'n leër, die bemanning van 'n skip, ens. behoort.

Gebruik:
• Elke man veg vir homself.
• Haar man het vir haar 'n nuwe motor gekoop.
• Ag man, gaan blaas doppies.
• Hoeveel man is aan boord?

Spreekwoord:
• Met man en mag. [Met alle mag.]
• Soos een man. [Almal saam; eenparig.]
• Op die man af wees. [Sonder ompaaie.]
• Baie broek, bietjie man. [Grootprater.]
• Hy staan sy man. [Dapper wees en wys wie jy is.]
• Net so min soos die man in die maan. [Glad nie.]
• Hy is mossie, maar man. [Hy is klein, maar pure man.]
• Hy is 'n man van sy woord. ['n Man op wie staatgemaak kan word.]
• 'n Man van toet, was hy beter dan was hy goed. ['n Niksbeduidende persoon.]
• Kinders is die arm man se rykdom. [Arm mense het gewoonlik baie kinders]
• Elke man soen sy vrou op sy eie manier. [Elkeen het sy eie wyse van optrede.]
• 'n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke. [Iemand wat niks behoorlik kan doen nie.]
• Die klere maak die man. ['n Mens word dikwels na jou uiterlike voorkoms beoordeel.]
• Wyn in die man, wysheid in die kan. [As iemand dronk is, kan 'n mens nie wysheid by hom verwag nie.]

Antoniem:
• vrou

Hiponiem:
• grotman
• leidsman
• sneeuman
• stuurman
• weerman

Afgelei:
• manlief
• manlik

Vertaling:
Engels: man; husband
Nederlands: man

Nota:
• 'n Manlike dier word 'n mannetjie genoem: "Die leeu is 'n mannetjie".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: weens
Volgende onderwerp: vyf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 08:39:09 MGT 2024