Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kry
kry [boodskap #125694] Vr, 10 Mei 2019 20:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kry
Afbreking: kry
Uitspraak: /krəi/




Werkwoord: kry
Verlede tyd: het gekry
Teenwoordige deelwoord: krygende

Betekenis:
• Verwerf; ontvang; in besit van iets kom deur dit te neem, te koop, wen, soek, ens.
• 'n Siekte opdoen.
• Vang; gryp; pak.

Gebruik:
• Hy kry 'n boek.
• Sy kry net voor die eksamen griep.
• Ek gaan vir jou kry, boetie!

Spreekwoord:
• Aftrek kry. [Gewild wees.]
• As die perde horings kry. [Nooit nie.]
• Boontjie kry sy loontjie. [Elkeen kry sy verdiende loon.]
• Die aapstuipe kry. [Baie kwaad wees en jou nie kan bedwing nie.]
• Die kloutjie by die oor kry. [Probeer om twee teenstrydighede te laat klop.]
• As die hoenders tande kry. [Dit sal nooit gebeur nie.]
• Elke hond kry sy dag. [Elkeen kry 'n beurt.]
• Elke pot kry sy deksel. [Elkeen kry die maat wat by hom pas.]
• Hond se gedagtes kry. [Wantrouig word.]
• Ons kry die wind van voor. [Met teenstand te doen kry.]
• Op jou baadjie kry. [Die onderspit delf.]
• Siepsop en braaiboud kry. [Pak slae kry.]

Sinoniem:
• vind

Antoniem:
• gee
• verloor

Vertaling:
Engels: to get, receive, found, catch, obtain
Nederlands: krijgen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waarvan
Volgende onderwerp: weens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 15:47:23 MGT 2024