Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bly
bly [boodskap #125692] Vr, 10 Mei 2019 19:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18930
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Hoekom lyk die vrou so bly?
Hoekom lyk die vrou so bly?
bly
Afbreking: bly
Uitspraak: /bləi/




Byvoeglike naamwoord: bly
Vergrotende trap: blyer
Oortreffende trap: blyste
Attributief: blye
Partitief: blys
Intensief: doodbly

Betekenis:
• Wat gelukkig en opgewonde voel; vrolik is van stemmig.

Gebruik:
• Ek was bly om te hoor dat alles goed afgeloop het.

Sinoniem:
• blymoedig
• gelukkig
• lewenslustig
• opgeruimd
• verheug
• vrolik

Vertaling:
Engels: happy, glad, cheerful, joyful
Nederlands: blij


Werkwoord: bly
Verlede tyd: het gebly
Teenwoordige deelwoord: blywende
Verlede deelwoord: geblewe

Betekenis:
• Om dieselfde te wees en nie te verander nie.
• Om êrens te vertoef en nie weg te gaan nie.
• Om nie van mening te verander nie.

Gebruik:
• Ek bly maar verveeld. Dat die erwe van ons vadere, vir ons kinders erwe bly.
• Hy wil graag by die huis bly. Ons bly al 10 jaar in hierdie huis.
• Die koppige ou vrou het by haar standpunt gebly.

Spreekwoord:
• Sy bly op die been. [Gaan aan met werk; bly nie in die bed nie.]
• Mooi vergaan, maar deug bly staan. [Mooi is van tydelike aard, maar deug is blywend.]
• Al dra 'n aap 'n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding. [Mooi klere of versierings kan nie ’n lelike mens mooi maak nie.]
• As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly. [Wanneer twee samesweerders rusie kry, openbaar hulle mekaar se geheime.]

Sinoniem:
• aanhou
• staan
• standhou
• vertoef
• volhard
• voortduur
• woon

Vertaling:
Engels: to remain, stay, live
Nederlands: blijven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pous
Volgende onderwerp: waarvan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 12:17:34 MGT 2024