Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorlog
oorlog [boodskap #125657] Wo, 08 Mei 2019 11:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Oorlog word gevoer.
Oorlog word gevoer.
oorlog
Afbreking: oor•log
Uitspraak: /ˈʊər.lɔχ/




Selfstandige naamwoord: oorlog
Meervoud: oorloë
Verkleinwoord: oorloggie
Meervoud van verkleining: oorloggies

Betekenis:
• 'n Georganiseerde, gewelddadige en gewapende konflik, gewoonlik tussen twee state of strydende partye.

Gebruik:
• Terwyl die politici gepraat en whiskey gedrink het, is jong soldate uitmekaar geskiet in 'n deurmekaar oorlog sonder behoorlike beplanning.

Sinoniem:
• botsing
• doodstryd
• konflik
• stryd
• vyandelikhede

Antoniem:
• vrede

Hiponiem:
• boereoorlog
• bevrydingsoorlog
• blitsoorlog
• burgeroorlog
• grensoorlog
• guerrilla-oorlog
• terroristeoorlog
• vryheidsoorlog
• wêreldoorlog

Afgelei:
• oorloggeteisterd
• oorlogskip
• oorlogsmoeg
• oorlogsverklaring
• oorlogvoering

Vertaling:
Engels: war
Duits: Krieg
Nederlands: oorlog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp:
Volgende onderwerp: gee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 16:51:24 MGT 2024