Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Graaf Amadeo Avogadro (1776 — 1856) was 'n Italiaanse natuurkundige. Hy het die "reël van Avogadro" ontdek: Gelyke volumes van alle gasse onder gelyke druk en van gelyke temperatuur bevat steeds ewe veel molekules. As huldeblyk is die Avogadro-konstante (een van die sewe SI-basiseenhede) na hom vernoem. Die getal van Avogadro NA is die aantal elementêre deeltjies (soos atome, molekules en ione) in 1 mol van 'n stof 6,022140857 (74) × 1023.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.