Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ou
ou [boodskap #125621] Ma, 06 Mei 2019 18:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ou
Afbreking: ou
Uitspraak: /œu/




Byvoeglike naamwoord: oud
Vergrotende trap: ouer
Oortreffende trap: oudste
Attributief: ou (oue)
Partitief: ouds

Betekenis:
• Nie meer jonk nie; van 'n gevorderde leeftyd; bejaard.
• Nie meer nuut nie; gebruik.

Gebruik:
• Hy is al 'n ou man.
• Die ou kar gebruik te veel olie.

Antoniem:
• nuwe

Vertaling:
Engels: aged, old, ancient; worn
Nederlands: oude


Selfstandige naamwoord: ou
Meervoud: ouens
Verkleinwoord: outjie
Meervoud van verkleining: outjies

Betekenis:
• Verwys na 'n man sonder om sy naam te noem.

Gebruik:
• Die ou gaan ons help om perskes te steel.

Sinoniem:
• snaar
• knaap
• vent

Spelfout:
• oukie

Vertaling:
Engels: fellow, guy, bloke
Nederlands: ouwe

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: April
Volgende onderwerp: Amerikaanse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 18:10:39 MGT 2024