Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Clement Richard Attlee (1883-1967) was 'n Britse politikus en staatsman. Hy word Arbeiderslid van die Parlement in 1922; was leier van die opposisie van 1935 tot 40; eerste minister van 1945 tot 51. In dié tyd het Indië en Pakistan onafhanklike republieke binne die Britse Statebond geword; nasionale gesondheidsdienste is in Engeland ingestel en die yster- en staalbedryf genasionaliseer. In 1955 het hy die leierskap van die Arbeidersparty neergelê en lid van die Hoërhuis geword.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.