Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Atlas was ’n reus in die Griekse mitologie wat teen Zeus opgestaan het. As straf is hy gedwing om die gewelf (hemelruim) op sy skouers te dra. Hy moes die taak vanaf die Atlas-gebergte in Noordwes-Afrika verrig. In kunswerke werd hy egter meestal met die aarde op sy skouers uitgebeeld, en nie met die hemelruim nie.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.