Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kinders
kinders [boodskap #125547] Wo, 01 Mei 2019 19:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kinders wat in die water speel.
Kinders wat in die water speel.
kinders
Afbreking: kin•ders
Uitspraak: /ˈkə.nərs/




Selfstandige naamwoord: kind
Meervoud: kinders
Verkleinwoord: kindjie
Meervoud van verkleining: kindertjies

Betekenis:
• Meervoud van kind; meer as een kind.

Gebruik:
• Die egpaar het nou al sewe kinders.

Spreekwoord:
• Hulle het kinders soos orrelpype. [Vinnig op mekaar volgende kinders.]
Kinders is die arm man se rykdom. [Arm mense het gewoonlik baie kinders.]
• Al jou kinders onder een kombers toemaak. [Al die kinders is nog in die huis.]
• Skoenmaker se kinders loop kaalvoet. [Vrygewigheid moet by jou eie huis begin.]
• Hy laat sy kinders vir wind en weer grootword. [Jou nie bekommer oor jou kinders se opvoeding nie.]
Kinders moet gesien, maar nie gehoor word. [In die teenwoordigheid van grootmense moet kinders stil wees.]
• Gaan jy met kinders uit, kom jy met kinders tuis. [As 'n grootmens op kinders staatmaak, word hy teleurgestel.]

Vertaling:
Engels: children
Nederlands: kinderen, kinders

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: asook
Volgende onderwerp: seun
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 05:47:58 MGT 2024