Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gaan
gaan [boodskap #125497] Ma, 29 April 2019 19:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20278
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gaan
Afbreking: gaan
Uitspraak: /ˈxɑːn/




Werkwoord: gaan
Verlede tyd: het gegaan
Verlede deelwoord: gaande

Betekenis:
• In 'n bepaalde rigting beweeg/uitstrek, meestal weg van die spreker af.
• Wat nog moet gebeur.
• In die genoemde toestand wees.
• Oor iets handel.
• In iets anders pas.

Gebruik:
• Hy gaan na Europa toe.
• Sy gaan môre tennis speel.
• Hoe gaan dit met jou? Wat gaan aan?
• Die boek gaan oor die kosmos en die buiteaardse lewe.
• Daar gaan drie lekkers in elke sakkie.

Spreekwoord:
Gaan blaas doppies. [Gaan bars; verniet probeer.]
• Akkoord gaan met iets. [Met iets saamstem.]
• Daar gaan 'n lig op vir iemand. [Hy begin verstaan.]
• Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. [Niks bly onveranderd nie.]
• Deur die smeltkroes gaan. ['n Veeleisende ondervinding moet deurmaak.]
• Die bobbejaan agter die bult gaan haal. [Moeilikheid vooruitloop.]
• Die poppe gaan dans. [Daar kom moeilikheid.]
• Dit gaan klopdisselboom. [Dit gaan baie goed.]
• Dit gaan maar broekskeur. [Dit gaan maar swaar.]
• Dit gaan my verstande te bowe. [Ek kan dit nie begryp nie.]
• Dit gaan so tussen die boom en die bas. [Dit gaan so-so.]
• Dit gaan voor die wind. [Voorspoedig.]
• Hy gaan die kreeftegang. [Hy gaan agteruit.]
• Hy gaan homself te buite. [Nie jou perke ken nie.]
• Hy gaan met die stroom saam. [Met die meerderheid saamgaan.]
• Hy gaan teen die stroom in. [Die verloop van sake probeer keer.]
• Hy gaan te ver. [Hy oorskry alle grense.]
• Sy ster gaan op. [Hy styg in aansien.]
• Sy hart het byna gaan staan. [Hy het baie groot geskrik.]
• Van gaan en staan kom niks gedaan. [Om iets uit te rig, moet daar gehandel word.]
Gaan na die miere, jou luiaard. [Gaan kyk hoe werksaam die miere is en word ook so.]

Antoniem:
• kom

Afgelei:
• afgaan
• opgaan
• ondergaan
• heengaan
• agteruitgaan
• nagaan
• uitgaan
• ontgaan
• verbygaan

Vertaling:
Engels: to go, move, go to
Nederlands: gaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gevolg
Volgende onderwerp: dorp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 23:23:08 MGT 2024