Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ludwig Joachim (Achim) von Arnim (1781 - 1831) was 'n Duitse digter; eers student in die wetenskappe. Hy het ’n groot voorliefde vir volkspoësie gehad. Gedurende sy buitelandse reise versamel hy sprokies en sages, en in 1806 gee hy tesame met sy vriend Brentano ’n bundel versamelde volksliedere uit: Des Knaben Wunderhorn, wat een van die hoogtepunte van die Duitse Romantiek verteenwoordig. Sy werk is na sy dood versamel deur W. Grimm en het in 1839 - 1848 in 20 dele verskyn.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.