Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Onderwys in die NSA
Onderwys in die NSA [boodskap #11743 is 'n antwoord op boodskap #11746] Wo, 10 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, miskien moet jy hierdie berig wys aan die onderwysers en ouers van
Ontario, wat so bekommerd is oor fundamentele regte in daardie provinsie.

(ag, maar natuurlik, mens kan nie Ontario vergelyk met 'n land wat deur
swartes regeer word nie, nie waar nie - van Ontario moet mens darem meer
verwag, of hoe?)

Uit e-beeld

***********************

Desember 09, 1997

Tienduisende onderwysers kan werk verloor

Cornia Pretorius

Nog tienduisende onderwysers kan uit die onderwys gedwing word as
afdankingspakkette vir leerkragte en onderwyser-leerlingtalle van 1:40 in
laer skole en 1:35 in hoër skole ingestel word, het onderwysersvakbonde
Dinsdag gesê.

Die verlies aan onderwysers wat hierop kan volg sluit nie die duisende
tydelike onderwysers in wie se kontrakte volgens alle aanduidings nie einde
vanjaar deur provinsiale onderwysdepartemente hernu gaan word nie.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) en die Nasionale Professionele
Onderwysersunie (Naposa) meen die staat gaan Woensdag in die Raad op
Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) voorstelle doen oor
afdankingspakkette en die toepassing van onderwyser-leerlingtalle van 1:35
en 1:40 in alle provinsies volgende jaar.

'n Woordvoerder van die nasionale departement van onderwys het Dinsdag gesê
onderhandelaars sal moontlik Woensdag 'n mandaat kry om in Ravo te
onderhandel oor die toekomstige regskikkingsproses.

Volgens 'n bron van Beeld is 'n dokument in omloop wat voorstel dat daar nie
verder regskikking (rightsizing) in die staatdiens plaasvind nie, maar dat
dit in geheel verklein (downsize) moet word deur afdankingspakkette.

Dit sluit die afdanking in van onderwysers - strydig met pres. Nelson
Mandela se 1996-belofte dat geen leerkrag afgedank sal word nie.
"Die afdankingspakkette is onaanvaarbaar. As dit opgedwing word, gaan dit
onderwysers in erge finansiële probleme dompel," sê die bron.

As deel regskikking - die eweredige verspreiding van leerkragte tussen skole
en provinsies - skeidingspakkette toegestaan aan sekere onderwysers wat
oortallig was aan hul skole.

'n Verdere vrees is dat die staat beplan om nie die poste te vul van
tydelike onderwysers wat uit diens gestel word nie maar om dit af te skaf om
te spaar.

Sowel die SAOU as Naposa verwag ook dat die staat hom beroep op 'n bepaling
in arbeidswetgewing wat beteken dat provinsiale onderwysdepartemente in
sekere omstandighede met rasionalisering kan voortgaan (soos byvoorbeeld as
dit geraak word deur hul finansies).

Dit kan beteken provinsies kan verhoudings van 1:40 en 1:35 toepas, wat ook
minder onderwysers en minder uitgawes beteken. Die Wes-Kaap het reeds
aangekondig dat hy dit in 1998 gaan instel.

Chris Klopper van die SAOU sê die onderwys sal nie die verlies kan hanteer
nie omdat daar na raming 'n toename van 25 000 leerkragte in 1998 nodig is
om te voorsien in die groei in leerlingtalle.
Re: Onderwys in die NSA [boodskap #11744 is 'n antwoord op boodskap #11743] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 10 Dec 1997 09:38:51 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Wat Leendert se moet natuurlik in n konteks gesien word.
> Hier is uit die volgende dag se koerant is deel van wat waarskynlik
> nodig is om n konteks te vorm:
>
> Dit is uit Leendert se gunsteling bron, Beeld. Die keer Beeld se
> sake-afdeling.
>
>
> "Die produksieprysindeks (PPI), een van die belangrikste
> inflasie-aanwysers, het in Oktober op n jaargrondslag met net 4,9%
> gestyg. Dit is die kleinste styging in 26 jaar, het die Sentrale
> Statistiesdiens (SSD) gister gese........
> ....Me. Elize Swart, ekonoom van Huysamer Stals, se die syfers is baie
> beter as wat verwag is.
> Swart meen dit is nou moontlik dat dat die PPI-styging teen
> middel aanstaande jaar so laag soos 3% op n jaargrondslag kan wees...
>
> ....Sulke skerp dalings in stygings in produksiepryse hou ook
> goeie vooruitsigte in vir verdere skerp dalings in die
> verbruikersprysindeks, wat weer die moontlikheid van laer rentekoerse
> inhou.....
>
> .....Die jongste PPI-syfers is veral goeie nuus vir
> verbruikers omdat laer produksiekoste in die volgende maande laer
> pryse tot gevolg sal he"
>
>
>
> Hier is nog n stukkie uit dieselfde Sake-Beeld.
>
> Dit haal Dawie Klopper, beleggingsekonoom van PSG Beleggingsdienste
> aan oor die wereldmarkte se waarskynlik vinnige herstel na die paniek
> uit die Ooste.
>
> Dit lui onder meer: "Dit lyk ook asof die Suid-Afrikaanse mark veral
> in die afgelope maand meer soos n ontwikkelde ekonomie gereageer het
> en nie soos ander opkomende ekonomiee nie. Dit is n aanduiding van die
> positiewe fundamentele posisie waarin die Suid-Afrikaanse ekonomie hom
> bevind"
>
>
> Vraag vir Leendert: Leendert, het die twee goed en die minder
> onderwysers moontlik n verband met mekaar?

Antwoord vir Ferdi:

1) Ja. Produktiwiteit in SA is besig om te styg - die arbeidsmag word
afgeskaal deur afdankings, terwyl die produksie nie in dieselfde mate
afgeskaal word nie. Dus, hoër produktiwiteit per werker. (onderskei
asseblief tussen produktiwiteit en produksie). Die probleem is: dit geskied
deur afdanking van werkers, eerder as deur verhoging van produksie.
(Produksie styg nie in ooreenstemming met die bevolkingsgroei nie) Dus:
werkloosheid neem steeds toe, en die bevolking as geheel word armer.

2) Met die afdanking van onderwysers het dit die volgende te doen:

a) Die syfers wat Beeld verskaf oor die styging in produktiwiteit oor die
_afgelope_ jaar het niks te doen met die afdanking van onderwysers vir
_volgende_ jaar nie.

b) As 'n onderwyser 40 leerders "hanteer" i.p.v. 20, beteken dit nie
sy/haar produktiwiteit styg nie. Die gevolg kan die teenoorgestelde wees. As
dit verder minder bekwame onderwysers is wat oorbly, terwyl meer bekwames
gaan (soos Alister Sparks beweer), dis die gevolg sekerlik 'n verswakking
oor die algemeen.

c) Die "produksie" van onderwysers sal eers oor 10 - 30 jaar in die
ekonomie merkbaar word. Te laat om iets daaraan te doen.

[...]

> Oor die skool-storie: Die effek wat dit onder meer op die grond hier
> in Johannesburg het, is dat my kinders se skoolgeld verhoog is en dat
> ek, my vrou en ander ouers met elke verhoging meer betrokke voel en
> raak by die skool.

Dit kos _geld_ om jou betrokke te maak?

Herinner aan Piet Marais met sy Model C-skole - waar ouers moes betaal, en
in ruil "seggenskap" oor die onderwys van hul gekry het. Soos 'n middeleeuse
priester wat aflaatbriewe verkoop, het hy aan mense verkwansel wat in elk
geval hul fundamentele reg is.

Sê tog Ferdi, hierdie betrokkenheid - hoeveel daarvan het te doen met a) wat
jou kinders leer b) hoe hulle dit leer? Of het dit meer te doen met die
kunsmis vir die tuin en die kleur van die servette by die
jaareindpartytjies?

>
> Die fooie is nou so R5 000 (vyf duisend Rand) vir 2 (twee) kinder vir
> die hele volgende jaar.

Yep. Daar is privaatskole wat dieselfde vra - met klasse van twaalf
leerders.

Waarvoor betaal die staat dan in daardie staatskool van jou?

(En: kyk wat gaan gebeur met jou R5000 as die huidige witskrif oor
skoolbefondsing aangeneem word.)
Re: Onderwys in die NSA [boodskap #11745 is 'n antwoord op boodskap #11743] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Dec 1997 09:38:51 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Wat Leendert se moet natuurlik in n konteks gesien word.
Hier is uit die volgende dag se koerant is deel van wat waarskynlik
nodig is om n konteks te vorm:

Dit is uit Leendert se gunsteling bron, Beeld. Die keer Beeld se
sake-afdeling.

"Die produksieprysindeks (PPI), een van die belangrikste
inflasie-aanwysers, het in Oktober op n jaargrondslag met net 4,9%
gestyg. Dit is die kleinste styging in 26 jaar, het die Sentrale
Statistiesdiens (SSD) gister gese........
....Me. Elize Swart, ekonoom van Huysamer Stals, se die syfers is baie
beter as wat verwag is.
Swart meen dit is nou moontlik dat dat die PPI-styging teen
middel aanstaande jaar so laag soos 3% op n jaargrondslag kan wees...

....Sulke skerp dalings in stygings in produksiepryse hou ook
goeie vooruitsigte in vir verdere skerp dalings in die
verbruikersprysindeks, wat weer die moontlikheid van laer rentekoerse
inhou.....

.....Die jongste PPI-syfers is veral goeie nuus vir
verbruikers omdat laer produksiekoste in die volgende maande laer
pryse tot gevolg sal he"

Hier is nog n stukkie uit dieselfde Sake-Beeld.

Dit haal Dawie Klopper, beleggingsekonoom van PSG Beleggingsdienste
aan oor die wereldmarkte se waarskynlik vinnige herstel na die paniek
uit die Ooste.

Dit lui onder meer: "Dit lyk ook asof die Suid-Afrikaanse mark veral
in die afgelope maand meer soos n ontwikkelde ekonomie gereageer het
en nie soos ander opkomende ekonomiee nie. Dit is n aanduiding van die
positiewe fundamentele posisie waarin die Suid-Afrikaanse ekonomie hom
bevind"

Vraag vir Leendert: Leendert, het die twee goed en die minder
onderwysers moontlik n verband met mekaar?

Nog n interresante stukkie. Die keer van die TV - daardie medium wat
nie deur verskeie van die deelnemers op die nuusgroep gekyk word nie
omdat hulle se dit kan nie bydra tot hul oordeel oor wat om hulle
aangaan nie.

(En nee dis nie die regstreekse uitsendings van die rugbytoetse of die
krieket in Australie nie. Watter groot plesiere was dit gewees nie!)

Dit was n besprekingsprogram op TV2 oor sosio-politieke kwessies in
die week. Ek het in die middel ingekom en het nie al die mense se name
en posisies gevang en onthou nie.
Nigel Bruce was daar, die man van Financial Mail/Times, Lester Venter,
iemand van die swart sake-bemagtigingsforum of so iets en iemand wat
geklink het of hy uit n ekonomies/politieke swart omgewing kom.

Oor Affirmative Action: Dit is inderdaad bedoel om net tydelik te wees
en dinge reg te trek wat deur apartheid skeefgetrek is. Daarna moet
dinge weer op die basies van regte mense vir die job gedoen word.

En in die lig hiervan, is daar toe onder meer verwys na Zwelaki
Sisulu, hoof van die SABC, wat gese het sy Affirmative Action-veldtog
is oor. Die balanse is nou reg in die SABC en wit Afrikaners word weer
aagestel in die SABC.

En inderdaad, het ek nou die dag verneem - het dit nie uitgeckeck nie,
maar die bron is goed - dat baie wit Afrikaanse mense in die
joernalistiek-skool op Stellenbosch werk by die SABC gekry het.

Oor die skool-storie: Die effek wat dit onder meer op die grond hier
in Johannesburg het, is dat my kinders se skoolgeld verhoog is en dat
ek, my vrou en ander ouers met elke verhoging meer betrokke voel en
raak by die skool.

Die fooie is nou so R5 000 (vyf duisend Rand) vir 2 (twee) kinder vir
die hele volgende jaar.

<<> Desember 09, 1997
> Tienduisende onderwysers kan werk verloor
>
> Cornia Pretorius
>
> Nog tienduisende onderwysers kan uit die onderwys gedwing word as
> afdankingspakkette vir leerkragte en onderwyser-leerlingtalle van 1:40 in
> laer skole en 1:35 in hoër skole ingestel word, het onderwysersvakbonde
> Dinsdag gesê.
>
> Die verlies aan onderwysers wat hierop kan volg sluit nie die duisende
> tydelike onderwysers in wie se kontrakte volgens alle aanduidings nie einde
> vanjaar deur provinsiale onderwysdepartemente hernu gaan word nie.>>>
Re: Onderwys in die NSA [boodskap #11746 is 'n antwoord op boodskap #11743] Wo, 10 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Dec 1997 12:32:49 +0100, "Leendert van Oostrum"
<oos...@scientia.up.ac.za> wrote:

<<>> Vraag vir Leendert: Leendert, het die twee goed en die minder
>> onderwysers moontlik n verband met mekaar?
>
>
> Antwoord vir Ferdi:>>

En verduidelik ook asb vir my Leendert, waar sou staatsbesteding en
inflasie in hierdie groter ekonomiese prentjie inpas?

<<> Sę tog Ferdi, hierdie betrokkenheid - hoeveel daarvan het te doen met a) wat
> jou kinders leer b) hoe hulle dit leer? Of het dit meer te doen met die
> kunsmis vir die tuin en die kleur van die servette by die
> jaareindpartytjies?>>

Ek woon nie partytjies by nie. Dit gaan om wat my kinders leer.

(By the way my kind in std 3 leer fisiologie wat ek in std 9 geleer het.
Hulle doen somme in std 4 wat ek op hoerskool eers gedoen het.)

Die fooie is nou so R5 000 (vyf duisend Rand) vir 2 (twee) kinder

<<>>Die fooie is nou so R5 000 (vyf duisend Rand) vir 2 (twee) kinder vir
>> die hele volgende jaar.
>
> Yep. Daar is privaatskole wat dieselfde vra - met klasse van twaalf
> leerders.>>

En watter private skole met klasse van 12 vra R2 500 per kind per
jaar?

<<>(En: kyk wat gaan gebeur met jou R5000 as die huidige witskrif oor
> skoolbefondsing aangeneem word.)>>

Ek neem aan dis nog nie in wet gegiet nie en in die stadium maar nog
een van jou vrese?
Re: Onderwys in die NSA [boodskap #11784 is 'n antwoord op boodskap #11746] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Dec 1997 10:27:45 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

En verduidelik ook asb vir my Leendert, waar sou staatsbesteding
en
>> inflasie in hierdie groter ekonomiese prentjie inpas?
>
>
> In die konteks van onderwysvoorsiening?>>

Nee.
Iets soos: As die staat nie oorbestee nie is die ekonomie gesond. As
die staat oorbestee vlam inflasie op en begin n vernietigende
ekonomiese spiraal.
Die staat se grootste uitgawe is staatsamptenare. Onderwysers is
staatsamptenare.

En dan begin daar nou sulke klokkies lui dat vorige regerings vir
dekades nooit staatsbesteding onder beheer kon kry nie omdat hulle
aanmekaar verkiesings in gedagte gehad het in plaas van die ekonomie
se gesondheid.
En ek wonder nou of dit slegte regeringw as. Klink vir my so.

het, nie waar nie.>>[/color]

Ek was altyd betrokke maar hoe meer n mens betaal hoe meer kyk jy na
iets dis normaal.

(By the way my kind in std 3 leer fisiologie wat ek in std 9
geleer
>> het.
>> Hulle doen somme in std 4 wat ek op hoerskool eers gedoen het.)
>
> En wat leer die kinders in staatskole wat in gebiede geleë is wat minder
> gegoed is?>>

Het hulle dan nie dieselfde leerplan nie?

[/color]
> Daar is (snaaks genoeg) 'n verskil tussen R2500 per kind per jaar en R5000
> per jaar vir twee kinders. En daarvan kry jy heel veel. Die meeste
> Christelike privaatskole, met of sonder staatsubsidie, werk op sulke bedrae.>>

Watter skole is dit?
Re: Onderwys in die NSA [boodskap #11785 is 'n antwoord op boodskap #11746] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 11 Dec 1997 10:27:45 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:

> En verduidelik ook asb vir my Leendert, waar sou staatsbesteding
> en
>>> inflasie in hierdie groter ekonomiese prentjie inpas?
>>
>>
>> In die konteks van onderwysvoorsiening?>>
>
> Nee.
> Iets soos: As die staat nie oorbestee nie is die ekonomie gesond. As
> die staat oorbestee vlam inflasie op en begin n vernietigende
> ekonomiese spiraal.
> Die staat se grootste uitgawe is staatsamptenare. Onderwysers is
> staatsamptenare.

Yep. Onderwysers in staatskole is staatsamptenare. Dit kos die staat
beduidend meer om 'n leerder in 'n staatskool te onderrig as om dieselfde
leerder in 'n privaatskool te subsidieer. (Dis ook die geval in die VSA -
die _totale_ besteding per kind is daar ongeveer 50% - 60% van die besteding
in staatskole - en die leerderprestasie is beduidend beter. Tuisonderwys kos
omtrent 10% van die koste van staatsonderwys, en die leerderprestasie nog
beter.)

Dus: die regering kan inflasie die beste bekamp deur _alle_
staatsonderwysers af te dank, en individuele leerders te subsidieer om hul
onderwys te koop by wie hulle ookal kies.

Wil jy dit voorstel?

>
> En dan begin daar nou sulke klokkies lui dat vorige regerings vir
> dekades nooit staatsbesteding onder beheer kon kry nie omdat hulle
> aanmekaar verkiesings in gedagte gehad het in plaas van die ekonomie
> se gesondheid.
> En ek wonder nou of dit slegte regeringw as. Klink vir my so.

Baie slegte regering. Dink jy dis 'n slegter een as die huidige?

>
>
>
> Net jammer dis eers sedert jy moes begin betaal dat jy so betrokke geraak
>> het, nie waar nie.>>
>
>
> Ek was altyd betrokke maar hoe meer n mens betaal hoe meer kyk jy na
> iets dis normaal.

Ek aanvaar dat dit vir jou "normaal" is.

Ander dink weer dat dit meer normaal is om te "kyk na" jou kind se
opvoeding, ongeag hoeveel jy daarvoor betaal.

>
>
> (By the way my kind in std 3 leer fisiologie wat ek in std 9
> geleer
>>> het.
>>> Hulle doen somme in std 4 wat ek op hoerskool eers gedoen het.)
>>
>> En wat leer die kinders in staatskole wat in gebiede geleë is wat minder
>> gegoed is?>>
>
> Het hulle dan nie dieselfde leerplan nie?

Yep. Met leerplanne gaan dit maar soos met ander planne. Die verband tussen
die plan en die resultaat wissel grootliks.

Maar jy sou nie weet nie, sou jy? Jy skep nog lekker aan die "nalatenskap
van apartheid" by een van die beter staatskole, nie waar nie?

>
>
> jaar?
>>
>> Daar is (snaaks genoeg) 'n verskil tussen R2500 per kind per jaar en R5000
>> per jaar vir twee kinders. En daarvan kry jy heel veel. Die meeste
>> Christelike privaatskole, met of sonder staatsubsidie, werk op sulke
bedrae.>>
>
> Watter skole is dit?

Die meeste skole van ACE (Accellerated Christian Education), ARSO (Aksie
Reformatoriese Skoolonderwys) en CVO (Christelike Volkseie Onderwys).

ACS (Association of Christian Schools) se fooie is bietjie hoër, maar nie
baie nie.
Re: Onderwys in die NSA [boodskap #11786 is 'n antwoord op boodskap #11746] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 10 Dec 1997 12:32:49 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Vraag vir Leendert: Leendert, het die twee goed en die minder
>>> onderwysers moontlik n verband met mekaar?
>>
>>
>> Antwoord vir Ferdi:>>
>
> En verduidelik ook asb vir my Leendert, waar sou staatsbesteding en
> inflasie in hierdie groter ekonomiese prentjie inpas?

In die konteks van onderwysvoorsiening?

Daar waar die hulpbronne van die departemente van onderwys, welsyn, polisie
en justisie gebruik word om een wit gesin (onregmatiglik) te vervolg omdat
hulle kinders nie in skole is nie, terwyl daar vir honderdduisende swart
kinders geen toegang tot onderwys bestaan nie.

Prioriteite, m.a.w.

>
> met a) wat
>> jou kinders leer b) hoe hulle dit leer? Of het dit meer te doen met die
>> kunsmis vir die tuin en die kleur van die servette by die
>> jaareindpartytjies?>>
>
> Ek woon nie partytjies by nie. Dit gaan om wat my kinders leer.

Ek is baie bly. Ek wens meer ouers wil so daaroor voel.
Net jammer dis eers sedert jy moes begin betaal dat jy so betrokke geraak
het, nie waar nie.

(Hmmm..... gegee die verband tussen betaal en betrokkenheid hierbo gestel,
en gegee die bevindinge dat ouerbetrokkenheid die sterkste enkele faktor in
leerderprestasie is - is "gratis onderwys" in die belang van kinders?)

>
> (By the way my kind in std 3 leer fisiologie wat ek in std 9 geleer
> het.
> Hulle doen somme in std 4 wat ek op hoerskool eers gedoen het.)

En wat leer die kinders in staatskole wat in gebiede geleë is wat minder
gegoed is?

>
> Die fooie is nou so R5 000 (vyf duisend Rand) vir 2 (twee) kinder
> vir
>>> die hele volgende jaar.
>>
>> Yep. Daar is privaatskole wat dieselfde vra - met klasse van twaalf
>> leerders.>>
>
> En watter private skole met klasse van 12 vra R2 500 per kind per
> jaar?

Daar is (snaaks genoeg) 'n verskil tussen R2500 per kind per jaar en R5000
per jaar vir twee kinders. En daarvan kry jy heel veel. Die meeste
Christelike privaatskole, met of sonder staatsubsidie, werk op sulke bedrae.

>
> > skoolbefondsing aangeneem word.)>>
>
> Ek neem aan dis nog nie in wet gegiet nie en in die stadium maar nog
> een van jou vrese?

Vir myself, nie 'n vrees nie - 'n moerse geleentheid. Dit gaan kinders uit
die staatskole dryf teen 'n gweldige tempo, en hulle sal in privaatonderwys,
insluitende tuisonderwys, te lande kom.

Die "nadeel" is dat dit juis die middelklas (met die vaardighede vir bestuur
en fondsinsameling) is wat uit die openbare sektor sal onttrek. Dit sal lei
tot die groter verval van die openbare skoolsektor - soos die regering se
eie buitelandse konsultante hulle meer as twee jaar gelede gewaarsku het.

Een reaksie sou wees om te treur, want die gevolg sou bloot wees dat "Bantu
Education" uitgebrei word tot die hele openbare skoolsektor.

'n Ander sou wees om te aanvaar dat dit bloot een element is van 'n
postmoderne verval van die staatsmag in die algemeen

Dr Jan du Plessis het enkele jare gelede al voorspel dat indidivue en groepe
vir hulself sal moet voorsien in die dienste wat tans deur die staat gelewer
word - privatisering van staatsfunksies dus. Dis nie net besig om in die
onderwys te gebeur nie - dit lyk nou asof Executive Outcomes heel moontlik
die polisiefunksie in die Vrystaatse platteland kan oorneem.

Dit alles maak natuurlik nonsens van die idee van positiewe menseregte - die
idee dat die staat 'n plig/belang het om mense se reg op gesondheid,
onderwys, behuising, ens positief te bevorder (in plaas daarvan om net te
verseker dat hulle nie verhoed word as hulle sou kies om hierdie regte uit
te oefen nie).

Dit volg dus dat die voorsgetelde onderwysbefondsingsmaatreëls waarskynlik
die reg op onderwys (in die positiewe sin - die een wat onse regering
aanhang) sal benadeel, eerder as om dit te bevorder.

Terselfdertyd sal dit daartoe lei dat die inmenging van die staat in die
onderwys noodwendig minder sal word - wat die fundamentele vryheid van
onderwys sal bevorder :-)

Persoonlik is ek dus vreeslik ten gunste van die konsepwitskrif oor
onderwysbefondsing. Dit sal meer en meer mense dwing om te betaal vir hul
onderwys, en meer en meer ouers sal (soos jy) meer betrokke raak by die
onderwys van hul kinders - tot die voordeel van die kinders en die land.

Groete, Leendert
Re: Onderwys in die NSA [boodskap #11787 is 'n antwoord op boodskap #11746] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On Thu, 11 Dec 1997 14:10:37 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> > staatsonderwysers af te dank, en individuele leerders te subsidieer om hul
>> onderwys te koop by wie hulle ookal kies.>>
>
> Nee.
>
> As ek en my gesin n gesonde ekonomie wil he, moet ons toesien dat ons
> nie elke naweek winkels toe hardloop en hope klere koop nie.
>
> Op die oomblik gaan dit nie so goed soos dit al gegaan het nie, so ek
> oorreed my kinders om eerder nie nog jeans te koop net omdat hulle
> reken bell bottom hipsters (ek het dit in die 70's gedra en hulle wil
> my in elk geval nie glo dat dit in elk geval lelik is nie) is koel om
> op civvies day skool toe te dra nie.
>
> Om die afleiding hieruit te maak dat dit beter sal wees as ons almal
> eenvoudig kaal loop, is laf.

Nee. Die idee van staatskole is vergelykbaar met die idee dat jy en jou vrou
en kinders, en al die res
van ons, identiese uniforms dra, sodat dit "goedkoper" gemassaproduseer kan
word.

As dit wel goedkoper was, sou dit miskien (suiwer op ekonomiese oorwegings)
sin gemaak het.

In die geval van privaatonderwys, kos dit die ekonomie minder as wat
staatsonderwys kos - vir 'n beter produk. Meer word dus geproduseer teen
laer koste - dit is anti-inflasionêr.

>
> Ek wil staatskole in SA he en ek wil my kinders in staatskole he. Om n
> 110 redes.

Dit is jou goeie reg om dit te wil hê. Ek sou egter graag 'n paar van die
110 redes verneem.

Ek, daarenteen, verkies om my kinders self te onderrig. My redes beslaan 200
bladsye A4.

>
> Maar ek sien die nut in om soos die cliche gaan, die belt stywer in te
> trek as dit nodig is.
> As die SA ekonomie later weer blom, dan sal ek reken dis tyd om weer
> die klasse groter te maak en Latyn as n keusevak aan te bied.
>
> Eintlik baie eenvoudig.

Jy bedoel seker, om die klasse weer kleiner te maak. Ja wel. Tensy jy hulle
beduidend kleiner as 20 maak, sal dit weinig effek hê op die leerprestasie
van die kinders (maar die onderwysers sal waarskynlik minder
senu-instortings
kry, en die sosialisering sal moontlik minder nadelig wees).

In tuisonderwys is Latyn as keusevak nogal gewild, van standerd 3 af. Die
Universiteit van Pretoria bied 'n oulike kursus per korrespondensie aan -
hoofsaaklik gemik op leerder in staatskole, uit die aard van die saak.

>
>
>
>> Baie slegte regering. Dink jy dis 'n slegter een as die huidige?>>
>
>
> Ja.

Motiveer?

> Ek was altyd betrokke maar hoe meer n mens betaal hoe meer kyk jy
> na
>>> iets dis normaal.
>>
>> Ek aanvaar dat dit vir jou "normaal" is.>>
>
> Ek reken dis vir die meeste mense normaal.
> Toe ek my kind n pop van R12 gegee het, het sy redelik agtelosig
> daarmee gespeel.
> Toe ek haar die dag n regte barbie gekoop het, het sy dit soos goud
> begin oppas.

Ja wel, ek aanvaar dat mense wat hul kinders met barbiepoppe vergelyk
miskien ook meer aandag aan hul opvoeding sal gee as hulle meer daarvoor
betaal.

> Het hulle dan nie dieselfde leerplan nie?
>>
>> Yep. Met leerplanne gaan dit maar soos met ander planne. Die verband tussen
>> die plan en die resultaat wissel grootliks.>>
>
> So jy het jou eie vraag beantwoord.

Ja. Leerders in staatskole in minderbevoorregte gebiede leer nie so veel as
jou kinders in hulle staatskool nie, selfs al gebruik hulle dieselfde
leerplan. Nie eens naastenby so veel nie.

>
> "nalatenskap
>> van apartheid" by een van die beter staatskole, nie waar nie?>>>
>
> Praat duidelik asb. Dis bietjie van n mental mompel die.

Eintlik maar net 'n intertekstuele verwysing (weliswaar na iets wat ek meer
as 24 uur tevore genoem het) maar ek verduidelik graag: Jy spog met die
voortreflikheid van die staatskool waarheen jy jou kinders
stuur. Ek het tevore daarop gewys dat die voortreflikheid van die betrokke
skool (en soortgelykes) deur baie beskou word as 'n oorblyfsel van
apartheid, en dat 'n klein minderheid van die
staatskole so 'n goeie standaard handhaaf. Die oorgrote meerderheid is
weinig beter as nutteloos.

Dus: deur jou kinders na die betrokke skool te stuur, skep jy nog van die
pap van apartheid.

>>
>
> Watter skole is dit?
>>
>> Die meeste skole van ACE (Accellerated Christian Education), ARSO (Aksie
>> Reformatoriese Skoolonderwys) en CVO (Christelike Volkseie Onderwys).>>>
>
> O ek sien. Nie private skole in die tradisionele sin van die woord
> nie.
> Dit klink vir my eerder na alternatiewe skoling.

Hoe is "private skole in die tradisionele sin van die woord"? En op watter
wyses verskil hierdie skole van sulke skole?

Maar gestel die skole is wel "alternatief": As jy verkies om te konformeer,
is dit jou goeie reg (konformisme blyk dan ook een van die belangrike dinge
te wees wat kinders in institusionele onderwys leer).

Persoonlik hou ek nogal in die algemeen van dinge wat "alternatief" is -
onderwys inkluis. Veral as hulle 'n beter produk lewer teen laer koste.

>
> maar nie
>> baie nie.>>
>
> Klink dieselfde.
>
> (By the way, speel hulle hokkie en tennis, die skole?

O ja! In die gewone ligas.

>
> Een van die wonderlike dinge van my kinders se skool is dat saam met
> hulle in die klas is daar Muslims, Hindu's en Boeddiste. En daar is n
> Russiese seuntjie, , Italiaanse meisie en n versameling van plaaslike
> etnisiteite. Van Zoeloe, deur Afrikaans tot by Sotho's en Portugese.
> En dis insiggewend om te sien hoe maklik hulle meng en teenoor mekaar
> reageer op nie-rassige grondslag. Hulle is vriende en vyande oor
> allerhande etniese grense heen.)

Ja. Ek merk dieselfde ding op onder die kinders van private skole wat ek mee
te doen kry. Waar dit tuisonderwys aangaan, het ek by verlede Saterdag se
seminaar gesinne uit Switserland, Britanje, Nederland en Kroasië gehad,
saam met inboorlinggesinne wat Afrikaans-, Engels- en Tswanasprekend is.

Soos opmerklik is onder kinders in tuisonderwys, was vyandskap feitlik
afwesig. 'n Ander verskynsel wat blykbaar hoofsaaklik beperk is tot kinders
in tuisonderwys, is dat hulle oor alle ouderdomme saamspeel, van kleuters
tot matrieks (progressiewe skole doen geweldige moeite om "cross age
socialisation" te bevorder - en adverteer dit as 'n pluspunt).

Die Jode, Adventiste, en Messianse Jode was natuurlik nie daar nie, want dit
was 'n Saterdag. By die betrokke geleentheid was daar ook nie Moslems of
Hindoes nie, maar jy kan nie verwag om alle groepe verteenwoordig te kry in
'n groep van omtrent 25 gesinne nie.

In 'n skool sou ek wel probleme hê met 'n mengsel van godsdienste, as dit
sou beteken dat my kinders die geleentheid ontneem word om hul godsdiens in
hul leerwerk uit te leef. 'n Direktief van die Gautengse onderwysdepartement
wat ek onlangs gekry het, illustreer dan ook dat verskillende godsdienste in
dieselfde klas noodwendig die effek het dat alle godsdienstige
kontekstualisering
uit die onderrig moet verdwyn.

Vriendelike groete, Leendert.
Re: Onderwys in die NSA [boodskap #11788 is 'n antwoord op boodskap #11746] Do, 11 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Dec 1997 14:10:37 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

staatsonderwysers af te dank, en individuele leerders te subsidieer om hul[/color]
> onderwys te koop by wie hulle ookal kies.>>

Nee.

As ek en my gesin n gesonde ekonomie wil he, moet ons toesien dat ons
nie elke naweek winkels toe hardloop en hope klere koop nie.

Op die oomblik gaan dit nie so goed soos dit al gegaan het nie, so ek
oorreed my kinders om eerder nie nog jeans te koop net omdat hulle
reken bell bottom hipsters (ek het dit in die 70's gedra en hulle wil
my in elk geval nie glo dat dit in elk geval lelik is nie) is koel om
op civvies day skool toe te dra nie.

Om die afleiding hieruit te maak dat dit beter sal wees as ons almal
eenvoudig kaal loop, is laf.

Ek wil staatskole in SA he en ek wil my kinders in staatskole he. Om n
110 redes.

Maar ek sien die nut in om soos die cliche gaan, die belt stywer in te
trek as dit nodig is.
As die SA ekonomie later weer blom, dan sal ek reken dis tyd om weer
die klasse groter te maak en Latyn as n keusevak aan te bied.

Eintlik baie eenvoudig.

Baie slegte regering. Dink jy dis 'n slegter een as die huidige?>>[/color]

Ja.

Ek was altyd betrokke maar hoe meer n mens betaal hoe meer kyk jy
na
>> iets dis normaal.
>
> Ek aanvaar dat dit vir jou "normaal" is.>>

Ek reken dis vir die meeste mense normaal.
Toe ek my kind n pop van R12 gegee het, het sy redelik agtelosig
daarmee gespeel.
Toe ek haar die dag n regte barbie gekoop het, het sy dit soos goud
begin oppas.

Het hulle dan nie dieselfde leerplan nie?
>
> Yep. Met leerplanne gaan dit maar soos met ander planne. Die verband tussen
> die plan en die resultaat wissel grootliks.>>

So jy het jou eie vraag beantwoord.

>>[/color]

Praat duidelik asb. Dis bietjie van n mental mompel die.
>

Watter skole is dit?
>
> Die meeste skole van ACE (Accellerated Christian Education), ARSO (Aksie
> Reformatoriese Skoolonderwys) en CVO (Christelike Volkseie Onderwys).>>>

O ek sien. Nie private skole in die tradisionele sin van die woord
nie.
Dit klink vir my eerder na alternatiewe skoling.

baie nie.>>[/color]

Klink dieselfde.

(By the way, speel hulle hokkie en tennis, die skole?

Een van die wonderlike dinge van my kinders se skool is dat saam met
hulle in die klas is daar Muslims, Hindu's en Boeddiste. En daar is n
Russiese seuntjie, , Italiaanse meisie en n versameling van plaaslike
etnisiteite. Van Zoeloe, deur Afrikaans tot by Sotho's en Portugese.
En dis insiggewend om te sien hoe maklik hulle meng en teenoor mekaar
reageer op nie-rassige grondslag. Hulle is vriende en vyande oor
allerhande etniese grense heen.)
Re: Onderwys in die NSA [boodskap #11819 is 'n antwoord op boodskap #11787] Vr, 12 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Dec 1997 21:29:05 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

miskien ook meer aandag aan hul opvoeding sal gee as hulle meer daarvoor[/color]
> betaal.>>

Ja wel ou Leendert jou moer ook.

n Mengsel van selektiewe aanhalings, skinder-stories oor ander mense
en intellektuele lafhartigheid wanneer dit jou pas word gewoonlik deur
jou aangebied as argumente.

Nou voeg jy persoonlike beledigings van mense wat jy nie ken ook by.

Jy weet niks van my en my verhouding teenoor my kinders nie. Tog voel
jy jou geroepe om die soort belediging kwyt te raak. Sommer so
weggegooi in n onverwante argument.

Nie alleen ontsnap jy aan n antwoord nie, jy beledig my en my kinders
sommer ook. Twee vlieë met een klap, ne?

Jy lyk na mn behoorlik onaangename mens.

As jy die soort is wat tuis-onderrig en alternatiewe onderrig
verkondig en nodig het, is ek nou finaal afgesit daarvan.
Re: Onderwys in die NSA [boodskap #11820 is 'n antwoord op boodskap #11746] Vr, 12 Desember 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 11 Dec 1997 21:29:05 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> vergelyk
>> miskien ook meer aandag aan hul opvoeding sal gee as hulle meer daarvoor
>> betaal.>>
>
> Ja wel ou Leendert jou moer ook.
>
> n Mengsel van selektiewe aanhalings, skinder-stories oor ander mense
> en intellektuele lafhartigheid wanneer dit jou pas word gewoonlik deur
> jou aangebied as argumente.

Nee. Jy lees aanmekaar dinge in ander se uitsprake wat net uit jou
oënskynlik verwarde kop kan kom.

Op grond daarvan beledig jy dan die skrywers lustig en lekker.

>
> Nou voeg jy persoonlike beledigings van mense wat jy nie ken ook by.

Jammer, ek het niemand beledig nie. Ek het bloot gewys op die noodwendige
afleidings wat volg uit wat jy gespog het.

>
> Jy weet niks van my en my verhouding teenoor my kinders nie.

Nee. Niks wat jy nie in hierdie nuusgroep vertel het nie.

jy jou geroepe om die soort belediging kwyt te raak. Sommer so[/color]
> weggegooi in n onverwante argument.

Onverwante argument? Nee. Dit was jy wat op oneerlike wyse die verwante dele
van die argument uitgesny het.

>
> Nie alleen ontsnap jy aan n antwoord nie, jy beledig my en my kinders
> sommer ook. Twee vlieë met een klap, ne?

'n Man wat in die openbaar verklaar dat hy meer betrokke raak by die
opvoeding van sy kinders hoe meer hy daarvoor betaal het reeds sy kinders
een van die ergste beledigings moontlik toegedien.

Vir wat hy in die proses van homself openbaar, moet hy self
verantwoordelikheid aanvaar - nie tjank dat iemand anders hom beledig het
nie.

>
> Jy lyk na mn behoorlik onaangename mens.

Ek is jammer as jy dit onaangenaam vind wanneer ek jou wys op die
implikasies wat jy van jouself sê.

> As jy die soort is wat tuis-onderrig en alternatiewe onderrig
> verkondig en nodig het, is ek nou finaal afgesit daarvan.

As jy die soort is wie se betrokkenheid by sy kinders se onderwys uit sy
beursie gemotiveer word, is hulle ongetwyfeld beter af in institusionele
onderwys.

Geniet jou vakansie, Koos. Dit is duidelik dat jy dit nodig het. Miskien
moet jy dink oor wat werklik jou betrokkenheid by jou kinders se onderwys
bepaal. Ek sou baie verbaas wees as dit werklik die stygende koste daarvan
is.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Unisa
Volgende onderwerp: Matriek Uitslae?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 15 17:51:57 MGT 2024