Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voor (vóór)
voor [boodskap #125380] Sa, 20 April 2019 19:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voor
Afbreking: voor
Uitspraak: /fʊə̯r/




Voorsetsel: voor

Betekenis:
• In posisie eerder as iets of iemand anders.
• In tyd vroeër as iets of iemand anders.
• Terwyl ander daar is.

Gebruik:
• Jy kan voor my in die ry staan. Volgens alfabet kom dié woord voor daai woord.
• Ek was voor jou hier.
• Hy hou nie daarvan om voor ander te praat nie.

Spreekwoord:
• Dit gaan voor die wind. [Voorspoedig.]
• Ons kry die wind van voor. [Met teenstand te doen kry.]
• Steek 'n stokkie daar voor. ['n End maak daaraan.]
• Die kar voor die perde span. [n Saak verkeerd / agterstevoor aanpak.]
• Die stilte voor die storm. [Kalmte voor met krag opgetree word.]
• Hef aan lê nog voor. [Die groot moeilikheid kom nog.]
• Hoogmoed kom voor 'n val. ['n Hoogmoedige mens word verneder.]
• Hy draai my 'n rat voor die oë. [Iemand bedrieg.]
• Hy is my 'n kortkop voor. [Net-net voorloop.]
• Iemand voor stok kry. [Iemand berispe.]
• Jy moet voor jou eie stoep vee. [Bemoei jou met jou eie sake.]
• Loop voor die pad vol duwweltjies word. [Loop baie gou.]
• Moenie jou pêrels voor die swyne gooi nie. [Moenie iets doen vir iemand wat jou daad nie werd is of waardeer nie.]
• Hy is oud voor sy tyd. [Soos 'n oumens wees, al is jy nog jonk.]
• Vee eers voor jou eie deur. [Sorg eers vir sake wat jou persoonlik raak.]
• Biltong sny voor die bees geslag is. [Op iets staatmaak wat nog moet gebeur.]

Antoniem:
• agter
• na

Vertaling:
Engels: in front of, before
Nederlands: voor


Bywoord: voor

Betekenis:
• Aan die voorkant van iets.
• Vroeër in die volgorde.

Gebruik:
• Sommige leerders hou daarvan om voor in die klas te sit.
• Hy loop voor se sy loop agter.

Vertaling:
Engels: in front
Nederlands: voor


Voegwoord: voor

Betekenis:
• Dui aan dat iets voor iets anders gebeur.

Gebruik:
• Hy spring weg voor die fluitjie geblaas is.

Vertaling:
Engels: before
Nederlands: voor


Selfstandige naamwoord: voor
Meervoud: vore
Verkleinwoord: voortjie
Meervoud van verkleining: voortjies

Betekenis:
• Sloot, tipies in die grond vir die geleiding van water of die plant van sade.

Gebruik:
• Grawe asseblief 'n voor om die tuin nat te lei.
• Die boer ploeg vore om aartappels te plant.

Afgelei:
• leivoor
• watervoor

Vertaling:
Engels: furrow
Nederlands: voor

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nuwe
Volgende onderwerp: nog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:01:01 MGT 2024