Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kerk
kerk [boodskap #125376] Sa, 20 April 2019 19:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kerk.
'n Kerk.
kerk
Afbreking: kerk
Uitspraak: /kɛrk/




Selfstandige naamwoord: kerk
Meervoud: kerke
Verkleinwoord: kerkie
Meervoud van verkleining: kerkies

Betekenis:
• 'n Plek vir Christelike erediens; gebou waar kerkdienste gehou word.
• Godsdiensoefening in 'n kerk; geleentheid wanneer daar 'n kerkdiens gehou word.
• Die gemeente; 'n gemeenskap van Christene.

Gebruik:
• Die kerk is in 1969 gebou.
• Ons hou sommer onder die boom kerk.
• Ons kerk hou basaar.

Spreekwoord:
• Ek kan nie met hom kerk hou nie. [Hy is onregeerbaar.]
• Die koeël is deur die kerk. [Daar is niks meer aan te doen nie.]

Afgelei:
• kerkalmanak
• kerkamp
• kerkbank
• kerkbasaar
• kerkbesoek
• kerkbywoning
• kerkdeur
• kerkdiens
• kerkfees
• kerkganger
• kerkgebou
• kerkgeld
• kerkgeleentheid
• kerkgemeente
• kerkgenoot
• kerkgesang
• kerkgeskiedenis
• kerkhervormer
• kerkhof
• kerkinwyding
• kerkkamp
• kerkkantoor
• kerkklok
• kerkkollekte
• kerkkoor
• kerkleer
• kerkleier
• kerkleraar
• kerklid
• kerklidmaat
• kerklik
• kerkloos
• kerklui
• kerkman
• kerkmuis
• kerkmusiek
• kerkorde
• kerkorrel
• kerkowerheid
• kerkpak
• kerkplegtigheid
• kerkplein
• kerkraad
• kerkraadsvergadering
• kerkregister
• kerkrower
• kerksaal
• kerkstryd
• kerktoring
• kerktyd

Vertaling:
Engels: church; service; congregation
Nederlands: kerk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gemeente
Volgende onderwerp: later
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 20:09:52 MGT 2024