Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baie (báie)
baie [boodskap #125371] Sa, 20 April 2019 17:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
baie
Afbreking: bai•e
Uitspraak: /ˈbɑjə/, /ˈbɑjəŋ/




Bywoord: baie
Vergrotende trap: meer
Oortreffende trap: die meeste

Betekenis:
• In 'n hoë mate; veel; erg; danig.
• Gereeld; dikwels.

Gebruik:
• Sy is baie lief vir my.
• Ons eet baie uit.

Antoniem:
• min

Spreekwoord:
• Daar is baie op die spel. [Baie hang van die afloop van die saak af.]
• Daar sal nog baie water in die see loop. [Nog baie dinge sal gebeur.]
• Daar steek baie in hom. [Hy het goeie hoedanighede.]
• Hy het baie jare agter die rug. [Baie oud.]
• Hy het baie laaie. [Baie streke.]
• Hy het baie op sy kerfstok. [Baie te verantwoord hê.]
Baie broek, bietjie man. [Grootprater.]
Baie hande maak ligte werk. [As almal help, is 'n taak maklik.]
Baie honde is 'n haas se dood. [Deur samewerking kan 'n mens baie dinge verrig.]
Baie kleintjies maak 'n grote. [Elke bietjie help om 'n groot hoeveelheid bymekaar te kry.]
Baie mak skape gaan in een kraal. [Vredeliewende mense kan maklik saamwoon.]
Baie myle lê tussen doen en sê. [n Belofte is nog nie 'n daad nie.]
Baie pyle in jou koker hê. [Oor baie middele beskik.]
• Hy is 'n jakkals met baie draaie. [Iemand het baie skelmstreke.]
• Niks vir niks en baie min vir 'n sikspens. [Vir alles moet kontant betaal word.]
• Die haan kraai baie harder as die hen wat die eier gelê het. [Gesê van iemand wat hom lof aanmatig wat hom nie toekom nie.]

Vertaling:
Engels: very; often
Nederlands: zeer, erg, heel


Onbepaalde hooftelwoord: baie

Betekenis:
• 'n Groot aantal.

Gebruik:
• Hy het baie vriende gehad.

Sinoniem:
• vele
• talle

Antoniem:
• min

Vertaling:
Engels: a lot; many
Nederlands: veel

Nota:
• Van Maleis: "banyak".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teen
Volgende onderwerp: hom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:05:23 MGT 2024