Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oor
oor [boodskap #125345] Vr, 19 April 2019 12:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18993
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Oor.
'n Oor.
oor
Afbreking: oor
Uitspraak: /ʊər/, /uə̯r/




Selfstandige naamwoord: oor
Meervoud: ore
Verkleinwoord: oortjie
Meervoud van verkleining: oortjies

Betekenis:
• Orgaan aan die kant van die kop wat klank opvang en waarmee gehoor word.
• Iets wat aan 'n oor herinner.

Gebruik:
• Die juffrou trek die stout kind aan sy oor.
• "Hoekom is Ouma se ore so groot?” vra Rooikappie. Die wolf antwoord, "Om beter te kan hoor, my kind".
• Hulle het ore, maar kan nie hoor nie, ook het hulle neuse, maar kan nie ruik nie. [Psalm 115:6]

Afgelei:
• oorarts
• oorbel
• oordrom
• oorfoon
• oorontsteking
• oorpyn
• oorring
• oorskulp

Vertaling:
Engels: ear; handle
Nederlands: oor


Voorsetsel: oor

Betekenis:
• Bo-op of aan die bokant van iets.
• Na die ander kant, anderkant, oorkant.
• Iets toemaak of bedek.
• Langs mekaar of teenaan.
• Ná 'n sekere tyd.
• Van iets.

Gebruik:
• Gooi die kombers oor die bed. Moenie oor die bank klim nie.
• Die kind loop oor die straat.
• Hy trek die mus oor sy kop.
• Die kinders staan oor mekaar. Hy leun oor my.
• Ons gaan oor 'n uur ry.
• Hulle praat al weer oor rugby.

Vertaling:
Engels: over, across, beyond
Nederlands: over


Bywoord: oor

Betekenis:
• Wat geëindig het; klaar en verby.
• Wat nog daar is nadat die res weg is.

Gebruik:
• Die reën is oor en die son skyn weer.
• Ná die ete was daar nog baie kos oor.

Vertaling:
Engels: over
Nederlands: over


Voegwoord: oor

Betekenis:
• Omdat; omrede.

Gebruik:
• Dis oor sy so hard leer dat haar punte so goed is.

Vertaling:
Engels: because
Nederlands: over

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: soos
Volgende onderwerp: kan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:45:48 MGT 2024