Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » soos
soos [boodskap #125344] Vr, 19 April 2019 12:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20429
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
soos
Afbreking: soos
Uitspraak: /suə̯s/




Voegwoord: soos

Betekenis:
• Tref 'n vergelyking tussen twee goed; op dieselfde wyse; in dieselfde graad; van dieselfde soort.

Gebruik:
• Sy is so lelik soos die nag.

Spreekwoord:
• Dis vinkel en koljander, die een is soos die ander. [Dis presies eenders.]
• Agter geld soos die duiwel agter 'n siel aan. [Baie geldgierig.]
• Dis soos 'n rooi lap voor 'n bul. [Iets wat iemand briesend maak.]
• Dit is so skaars soos hoendertande. [Onverkrygbaar.]
• Dit staan soos 'n paal bo water. [Dit is beslis so; dit is heel duidelik.]
• Dit verkoop soos soetkoek. [Dit verkoop baie goed.]
• Hulle is soos Dawid en Jonatan. [Hulle is boesemvriende.]
• Hulle verskil soos dag en nag. [Hulle is baie verskillend.]
• Hy het geld soos bossies. [Baie geld.]
• Hy het soos 'n groot speld verdwyn. [Ongemerk weggeraak.]
• Hy is soos Daniël in die leeukuil. [Tussen gevaarlike vyande.]
• Hy is so reg soos 'n roer. [Hy is fiks; doodreg.]
• Hy lag soos 'n boer met tandpyn. [Suur, gedwonge lag.
• Hy lewe soos 'n koning. [Hy leef in weelde.]
• Hy lieg soos 'n tandetrekker. ['n Baasleuenaar.]
• Hy staan daar soos 'n soutpilaar. [Stilstaan sonder om te roer of 'n woord te sê.]
• Hy swyg soos die graf. [Om die stilswye te bewaar.]
• Hy volg hom soos sy skaduwee. [Onafskeidbaar van hom wees.]
• Maak soos jy lekker kry. [Maak soos jy wil.]
• So dood soos 'n mossie. [Morsdood.]
• So gelukkig soos 'n vark in modder. [Baie gelukkig.]
• So mal soos 'n haas. [Baie mal, gek.]
• So slim soos die houtjie van die galg. [Baie geslepe.]
• Ek is so oud soos my hande, maar nie so oud soos my tande. [Grappenderwys gesê as iemand wil weet hoe oud 'n persoon is.]
• Die heler is so goed soos die steler. [Wie gesteelde goed in ontvangs neem, is net so strafbaar soos die dief.]
• As 'n mens in Rome is, moet jy maak soos die Romeine. [As iemand in 'n vreemde plek is, moet hy hom na die nuwe toestande skik.]

Vertaling:
Engels: as, like, just as
Nederlands: zoals

Nota:
• Die woord is 'n palindroom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eerste
Volgende onderwerp: oor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Okt 18 06:15:45 MGT 2024