Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dat
dat [boodskap #125290] So, 07 April 2019 09:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dat
Afbreking: dat
Uitspraak: /dɑt/




Voegwoord: dat

Betekenis:
• Heg twee dele van 'n sin saam.
• Lei 'n naamwoordelike of bywoordelike bysin in.

Gebruik:
• Hy sê dat hy nie begryp nie.
Dat hy nie afskeid kon neem nie, was vir hom 'n bron van groot verdriet.

Spreekwoord:
• Oor dit en dat praat. [Oor verskillende sake praat.]
• Ek is so honger dat ek 'n spyker se kop kan afbyt. [Doodhonger]
• Ek moet nog dit en dat doen. [Ek moet nog allerhande sakies verrig.]
• Iets doen dat die byle huil. [Iets met groot inspanning doen.]
• Nie so groen wees dat 'n koei jou sal opvreet nie. [Nie so dom as wat ander dink nie.]

Afgelei:
• deurdat
• nadat
• noudat
• omdat
• opdat
• sodat
• vandat
• voordat

Vertaling:
Engels: that, so that, in order that
Nederlands: dat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: of
Volgende onderwerp: by
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 05:14:23 MGT 2024