Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Antimoon (stibium)
Antimoon [boodskap #125222] Do, 28 Maart 2019 06:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Antimoon
Antimoon
Antimoon (ook antimonium of stibium) is 'n wit metaal wat in allooie gebruik word. Dit is ook 'n chemiese element, simbool Sb; met atoomgewig 121.76 en atoomgetal 51. Antimoon het die besondere eienskap dat dit uitsit wanneer dit afkoel. Dit word berei uit stibniet, Sb2S3 en gebruik vir legerings, veral lettermetaal en lood-tin-legerings wat as soldeersel dien.

Sestig persent konsentraat word geproduseer uit gouderts in die Murchisonreeks van Transvaal waar daar groot reserwes in die 30 myl streek van verboude chloriedagtige kwartsiet is. Minder belangrike neerslae kom in die distrikte Steynsdorp en Barberton voor.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Antiloop
Volgende onderwerp: Antink, Margo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 21:18:37 MGT 2024