Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Anna van Groot-Brittanje
Anna van Groot-Brittanje [boodskap #125199] Di, 26 Maart 2019 06:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Portret van Anna van Groot-Brittanje.
Portret van Anna van Groot-Brittanje.
Anna Stuart (1665 - 1714), bekend as Queen Anne, was die koningin van Engeland en Ierland van 1702 tot 1707, en daarvan tot 1714 van Groot-Brittanje.

Haar Katolieke pa, Jakobus II (van Engeland) en VII (van Skotland), het geabdikeer en haar swaer en suster het mede-monarge geword as Willem III & II en Maria II, die enigste so ’n geval in Brittanje se geskiedenis. Ná Maria se dood in 1694 het Willem alleen regeer tot sy dood in 1702. Anna het toe haar swaer opgevolg en die kroon bestyg.

Teen 1700 was sy minstens 17 keer swanger, waarvan 11 gevalle op ’n miskraam uitgeloop of die kind doodgebore is. Van haar oorblywende kinders is 3 op hul geboortedag dood en 2 voor hul twee jaar oud was. Haar enigste seun wat ouer geword het, William, Hertog van Gloucester, is in 1700 op die ouderdom van 11 oorlede.

In 1707 is Engeland en Skotland verenig tot die Koninkryk van Groot-Brittanje. Anna het dié land se eerste monarg geword terwyl sy steeds afsonderlik koningin van Ierland was.

Anna het 12 jaar geregeer tot haar dood in Augustus 1714. Omdat sy sonder oorlewende kinders dood is, was sy die laaste monarg van die Huis van Stuart. Sy is opgevolg deur haar kleinneef, George I van die Huis van Hannover van Duitsland (hy was ’n afstammeling van die Stuarts deur sy ouma aan moederskant).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ankara
Volgende onderwerp: Anna van Kleef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 12:57:26 MGT 2024