Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nou word rassisme GEKWEEK!
Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10095] Ma, 28 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
Andre Barnard  is tans af-lyn  Andre Barnard
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ja, daar was voorheen die rassis, die apartheidaanbidder. Maar die
meerderheid afrikaanssprekende, die boer op die plaas, die predikant en die
dokter, was NIE rassiste nie. Hulle het met deernis omgesien na die swart-en
bruinmense. hulle is gehuisves,van kos en klere en medisyne voorsien.

Maar nou vind omgekeerde apartheid plaas. Diegene met kennis (en wat bereid
is om dit te deel met ALMAL in die land), word opsy geskuif en onkundiges,
ongedissiplineerdes (swart onderwysers dronk by die skool etc) word net so
in hoe poste aangestel. Kennis en expertise is nie nodig nie.... gevolglik
vind daar nou die grootste breindrein in SA se geskiedenis plaas. En wat
gaan die gevolg wees???..... KYK NA DIE RES VAN AFRIKA EN JY SAL WEET!!
Dertig+ jaar na UHURU, sit die res van Afrika met diktoriale "regerings",
vol van korrupsie. Die Obutu's en Cabila's is aan bewind, terwyl die volk by
hulle duisende afgemaai word, doodgaan van honger en siektes. HOEKOM..... om
die "colonialists" so gou as moontlik uit afrika te kon kry was eerste
prioriteit... "one setler, one bullet".

Dit, my vriende, is wat voorle vir Suid Afrika... 'n eenpartystaat na die
volgende verkiesing, met dieselfde pad wat julle sien in Zaire, Zimbabwe en
noem maar op!!
Groete
Andre
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10096 is 'n antwoord op boodskap #10095] Ma, 28 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
S J Burger wrote in article
...
> AM de Lange skryf:
>
>> . . . Maar daar is ander tyd van benoudheid
>> wat op die res van die wereld wag.
>> . . .
>> Om te kan oorleef in Suid Afrika, sal ons moet leer hoe
>> om die beste met die minste te kan maak. Dis wat almal
>> oor die hele wereld gaan tref so 'n 50 jaar van nou af.
>
> At, jy skets 'n somber prentjie. Wat uitputting van hulpbronne
> betref, is dit duidelik dat probleme voorlê, maar jy verwys dalk
> na iets anders. Lig bietjie toe asb.

Jong, dit het te doen met die rol wat die skep (toename)
van entropie te doen het (chaos, ode en kompleksiteit - die
soort van dinge). Die mens is besig om vir die res van die
kosmos en die Skepper weg te hardloop, dinkende dat hy
nie daarmee sal kan aanhou. Die mensdom is besig om
"intelektuele apartheid" bedryf en dink dat God met Sy regte
en die natuur met haar regte te min saak maak.

Die mensdom beter vir Afrikaners vra hoe dit voel om so
dom astrant te kon wees. Oorlede genl JC Smuts
("Slim Jannie" soos die Nattes hom alvroeg in hierdie eeu
genoem het, het Apartheid heftig bestry. Miskien moet
hulle gaan lees hoekom, dieselfde Afrikane en Christen
mens vir wie hulle so verguis het vir sy skepping van die
begrip holisme.

Meer ek wil nie daaroor skryf nie. In my voorgenome boek
behandel ek hierdie saak baie breedvoeriger.

> Jammer om die gespreksdrade te meng, maar
> jy sê elders:
>
> " 'n Afrikaner is iemand wat net nie begaan kan wees
> oor die toekoms van Afrikaanssprekendes nie."

Wel, vroe"er het ek geskryf dat my omskrywing van 'n
Arikaner na iemand verwys wat begaan is oor die toekoms
van mense wat Afrikaans praat. 'n Paar mense het
daarop geantwoord en hulle saak gestel. Daarvoor
is ek baie dankbaar.

Entropie word deur spanning-vloed pare geskep. Dit word
dan outomaties omgesit na chaos van wording. Hieruit mag
orde van struktuur ontluik, maar dit gebeur selde omdat dit
aan sekere voorwaardes moet voldoen. Apartheid bevat
sekere momente wat hierdie voorwaardes skade aan doen.
Dis hoekom Apartheid misluk het.

In ieder geval, deur presies die teenoorgestelde te skryf
van wat ek voorheen geskryf het, skep ek spanning. Jou
antwoord hierop is deel van die vloed wat nodig is om entropie
te skep. Hierop moet chaos van wording volg en dan, wie weet,
'n ordelike uitkoms.

> Ek wil dit nie glo nie, maar dit kom to so voor. Hoe jammer.

Ek stem met jou saam. Ek het die afgelope week aandagtig
'n biografie van genl JC Smuts bestudeer en dit vergelyk met 'n
biografie van genl JBM Herzog. Die twee wonderlike mense is
nie meer met ons nie. Ek wonder of hulle vandag 'n ander
gevolgtrekking as jy sou kon maak.

Hulle was mekaar se heftigste polietieke opponente. Elkeen
het geleef met die wete dat hulle diep besorg is oor die toekoms
van Afrikaanssprekendes. Dit het nie net by praat gebly nie -
elkeen het het hom tot satwordens toe afgesloof om sy
besorgdheid tot dade om te sit. Hoe is dit moontlik dat twee
sulke edel, opregte, intelligente, gelowige manne mekaar kon
wantrou - dat die een werklik van die ander een kon dink dat hy
nie genoeg begaan was oor die toekoms van Afrikaanssprekendes
nie?

Ek dink dit het met die voorwaardes vir die transformasie van
orde uit chaos te doen. Daar is sewe voorwaardes. Herzog was
uiters gevoelig oor een van die sewe, naamlik identiteit. Smuts
was uiters gevoelig oor 'n ander een van die sewe, naamlik
die geheel. Hulle het dus nie geweet dat hulle mekaar aanvul nie,
maar afsonderlik mekaar skynbaar bestry. Sou hulle die sewe
essensies geken het, soud dit heelwat beter gegaan het.

Terloops, die wese van aprtheid is om veral identiteit en geheel
op een of ander manier te ontken. Dis hoekom die twee manne
nie iets beter van apartheid kon maak nie.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10097 is 'n antwoord op boodskap #10095] Ma, 28 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Andre Barnard wrote:

> . . .
> Dit, my vriende, is wat voorle vir Suid Afrika... 'n eenpartystaat na
> die
> volgende verkiesing, met dieselfde pad wat julle sien in Zaire,
> Zimbabwe en
> noem maar op!!
>

Andre,

Ek is nie heeltemal so pessimisties nie. Kyk ook na Namibië. Dit is
moontlik 'n verblydende uitsondering. Of ons dieselfde pad as sommige
Afrika-state sal loop, hang baie van onsself af. Dit is al gesê dat:

"All that needs to happen for evil to triumph, is for good men to do
nothing".

Dit was waar vir Nazi-Duitsland, Rusland en ook vir Suid-Afrika.
As ons te lank stilbly, gaan ons weer wakker word as die volgende
"empire of fear" in plek is. Teen daardie tyd het min "goeie" mense
die moed om te praat of iets te doen. Ek glo dat ons 'n uitsondering
kan wees. Of is ek nou te optimisties?

Sybrand
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10107 is 'n antwoord op boodskap #10095] Di, 29 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
AM de Lange skryf:

> . . . In my voorgenome boek
> behandel ek hierdie saak baie breedvoeriger.
> . . .

Baie dankie vir jou antwoord. Laat weet ons wanneer jy publiseer.
Jy laat my nou dink met die helfte van my brein wat te lank in
onbruik was. Heelwat van die begrippe waarna jy verwys het ek
in stelselteorie leer ken, maar altyd meer toegepas op probleme in
die natuurwetenskappe. Ooreenkomste kom nou vir my duideliker
na vore en ek begin hierdie ontdekkingstog geniet.

Jy skryf ook "Hierop moet chaos van wording volg en dan, wie weet,
'n ordelike uitkoms" wat my aan 'n smeltkroes laat dink. Die hitte is
nodig voor iets suiwers daar sal uitkom..

At, verdra maar asb. die onkunde waar dit uitslaan en weereens
dankie vir die moeite.

Sybrand
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10119 is 'n antwoord op boodskap #10095] Wo, 30 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gisteraand op Thai televisie is 'n Australiaanse program
uitgesaai oor die breindrein uit Suid-Afrika, in die program
is daar ook 'n onderhoud gevoer met 'n xhosa professor,
hy beaam dat diegene wat die land verlaat dit doen omdat
hulle rasiste is en nie oor die misdaad nie.
- dis belaglik !!

Ek woon tydelik in Thailand en moet tussen Januarie en April
volgende jaar terugkeer na my huis in die Kaap. Ek mis my
mense,vriende,taal en kultuur verskriklik, maar ek kannie
die slapelose nagte en nagmerries vergeet nie, die deure
en vensters wat ek elke aand moet sluit, die vrees wat my
beetpak as ek in die aand uit my radar-reg slaap wakker
word van die geringste ongewone geluid in die huis.

Ons familie is al agt keer by ingebreek, na die derde
inbraak kom ons nie meer versekering kry nie. Ons is
tot in bankrotskap en emosionele ellende in beroof.

Ons is nie rasiste nie en was nog nooit nie, ons is
eerbare mense wat hard werk, lief is vir die aarde,
die diere, mense en net in rus en vrede ons liewe
kinders wil groot maak.

...maar dit is nie meer moontlik in Suid-Afrika nie,
persoonlike geweld en diefstal is alledaags en
orals, in Suid-Afrika slaap ek sleg want ek hou
waak oor my familie en selfs bedags wanneer ek
in my huis werk of in die tuin of kafee toe stap is
'n deel van my brein en gedagtes altyd besig
met veiligheids prosedures.

Ek wil nie meer daar woon nie, ek kannie meer die
stres hanteer nie, wil nie meer nie.

Ek het in die groot stem gestem vir die ANC, ek
noem dit 'n stem van hoop, maar ek het geensins
meer vertroue dat Suid-Afrika se ekonomie die paal
gaan haal nie, niemand wil daar belê nie, want die
risiko's is te groot weens algemene misdaad en
vandalisme.

Ek was ook kwaad en jaloers op die's wat land uit is
en het hulle lafaarde genoem, maar nou wil ek ook
in die ry gaan staan en immigrasie papiere invul.

Is ek 'n rassis en lafaard ?
..nee, maar ek is moeg van wagstaan !

groete
Vyg Fynbos
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10120 is 'n antwoord op boodskap #10095] Wo, 30 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
S J Burger skryf in artikel
...

> Jy skryf ook "Hierop moet chaos van wording volg en dan, wie weet,
> 'n ordelike uitkoms" wat my aan 'n smeltkroes laat dink. Die hitte is
> nodig voor iets suiwers daar sal uitkom..
>
> At, verdra maar asb. die onkunde waar dit uitslaan en weereens
> dankie vir die moeite.

Sybrand,

Wat jy so pas geskryf het, is nie onkunde nie. Dis 'n pragtige
metafoor.

Ons moet geweldig versigtig wees om nie onkunde met
STOMKUNDE te vewar nie. (Ja Leendert, dit lyk asof ek hier
weer met een van my woordskeppings besig is. Ek sal jou
waarskuwing volg en jullle almal vertel wat "stomkunde" is.)

Die woord "stomkunde" is my vertaling vir die begrip "tacit
knowledge" wat deur Michael Polyani beskryf is. Die oomblik
toe ek lees wat hy daaroor geskryf het, toe weet ek dat hy
die waarheid praat. Ek het vir twaalf jaar daarvan gebruik
gemaak en dit self benoem as my "meta epistemological base"
in een van my oomblikke van waansin.

Nou wat is stomkunde. Elke mens beskik oor stomkunde.
Dit is kennis waaroor daardie mens beskik en wat nie vir
of deur daardie mens geartikuleer is in kommunikeerbare
vorm (taal, musiek, beeldhou, skilder, ...) nie. Kortweg,
'n mens se stomkunde is nog nie openbaar gemaak nie.
Ons intuisie of "gut feeling" is 'n belangrike faset van ons
stomkunde.

Wanneer 'n mens begin dink oor entropie, kreatiwiteit, leer,
natuur, kultuur, chaos, orde en kompleksiteit, is dit uiters
belangrik om te weet dat jy ook stomkundig is en dat jy
jou stomkunde sal moet inspan.

Jy skryf vroeer:
> Jy laat my nou dink met die helfte van my brein wat te lank in
> onbruik was. Heelwat van die begrippe waarna jy verwys het ek
> in stelselteorie leer ken, maar altyd meer toegepas op probleme in
> die natuurwetenskappe. Ooreenkomste kom nou vir my duideliker
> na vore en ek begin hierdie ontdekkingstog geniet.

Weet jy wat jy eintlik so eintlik tussen die lyne geskryf
het? Dat ek eintlik net jou stomkunde geartikuleer het.
Ek het werklik bitter min geskryf wat jy nie alreeds geweet
het nie! Ek sal bly wees om te verneem of dit wel so is.

In ieder geval, deur mekaar se stomkunde bewustelik te
begin artikuleer, doen ons iets wat vroeg in die mens se
bestaan ook uitermatig gedoen is. Die enigste verskil is
dat dit toe onbewustelik gedoen is. Laat ek dit met 'n
metafoor verduidelik. 'n Baba-peuter-kleuter leer sy/haar
moedertaal aan sonder dat hy/sy daarvan bewus is. 'n
Grootmens leer heels anders nog 'n taal aan, naamlik
bewustelik.

Dis waaroor my boek gaan. Die mens het met betrekking
tot sy kreatiwiteit, twee tydperke beleef. Die eerste was
sy kinderjare wat so min of meer 500 vC tot 'n einde
gekom het. Daarna het die mens se jeugjare gevolg wat min
of meer nou (2000 nC) tot 'n einde kom. Die volgende
tydperk sal die mens se kreatiwiteit as volwassene
behels. Die kinderlike naiwiteit en die jeugdige voortvarend
sal plek maak vir 'n kil-beplande of liefdevol-spontane
volwasse benadering. Ek probeer in my boek om mense
se kreatiwiteit te begelei in hierdie volwasse tydperk wat
voorl^e.

Soos Gloudina het ek dus ook op 'n pelgrimstog uit.
Kyk na die volgende 1000 (?) jaar wat voorl^e en begin
om julle lewe vir so 'n tydperk reg te kry. My boek is
bedoel om 'n handleiding te wees vir al die pelgrims in die
"global village" wat voorle.

Arme ou Jonah, die onwillige, die een wat Nineve net nie
kon liefkry nie. Hy het 'n halwe dag hierdie outydse
"global village" ingestap en nog nie eers halfpad gekom
nie. Gou-gou het hy die Here se waarskuwing afgerammel
en pad gegee tot buite die stad. Daar het hy gewag om te
sien hoe die Here Sy oordeel sou voltrek. Hoe verkeerd
was Jonah nie. Hy het sy eie onwilligheid en afkeer in die
plek van die liefde van God vir alle mense geplaas. En die
mense van Nineve het hulle bekeer. Die stad het nie
vergaan nie.

Mense sê dat dit bog is, die stad sou nie vergaan nie, net
so min as wat daar nie 'n Jonah was wat in 'n groot vis se maag
kon gewees het nie. Net so sê hulle vandag dat dit bog is
dat die hele wereld op die vooraand is van die mees dramatiese
verandering in sy geskiedenis. Niks gebeur toevallig nie. Hoe
meer die Afrikaner se derms uitgeryg word, hoe meer word
die Afrikaner getransformeer.

"Niks gebeur toevallig nie". Hier verskil ek drasties met die
meeste ander wetenskaplikes wat hulleself besig hou met
die "nuwe wetenskap" (chaosteorie, fraktalteorie, solitonteorie,
kompleks-aanpasbare sisteemteorie, ensovoorts). Hulle
standpunt is dat wanner die smeltkroes verhit word totdat
iets suiwers uitkom, niks seker is nie. Oorsaak en gevolg
word een grys vaagheid. Alles moet in onsekerheid gehul
word. Laat julle stomkunde maar self oordeel wat die
geval is.

Ek sal julle laat weet wanneer die boek verskyn het. Op
die oomblik is ons nog besig om 'n uitgewer te soek.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10121 is 'n antwoord op boodskap #10120] Wo, 30 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
At bly aspris:

AM de Lange wrote in article

> Ons moet geweldig versigtig wees om nie onkunde met
> STOMKUNDE te vewar nie. (Ja Leendert, dit lyk asof ek hier
> weer met een van my woordskeppings besig is. Ek sal jou
> waarskuwing volg en jullle almal vertel wat "stomkunde" is.)

At, ek herhaal (en ek sal dit bly herhaal) woordskepping is in integrale
kenmerk van die Afrikaanse taal. As jy Afrikaans praat, doen jy dit
heeldag. Dit is die hoofrede waarom elektroniese "spell checkers" vir
Afrikaans nie so doeltreffend is as vir, byvoorbeeld, Engels nie. (Dit is
ook inherent aan ander tale, soos Engels. In Engels verloop die proses net
veel stadiger as in Afrikaans).

Juis omdat soepele en voortdurende woordskepping so 'n belangrike element
van Afrikaans is, het Afrikaans sy bepaalde maniere waarop woorde geskep
word. Jou skepping "stomkunde" is, dink ek, op kenmerkend Afrikaanse manier
saamgestel, en het daarom 'n besondere trefkrag. Dit was nie die geval met
die skepping "skepheid" waaroor ek aanvanklik besware geopper het nie (ek
het nou onthou wat dit was).

Maar dankie vir jou uiteensetting van die konnotasies wat jy aan
"stomkennis" heg. Dit is veel ryker as die blote denotasies.

Groete, Leendert
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10140 is 'n antwoord op boodskap #10120] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Julle!

At het geskrywe:

> Hulle
> standpunt is dat wanner die smeltkroes verhit word totdat
> iets suiwers uitkom, niks seker is nie.

Hier is dalk 'n metafoor vir die mensdom:

Mens het so 'n paar krummeltjies en brokkies wat jy in die smeltkroes gooi.
Elkeen 'n stukkie edelmetaal, elkeen insulêr en 'n totaliteit uitsluitend al
die ander. Elkeen waardevol. Maar elk een is te klein om 'n ordentlike
skepping te kan maak. Jy bring 'n vlam wat baie warm moet wees en kyk hoe jou
mooi blink stukkies eers pikswart word, soos al die "dross" uitbrand. As jy op
daardie stadium ophou sit jy met 'n handjievol goed wat lyk of dit maar 'n
donker toekoms het, onder in die asblik. Maar jy moet aanhou. Sprinkel so
bietjie boraks by (want van êrens moet tog 'n bietjie hulp ook kom) en skielik
begin hier 'n ietsie rooi gloei, en dan daar, en al hoe meer, en dan - vinniger
as jy kan toekyk, smelt alles saam in 'n rooigloed bal vloeistof. Dis eers
dan, wanneer dit vorm verander het, van solied tot vloeibaarheid, wat mens dit
kan giet en iets waardevol geskep kan word. Eers dan, begin jy regtig die
"Edel" in die metaal bewonder en waardeer.

En hoe nader jy werk aan pure metale, hoe makliker smelt hulle saam. Fyn goud
of silwer kan selfs sonder enige soldeersel bewerk word. Maar die skepping wat
daaruit volg is te sag om daaglikse "wear and tear" te kan hanteer. Die Alloye
is dus ook waardevol en baie nodig om sterkte by te voeg.

En tog, moet mens weet wat 'n negatiewe effek gaan hê. Die geringste bietjie
lood wat by jou silwersmëe inkruip sal 'n yslike gat regdeur val, en al jou
werk is tevergeefs. Jy kan nie eers jou metaal meer red nie, en al wat voorlê
is die ashoop.

Groete,
V.
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10155 is 'n antwoord op boodskap #10095] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jessica Stern[2]  is tans af-lyn  Jessica Stern[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
In article , "AM de Lange"
wrote:



> Engels het uit Ou Engels ontwikkel omdat daar reels gemaak is
> hoe om veral uit Latyn en Grieks woorde in te trek en deel van
> Engels te maak (imperialistiese kolonialisme par exellence).
> Dis hoekom Engels vandag die wereldtaal is. Maar die "hubris"
> = [waanwysheid wat die gode laat skrik] daarvan skry ten hemele.
> Baie dankie dat jy ons aandag gevestig het op die woord "hubris".
> Wat sou die eenvoudige Afrikaanse woord van germaanse herkoms
> vir "hubris" wees? [waanwysheid wat die gode laat skrik} is 'n
> bietjie lank.

In het Nederlands bestaat een goed synoniem voor Hybris (of Hubris),
namelijk het woord 'overmoed'. In ieder geval, dat was de vertaling die
ik op school moest leren voor dit oud Griekse woord. Er is waarschijnlijk
wel een Afrikaans woord, dat verwand is aan het Nederlandse 'overmoed'.

>
> Maar die woord 'werklikheid' en al sy gelykes in die ander germaanse
> tale vertel 'n heel ander storie - die werklikheid het iets onverbiddeliks
> met werk te doen. (Miskien moet ek julle eendag meer vertel oor die
> ongelooflike rol tussen entropie, chaos, orde, kompleksiteit en werk.)
> Werk is iets wat algemeen in Europa is. Maar wat van Afrika? Van
> watter woord sou Afrika die meeste hou - werklikheid of realiteit - ek
> moet werk of ek is weer die ding. Presies watter stomkunde is dit wat
> ons germaanse voorouers probeer "vertaal" het met die werk van
> werklikheid?
>

> Of maak ek die pap te dik aan? Laat my tog weet.
>

Dit is interessant. Om de oorsprong van werkelijkheid op te sporen, zou de
hulp van een etymologisch woordenboek nodig zijn. En of werk werkelijk
'werkelijk' is in Europa, weet ik niet. Misschien maak jij de pap wel te
dik aan!

Ewout Boks

--
'-) Jessica Stern
east...@mindspring.com
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10156 is 'n antwoord op boodskap #10095] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in artikel
...
> At bly aspris:

> At, ek herhaal (en ek sal dit bly herhaal) woordskepping is in integrale
> kenmerk van die Afrikaanse taal. As jy Afrikaans praat, doen jy dit
> heeldag. Dit is die hoofrede waarom elektroniese "spell checkers" vir
> Afrikaans nie so doeltreffend is as vir, byvoorbeeld, Engels nie. (Dit is
> ook inherent aan ander tale, soos Engels. In Engels verloop die proses net
> veel stadiger as in Afrikaans).
>
> Juis omdat soepele en voortdurende woordskepping so 'n belangrike element
> van Afrikaans is, het Afrikaans sy bepaalde maniere waarop woorde geskep
> word.

Ek stem nie saam nie. Waarmee stem ek nie saam nie?
Twee dinge. Dat ons soepel woorde vorm in Afrikaans.
Dat ons bepaalde maniere het hoe ons dit doen.

Toe ek nog op skool was het hulle dit ook aan my geleer
en van Hennie Terblanche. Maar al my probeerslae is afgeskiet.
Ek het begin leer dat daar 'n groot verskil tussen more (drome)
en vandag (praktyk) is. Meeste mense hou nie daarvan dat
more vandag word nie.

Hoekom stem ek nie saam nie? Omdat wanneer ons ons
stomkunde vertaal tot gedagtes, ons nie meer begaan is oor
die duidelikheid daarvan nie. Ons slordige taalgebruik vernietig
hierdie wonderlike "skepheid" van ons taal.

Van oggend lees ek dat iemand skryf van realiteite. Hoe maklik
is dit nie om die meervoud volgens 'n erkende taalreel te maak
van die goed in jou stomkunde as jy een daarvan met die woord
realiteit "vertaal" nie. 'n Ding soos 'n feit of 'n stelling het 'n
meervoud
wat sin maak, maar nie die ding wat ek vanuit my stomkunde
"vertaal" na naam realiteit nie. Die grootste ironie is dat die woord
'realiteite' deel is van die realiteit omdat taalreels dit toelaat -
taalreels wat self deel is van die realiteit. Eintlik gaan die rede
nog dieper - alles wat geskep was, nou en alles wat nog geskep
kan word, vorm die realiteit.

Twee dinge hinder my nou. Die een is dat ek "vertaal" gebruik
om die ontluiking van my stomkunde tot 'n gedagte in taal te
"vertaal". Eintlik word die woord 'vertaal' gebruik om die afbeelding
van 'n woord in een taal na 'n woord met dieselfde betekenis in 'n ander
taal te beskryf. Sou ek eerder my stomkunde laat ontluik het in
musiek, dan sou ek die woord "vermusiek" moes gebruik het.
Hoe aaklig tog, die woord "vermusiek". Maar sou ek my stomkunde
(as 'n beeldhouer) laat ontluik het na beelde, sou "verbeeld" baie
na wees aan wat ek probeer "vertaal". Toe gebruik ek maar die
woord 'artikuleer' om "vertaal" mee te vertaal. Maar die woord
'artikuleer' gee my 'n groot pyn omdat dit tog so Romaans is.

Engels het uit Ou Engels ontwikkel omdat daar reels gemaak is
hoe om veral uit Latyn en Grieks woorde in te trek en deel van
Engels te maak (imperialistiese kolonialisme par exellence).
Dis hoekom Engels vandag die wereldtaal is. Maar die "hubris"
= [waanwysheid wat die gode laat skrik] daarvan skry ten hemele.
Baie dankie dat jy ons aandag gevestig het op die woord "hubris".
Wat sou die eenvoudige Afrikaanse woord van germaanse herkoms
vir "hubris" wees? [waanwysheid wat die gode laat skrik} is 'n
bietjie lank.

Ek wonder hoeveel mense al tot die besef gekom het dat hierdie
vermo"e van die Engelse taal om enige woord in enige taal
te annekseer, die gebruikers daarvan verlei tot "hubris"? Jy is al
te danig met Gloudina se "hubris", maar besef jy nie dat sy twee
tale ken wat dieselfde kan doen nie - Engels en Afrikaans. Begin
jy nie dalk wonder waarom mense wat ander Afrikatale praat, so
'n renons in die Afrikataal Afrikaans het nie?

In ieder geval, ek soek nie net 'n eenvoudige Afrikaanse woord van
germaanse herkoms vir "hubris" nie, maar ook een vir "vertaal"
waarvan "vermusiek", "verbeeld" en selfs "verplant", "verkos" en
"verdwelm" sinonieme is. Ek bedoel regtig die laaste drie voorbeelde.
Wat is 'n taalskepper, musiekskepper of beeldskepper beter as iemand
wat "sy/haar" stomkunde uitskep in kos maak, plante kweek of
dwelms misbruik.

Ek noem spesifiek dwelms omdat ek gedurig aan Eugene Marais
dink. Die man het 'n skeppende gees gehad soos min ander mense
in die wereld. En hoe meer iemand skep, hoe meer kom daar spanning
en later wrywing tussen so 'n mens en die ander mense wat nie so
skeppend is nie. Dit kan later so erg word dat dwelms 'n uitweg word
en later selfs selfmoord. Wie is skuldig - die dwelmgebruikers en
selfmoordenaars of die vrotsige skeppers wat hulle daartoe gedryf het?

Ek wil nog by een saak uitkom, en dit is die woord 'realiteit'. Die
Germaanse gelyke is 'werklikheid'. Leendert, as "skepheid" jou laat
gril, wat dan van "skeplikheid"? Die laaste laat my weer gril. Moet 'n
mens regtig die "-heid" net aan 'n bywoord las? Kan 'n mens nie die
"-heid" sommer direk aan die werkwoord las sonder die -lik- nie. Ek
vra want as ons na die woord 'werklikheid', is die stamwoord 'werk'. Die
woord 'realitiet' kom van die latynse woord "re-alis" wat [weer ding]
beteken, sover ek kon vasstel. (Waar is julle Latyners?) Is dit nie dalk
die groot keweker van selfliefde (narcisme) en al sy meelopers
(solipsisme, fascisme, antroposentrisme) nie?

Maar die woord 'werklikheid' en al sy gelykes in die ander germaanse
tale vertel 'n heel ander storie - die werklikheid het iets onverbiddeliks
met werk te doen. (Miskien moet ek julle eendag meer vertel oor die
ongelooflike rol tussen entropie, chaos, orde, kompleksiteit en werk.)
Werk is iets wat algemeen in Europa is. Maar wat van Afrika? Van
watter woord sou Afrika die meeste hou - werklikheid of realiteit - ek
moet werk of ek is weer die ding. Presies watter stomkunde is dit wat
ons germaanse voorouers probeer "vertaal" het met die werk van
werklikheid?

Of maak ek die pap te dik aan? Laat my tog weet.

Leendert, ek kan regtig nie 'n Afrikaanse woord skep vur "hubris" nie,
maar ek kan dit wel met 'n gelykenis raakvat. Hier is dit:
"hubris" = "terwyl jy so teen my been pis, verwag jy dat ek moet
dink dat dit reen is"

Alles van die beste
At de Lange
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10157 is 'n antwoord op boodskap #10095] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V skryf in artikel
...

> At het geskrywe:
>
>> Hulle standpunt is dat wanner die smeltkroes verhit word
>> totdat iets suiwers uitkom, niks seker is nie.
>
> Hier is dalk 'n metafoor vir die mensdom:

Liewe Vira

Bedoel jy dat die metafoor is wat ek geskryf het van hulle
standpunt, of my standpunt, of die pragtige uiteensetting
van wat in die smeltkroes aangaan?

Hulle standpunt is dat onsekerheid die wese is van hoe die
smeltkroes tot resultaat kom. My standpunt is dat ons wel
met groot onsekerheid begin, maar dat ons gaandeweg al
meer sekerheid verkry. Nog meer, dat hierdie strewe na
sekerheid selfs die dryfkrag na meer sekerheid kan wees!

Jou beskrywing is 'n juwelierstuk. Pragtig. Ek sien jou al
oor die kroesie waak soos 'n mamma oor die wiegie waak.
Skryf nog meer!

> En hoe nader jy werk aan pure metale, hoe makliker smelt hulle saam. Fyn goud
> of silwer kan selfs sonder enige soldeersel bewerk word. Maar die skepping wat
> daaruit volg is te sag om daaglikse "wear and tear" te kan hanteer. Die Alloye
> is dus ook waardevol en baie nodig om sterkte by te voeg.

Die chemie het 'n wonderlike beginsel: soort soek soort. Miskien moet
ek eendag hieroor skryf.

> En tog, moet mens weet wat 'n negatiewe effek gaan hê. Die geringste bietjie
> lood wat by jou silwersmëe inkruip sal 'n yslike gat regdeur val, en al jou
> werk is tevergeefs. Jy kan nie eers jou metaal meer red nie, en al wat voorlê
> is die ashoop.

Die ashoop! Weet jy nie dat as hulle lood uit sy ertse berei
word, silwer daarin voorkom nie. Die skeiding van die silwer
uit die lood is 'n belangrike byinkomste (toegevoegde waarde).

Lood (Z=82) en kwik (Z=80) is boeties van mekaar. (Na Z = 82
begin die radioaktiewe elemente). Pasop vir te veel daarvan in
jouself - hulle is uiters giftig. Die rede is 'n riller: soort soek soort.
Lood en kwik vorm sagte in plaas van harde ione (Ralph Pearson
se teorie). Sag soek sag soos hard na hard soek. Die
"hande" (reaktiewe sentra) in baie van die lewende wesens se
ensieme en hormone is sag. Lood en kwik ione "boei" hierdie
hande. Omdat daar so min ensieme en hormone benodig word
in 'n lewende wese, is baie min kwik of lood nodig om al hierdie
hande te boei.

Daar is 'n paar ander metale wat net sulke sagte ione soos
lood en kwik vorm. Een van hulle is kadmium - en net so dodelik.
Skroewe, moere en wasters word dikwels daarmee geplateer.
Hulle het dan so 'n ligblou silwer kleur - maar dit keer roes
eintlik nie. Dis eerder bedoel om die klient te lok met die
aantreklikheid daarvan.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10166 is 'n antwoord op boodskap #10095] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 Jul 1997 05:39:43 +0200, "Andre Barnard"
wrote:

meerderheid afrikaanssprekende, die boer op die plaas, die predikant en die[/color]
> dokter, was NIE rassiste nie. Hulle het met deernis omgesien na die swart-en
> bruinmense. hulle is gehuisves,van kos en klere en medisyne voorsien.>>>

...en hulle kinders na sy kinders se skole toe laat gaan, en
universiteite toe en hulle gelyke werkgeleenthede gegee en hulle
stemreg gegee en so aan, heh?

is om dit te deel met ALMAL in die land), word opsy geskuif en onkundiges,[/color]
> ongedissiplineerdes (swart onderwysers dronk by die skool etc) word net so
> in hoe poste aangestel. Kennis en expertise is nie nodig nie.... gevolglik
> vind daar nou die grootste breindrein in SA se geskiedenis plaas. En wat
> gaan die gevolg wees???..... KYK NA DIE RES VAN AFRIKA EN JY SAL WEET!!>>

zzzzzzzzz..

vol van korrupsie. >>>[/color]

Ek dink jy verwys nou waarskynlik na Johgn Voster en PW se regerings.

die "colonialists" so gou as moontlik uit afrika te kon kry was eerste[/color]
> prioriteit... "one setler, one bullet".>>>

Ja, soos Kruger en Steyn en daarna DF Malan, heh?
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10188 is 'n antwoord op boodskap #10095] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Vyg Fynbos wrote in article
...

> Ek het in die groot stem gestem vir die ANC, ek
> noem dit 'n stem van hoop, maar ek het geensins
> meer vertroue dat Suid-Afrika se ekonomie die paal
> gaan haal nie, niemand wil daar belê nie, want die
> risiko's is te groot weens algemene misdaad en
> vandalisme.

Liewe Vyg

Ek het drie ander bydraes beantwoord nadat ek jou
ontboesing gelees het. Al die tyd het Jeremia se
woorde in my kop rond gemaal - vervloek is die
mens wat op 'n arm van vlees vertrou. Let wel - ek
probeer nie om jou te vervloek nie.

Ons land is in 'n geweldige dilemma. Ons het 'n
paar jaar terug 'n hel ontsnap. Baie het toe beweer
dat daardie hel 'n hemel is. Ons gaan nou 'n nuwe
hel te binne. Baie beweer al weer dat hierdie hel 'n
hemel is.

Dit lyk vir my asof daar baie soorte helle en baie
soorte hemelle is. Is dit nie miskien die groot
probleem nie. Is daar nie dalk net een hel en net
een hemel nie. Is hierdie hel en hierdie hemel elk
nie eenvoudig kompleks nie?

Wat maak dat ons al hoe meer van die hemel na
die hel skuif? Ons gebrek aan 'n liefdevolle
harmonie met God, ons medemens en die natuur.
Ons kan nie meer tussen 'n simfonie en 'n kakafonie
onderskei nie. Ons "hubris" het te groot geword.

Terloops, is die Afrikaanse woord "domastrant"
nie dalk die regte vertaling vir "hubris" nie.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10209 is 'n antwoord op boodskap #10095] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 04 Aug 1997 15:08:48 +0200, John wrote:

> [/color]
>> Terloops, is die Afrikaanse woord "domastrant"
>> nie dalk die regte vertaling vir "hubris" nie.
>>
>
> Miskien. Dis elkgeval baie naby, en ek hou daarvan.
> 'n Ander moontlikheid is die goeie ou `windgat'.
> Het iemand iewers in die bespreking al die oorsprong van `hubris' in die
> Griekse mitologie aangeraak? Indien wel, jammer dat ek dit gemis het, en
> weer ophaal, maar my halwe herinnering van die storie gaan min of meer
> so:
> Daar was hierdie knaap, ene Hubris, wat baie geseend was deur die gode.
> Hy was goed en oulik, maar, *baie* goed en oulik. Soveel so dat as
> iemand rede gehad het om windgat te wees, dit hy was. Toe is hy,
> ongelukkig. Tot so 'n mate dat dit die gode begin irriteer het. En toe
> dit regtig begin skrei, toe straf hulle hom met een van daardie wrede
> sadistiese strawwe wat eie aan die Griekse gode is. (Kannie meer onthou
> wat nie: is daar iemand wat kan help?).>>

Hubris vereis dus dat iemand tot 'n val moet kom - deur die gode
bewerk. Met ander woorde: 1. 'n val en 2. nie deur sy medemens bewerk
nie.

(Ek dink die Afrikaans is: Hoogmoed kom voor 'n val.)

Daar is dus net sprake van hubris NA iemand tot 'n val gekom het.

Die feit raak bekend na afloop van gebeure.

Die gode se werkinge ken ons net nadat hulle dit gedoen het. Ons het
nie voorkennis nie. Want dan sou ons ook gode gewees het en die
werkinge selfs kon systap.

As ons hubris in werking sou kon herken en uitwys, dan sou ons die
gode vooruitgeloop het deur te se: "Hy/sy gaan deur die gode tot 'n
val gebring word weens sy/haar unieke soort selfvertroue."
Dit sou wees om die gode "voor te skryf".

En dit is waarskynlik op sy eie hubris!!

(Pasop dat die gode jou nie straf as jy oral loop en vertel wat hulle
dink en gaan doen en dat jy hulle "minds" kan lees nie!!)

In die argumente tot dusver om hubris is die woord aangewend bloot as
kode vir: "ons/ek hou nie van wat hy/sy se nie en gaan hom/haar nou
brandmerk daaroor". Brandmerk as 'n pleger van hubris. En sit en wag
dat die gode ingryp en doen wat hulle moet doen as daar hubris is.
(Kyk! As ons hubris skreeu, spring die gode!)

Dit is dus net 'n klassieke viariant van: "hy/sy is nie 'n WARE
Afrikaner nie".
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10210 is 'n antwoord op boodskap #10095] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John  is tans af-lyn  John
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
At skryf:
>
> Terloops, is die Afrikaanse woord "domastrant"
> nie dalk die regte vertaling vir "hubris" nie.
>

Miskien. Dis elkgeval baie naby, en ek hou daarvan.
'n Ander moontlikheid is die goeie ou `windgat'.
Het iemand iewers in die bespreking al die oorsprong van `hubris' in die
Griekse mitologie aangeraak? Indien wel, jammer dat ek dit gemis het, en
weer ophaal, maar my halwe herinnering van die storie gaan min of meer
so:
Daar was hierdie knaap, ene Hubris, wat baie geseend was deur die gode.
Hy was goed en oulik, maar, *baie* goed en oulik. Soveel so dat as
iemand rede gehad het om windgat te wees, dit hy was. Toe is hy,
ongelukkig. Tot so 'n mate dat dit die gode begin irriteer het. En toe
dit regtig begin skrei, toe straf hulle hom met een van daardie wrede
sadistiese strawwe wat eie aan die Griekse gode is. (Kannie meer onthou
wat nie: is daar iemand wat kan help?).

So, tot 'n mate is domastrant 'n goeie sinoniem. Dit het die regte mate
van hardkoppige volharding teen beterwete in (die man moes geweet het hy
gaan tweede kom as hy so aanhou). Ek mis egter die selfverheerliking,
wat aanleiding gee tot die domastrantheid, in die woord, sonder dat ek
'n beter alternatief kan voorhou.

--
John
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10211 is 'n antwoord op boodskap #10095] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8/4/97 3:08PM, in message , John wrote:

> Daar was hierdie knaap, ene Hubris,
> sadistiese strawwe wat eie aan die Griekse gode is. (Kannie meer onthou
> wat nie: is daar iemand wat kan help?).
>
>
Hallo John,

Ek ken nie die ou nie, maar dis 'n algemene tema wat voorkom in Griekse
tragedie. (The flaw in the tragic hero's character).

Die een wat ek spesifiek onthou is die storie van "Arachne". Die meisie kon
baie goed spin en weef. Sy spin 'n hond uit 'n bos uit, en toe begin sy "brag"
dat sy selfs beter kon werk as die godin Athena. Díe kom toe na haar, vermom as
'n stokou vrou, en waarsku haar teen verwaandheid. Maar luister wil sy nie.
Athena weef toe 'n tapesserie, waarin sy die lot van die hubristiese mens
skets. Vir haar part, het Arachne weer die skandalige gedrag van die gode
geweef. (Grieke wat afrikaanse tennis gespeel het?) Omdat Arachne se werk haar
eie geewenaar het, wil Athena omtrent bars van woede, skeur sy die meisie se
werk op, en donner haar met 'n "shuttle" . Arachne het haarself toe opgehang,
en Athena (haar woede nog nie bevredig nie) maak van haar 'n spinnekop, wat tot
vandag toe haar bekwaamheid behou.

Moral of the story: moet asb nie spinnekoppe doodmaak nie.

Met liefde,
Vira "come into my parlour, said the spider to the fly".
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10236 is 'n antwoord op boodskap #10095] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
John  is tans af-lyn  John
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
>>> o.a.:
> Daar is dus net sprake van hubris NA iemand tot 'n val gekom het.
>>> en:
> En dit is waarskynlik op sy eie hubris!!

Skerp analise, veral gegewe my gebrekkige inligting.

Die roep van `hubris!' kan dus 'n simptoom van hubris self wees.

Ja. Totdat die val kom, is die hoogmoed herkenbaar, maar kan nie hubris
genoem word nie. Eers met die val is daar bewese hubris. Voor dit kan
ons hoogstens van klaarblyklike/waarskynlike hubris praat, of optrede
wat moontlik kan lei tot uiteindelike hubris.

Dit wat buitentoe betref. In my eie hart is dit 'n ander saak. Daar weet
ek tog maar te goed van my eie flirtasies met hubris. Ons tart die
noodlot, en terwyl jy nog wag om te sien of dit hubris gaan word, weet
ek lank reeds. Ek dink Hubris die Griek het geweet hy gaan tweede kom,
as hy nie betyds stop nie; al wat hy nie geweet het nie, was wanneer en
hoe hy sou tweede kom, en dus, wanneer sou betyds gewees het. Hubris is
nie onvermydelik nie. Die rede waarom dit hoegenaamd manifesteer, is
omdat baie van ons geneig is om altyd nog 'n kansie te vat en te dink,
`dit sal nie hierdie keer gebeur nie'.

--
John
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10275 is 'n antwoord op boodskap #10095] Vr, 08 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
> (Ek dink die Afrikaans is: Hoogmoed kom voor 'n val.)
>
> Daar is dus net sprake van hubris NA iemand tot 'n val gekom het.
>
> Die feit raak bekend na afloop van gebeure.
>
> Die gode se werkinge ken ons net nadat hulle dit gedoen het. Ons het
> nie voorkennis nie. Want dan sou ons ook gode gewees het en die
> werkinge selfs kon systap.
>
> As ons hubris in werking sou kon herken en uitwys, dan sou ons die
> gode vooruitgeloop het deur te se: "Hy/sy gaan deur die gode tot 'n
> val gebring word weens sy/haar unieke soort selfvertroue."
> Dit sou wees om die gode "voor te skryf".
>
> En dit is waarskynlik op sy eie hubris!!
>
> (Pasop dat die gode jou nie straf as jy oral loop en vertel wat hulle
> dink en gaan doen en dat jy hulle "minds" kan lees nie!!)
>
> In die argumente tot dusver om hubris is die woord aangewend bloot as
> kode vir: "ons/ek hou nie van wat hy/sy se nie en gaan hom/haar nou
> brandmerk daaroor". Brandmerk as 'n pleger van hubris. En sit en wag
> dat die gode ingryp en doen wat hulle moet doen as daar hubris is.
> (Kyk! As ons hubris skreeu, spring die gode!)

Liewe Koos,

Jou uiteensetting kom so uit die boek van die
post-modernis. Vra vir enigeen van hulle.

Maar die geskiedenis herhaal homself.

Jou uiteensetting verbeeld ook wat gebeur het
in die dae van Plato, 2500 jaar gelede. Socrates
is ter dood veroordeel en moes die gisfbeker drink
om twee redes.

Die een rede is dat hy redelik bewys gelewer het dat die
verhale omtrent die gode fiksies van die skrywers was.
Volgens sy beskuldigers en veroordeelaars het hy die
mense van die geloof weggerokkel dat hulle geen deel
aan hulle toekoms kon he nie omdat die gode se werk
onpeilbaar was. Hy moes toe die gifbeker drink omdat
sy "godeskrenende domastrantheid" net te veel was.

Maar juis as gevolg daarvan het die goue Griekse
beskawing ontwaak - en lyk die wereld vandag soos wat
dit is.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10288 is 'n antwoord op boodskap #10095] Sa, 09 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Aug 1997 09:17:02 GMT, "AM de Lange" wrote:

post-modernis. Vra vir enigeen van hulle.>>[/color]

Ek ken die term nie en dra geen kennis van hulle nie.
Maar is heel opgewonde dat wat ek geskryf het ook in 'n vakkie geplaas
kan word met die soort etiket wat mense noem as hulle op
skemerkelk-partytjies in die verte tuur en van hak tot toon wieg.

>

Nee. Die patrone lyk net dieselfde. Fractals, my china, fractals...

in die dae van Plato, 2500 jaar gelede. Socrates[/color]
> is ter dood veroordeel en moes die gisfbeker drink
> om twee redes.
>
> Die een rede is dat hy redelik bewys gelewer het dat die
> verhale omtrent die gode fiksies van die skrywers was.
> Volgens sy beskuldigers en veroordeelaars het hy die
> mense van die geloof weggerokkel dat hulle geen deel
> aan hulle toekoms kon he nie omdat die gode se werk
> onpeilbaar was. Hy moes toe die gifbeker drink omdat
> sy "godeskrenende domastrantheid" net te veel was.>>>>

Dit laat my nogal dink aan die beker wat julle volgens alle aanduidigs
so graag wil he Gloudina moet drink, omdat julle haar so skuldig
bevind het aan "hubris".

"Hubris" is natuurlik waaroor die hele klein besprekinkie gaan. En as
ons ordentlik wil argumenteer daaroor, moet ons dit onthou en by die
onderwerp bly.
En "hubris" het 'n baie duidelike oorsprong en baie duidelike
betekenis.

Hier is twee aanhalings uit die Brittanica.

"""also spelled HYBRIS, in classical Greek ethical and religious
thought, overweening presumption suggesting impious
disregard of the limits governing human action in an orderly universe.
It is the sin to which the great and gifted are most
susceptible, and in Greek tragedy it is usually the hero's tragic
flaw. Perhaps the simplest example occurs in the
Persians of Aeschylus, in which the arrogance of Xerxes in building a
bridge of ships across the Hellespont flaunts
nature by turning sea into land. He is punished by the crushing defeat
of the Persians at Salamis. In most other Greek
tragedies the hero's hubris is more subtle, and sometimes he appears
wholly blameless."""

EN

"""In the period in Greece between Homer and about 450 BC the language
of relationships between god and god, man and
god, and human beings of lower status with human beings of higher
status was the same. The deities remained a
super-aristocracy. There was a scale of "power-and-excellence" on
which the position of every human being and every deity
could be plotted. Both god and man were likely to resent any attempt
of an inferior to move higher on the scale. It constituted
hubris ("overweening pride") for a Greek heros to claim that he
would have a safe voyage whether or not the gods
were willing; it was likewise hubris for Electra to presume to
criticize the behaviour of her mother Clytemnestra.""""

Sien....julle speel met die gode deur "hubris! hubris!" te skreeu en
die vinger te wys. Dis wat al wat ek gese het.

Hubris klink baie soos die ou mense wat altyd "D.V" gese het as hulle
gepraat het van planne in die toekoms. Hulle wou nie die gode se ore
gekielie het nie. Netnou strip die gode hulle moer. Want die gode en
die gode alleen het seggenskap oor ongelukke en so aan.

dit is.>>[/color]

Klink nie vir my of Socrates 'n hubris-geval was nie. Hy het hom nie
verbeel hy is meer as 'n mens nie. Hy was buite al daai goed.
Klink vir my of hy maar net 'n klomp politici en dominees de moer in
gemaak het.
Die eerste opgetekende geval van "die koning het nie klere nie" skreeu
en die koning wat die logiese doen.

Post Modernistiese groete,
Ferdi
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10324 is 'n antwoord op boodskap #10095] Wo, 13 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
> On 8 Aug 1997 09:17:02 GMT, "AM de Lange"
> wrote:
>
> > post-modernis. Vra vir enigeen van hulle.>>
>
> Ek ken die term nie en dra geen kennis van hulle nie.
> Maar is heel opgewonde dat wat ek geskryf het ook in 'n vakkie geplaas
> kan word met die soort etiket wat mense noem as hulle op
> skemerkelk-partytjies in die verte tuur en van hak tot toon wieg.

Dit klink na partytjies waar daar getoor word.

> >
>
> Nee. Die patrone lyk net dieselfde. Fractals, my china, fractals...

Dis nogal interessant dat jy liewers van fraktalle praat.
Die postmoderniste doen dit ook. Die hiperpostmoderniste
is ook al aan die roer. Hulle praat van ekwivalensies tot
by die isomorfie. Dit sal daardie hak-toon-wiegers reg
agteroor laat slaan.

> > in die dae van Plato, 2500 jaar gelede. Socrates
>> is ter dood veroordeel en moes die gisfbeker drink
>> om twee redes.

> Dit laat my nogal dink aan die beker wat julle volgens alle aanduidigs
> so graag wil he Gloudina moet drink, omdat julle haar so skuldig
> bevind het aan "hubris".

Tel jou "julle".

> "Hubris" is natuurlik waaroor die hele klein besprekinkie gaan. En as
> ons ordentlik wil argumenteer daaroor, moet ons dit onthou en by die
> onderwerp bly.
> En "hubris" het 'n baie duidelike oorsprong en baie duidelike
> betekenis.
>
> Hier is twee aanhalings uit die Brittanica.



> Sien....julle speel met die gode deur "hubris! hubris!" te skreeu en
> die vinger te wys. Dis wat al wat ek gese het.

As ek reg onthou, was my bydraes oor drie sake:
1 Die afrikaans vir hubris. Domastrantheid?
2 Hubris lei tot 'n teenreaksie, naamlik wegsnyding.
3 Domastrantheid en wegsnyding ossileer.

Gloudina se gevolgtrekking hierop was vir my 'n pragtige
skepping - afrikaanse tennnis.

> Hubris klink baie soos die ou mense wat altyd "D.V" gese het as hulle
> gepraat het van planne in die toekoms. Hulle wou nie die gode se ore
> gekielie het nie. Netnou strip die gode hulle moer. Want die gode en
> die gode alleen het seggenskap oor ongelukke en so aan.

Ek het ou mense geken wat sommer in pront Afrikaans
gese het "as die Here wil". Ek bewonder vandag nog
hulle eerbare lewe ten spyte van die verguising wat dit
vir hulle meegebring het.

> beskawing ontwaak - en lyk die wereld vandag soos wat
>> dit is.>>
>
> Klink nie vir my of Socrates 'n hubris-geval was nie. Hy het hom nie
> verbeel hy is meer as 'n mens nie. Hy was buite al daai goed.
> Klink vir my of hy maar net 'n klomp politici en dominees de moer in
> gemaak het.

Jy is reg. Socrates was nie 'n hubris-geval nie. Sy teenstanders
was die domastrantes - iets wat hulleself nooit sou erken nie.

Daar is iets van 'n domastrante persoon wat my dikwels tref.
So 'n persoon verskraal sy sintuie altyd doelbewus - druk
pluisies in die ore, sit oogklappe op, eet rissies, versprei
bepaalde reuke, ensovoorts. Dis asof so 'n persoon glo dat die
kompleksiteit van die lewe beheer sal kan word deur dit
doelbewus te oorvereenvoudig.

> Die eerste opgetekende geval van "die koning het nie klere nie" skreeu
> en die koning wat die logiese doen.

Ek verstaan nie hierdie sin nie.

> Post Modernistiese groete,
> Ferdi

Komplekse groete
At de Lange
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10378 is 'n antwoord op boodskap #10095] So, 17 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 745
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 13 Aug 1997 06:46:33 GMT, "AM de Lange" wrote:

> en die koning wat die logiese doen.[/color]
>
> Ek verstaan nie hierdie sin nie.>>>

Socrates het dit uitgewys dat die koning kaal is en die koning het hom
doodgemaak. Dis wat konings doen as iemand durf se hulle het nie klere
aan nie.
Vorige onderwerp: Re: Nog gesels
Volgende onderwerp: Re: Toets re: "Delwer" deur E.W.S. Hamond test test
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 17 06:32:18 MGT 2024