Aleksandryn [boodskap #124941] |
Sat, 09 March 2019 08:48 |
 |
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Aleksandryn is 'n sesvoetige jambiese vers. Dit is 'n vers wat uit ses jambes (voete) bestaan, met 'n rus na die derde voet. So genoem omdat dit die vers is wat gebruik is in die Franse Aleksander-roman (d.w.s. Middeleeuse verhalende gedig wat handel oor die heldedade van Alexander). Later word die vorm veelvuldig gebruik, o.a. deur Vondel in sy dramas. Voorbeeld: "De wakkre haan heeft lang de huisman opgekraaid" (Gebroeders).
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|