Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Marianna Alcoforado (1640 - 1723) was 'n Portugese non en skryfster. Na ’n liefdesverhouding met ’n Franse edelman skryf sy ’n vyftal minnebriewe wat beroemd geword het as "Die Briewe van ’n Portugese Non". Dit is anoniem in Parys as Lettres Portugaises in 1669 uitgegee en in baie tale vertaal.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.