Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe is dit met ons boeremense ?????
Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10073] Do, 24 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ons praat noudiedag met mede afrikaners hier in Perth oor hoe
onmoontlik en teenstrydig ons afrikanermense is/was.

So byvoorbeeld is daar baie afrikaners, veral onder ons boere,
wat polities vreeslik konserwatief is, dis net "SWARTES" voor en agter,
hulle stem vir Jaap Marais ens, maar as jy sien hoe wonderlik hul hul
eie plaasmense behandel (so al skellend) en met soveel liefde,
dink mens ons is geseend met die wonderlikste humor en ironie
op aarde. Dit is die tipe gedrag wat oorsese besoekers gladnie kan
verstaan van ons nie - hulle dink alles moet of swart of wit wees.

Vriendelike groete
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10074 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 24 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote in article ...
> Ons praat noudiedag met mede afrikaners hier in Perth oor hoe
> onmoontlik en teenstrydig ons afrikanermense is/was.
>
> So byvoorbeeld is daar baie afrikaners, veral onder ons boere,
> wat polities vreeslik konserwatief is, dis net "SWARTES" voor en agter,
> hulle stem vir Jaap Marais ens, maar as jy sien hoe wonderlik hul hul
> eie plaasmense behandel (so al skellend) en met soveel liefde,
> dink mens ons is geseend met die wonderlikste humor en ironie
> op aarde. Dit is die tipe gedrag wat oorsese besoekers gladnie kan
> verstaan van ons nie - hulle dink alles moet of swart of wit wees.

Galjoen
Selfs ons dierbare taal is so. Ons praat van sulke goed soos:
verskriklik mooi
stil bedonnerd
vrek interessant
presiese ding
ja-nee
goed bebliksem
pynlik gelukkig

Sulke woordpare kom gewoonlik voor wanneer ons van hart
tot hart praat. Probeer om 'n gesprek wat sulke
"teenstrydig saamhorende" woorde in 'n ander taal te vertaal,
byvoorbeeld Engels. Dis 'n "lieflike gemors".

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10077 is 'n antwoord op boodskap #10073] Vr, 25 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net writes: > Ons praat noudiedag met mede afrikaners hier in Perth oor hoe
> onmoontlik en teenstrydig ons afrikanermense is/was.
>
> So byvoorbeeld is daar baie afrikaners, veral onder ons boere,
> wat polities vreeslik konserwatief is, dis net "SWARTES" voor en agter,
> hulle stem vir Jaap Marais ens, maar as jy sien hoe wonderlik hul hul
> eie plaasmense behandel (so al skellend) en met soveel liefde,
> dink mens ons is geseend met die wonderlikste humor en ironie
> op aarde. Dit is die tipe gedrag wat oorsese besoekers gladnie kan
> verstaan van ons nie - hulle dink alles moet of swart of wit wees.
>

>

Ek dink Afrikaners oordryf soms die waarde van
die argument dat die boere "so goed na hulle werkers
kyk", "soveel vir hulle doen." Doen hulle nie dieselfde
vir hulle diere nie, bloot omdat dit goeie werkers ver-
seker? In die Middeleeue, in die Feudale Sisteem, was
daar obligasies op die heer geplaas om na die welsyn
van die serwe om te sien.
Dis eers wanneer die "baas" die mens in sy werker
raak sien en hom begin bekommer oor die menseregte
en die emosionele en sosiale regte van so 'n werker, dat
die crux kom. My ma het byvoorbeeld privaat teenoor my
geagoniseer oor die feit dat sy nie haar wasvrou 'n stoel
kon aanbied om op te sit nie, wanneer hulle lang stories
afpraat oor alles en nog wat; (ek dink Griet was eintlik
my ma se intiemste vertroueling, alhoewel sy dit nooit sou
herken het nie.) Maar toe ek haar vra hoekom sy nie vir
Griet 'n stoel kan aanbied nie, toe sê sy net: "Ag my
kind, wat sal die bure sê?" Dit was nou in die vyftigerjare.
Ek besef dat dinge nie so eenvoudig was nie: vandag bied
jy 'n stoel aan, môre moet jy jouself afvra hoekom hulle
nie die stemreg kan kry nie, hoekom jou dogter nie met
een van hulle kan trou nie. Maar dit neem nie die basiese
vraag weg nie - wanneer is jou medemens jou ewemens?
En dis eers wanneer ons ons ewemens al die goed toewens
wat ons ook geniet, dat ons uiteindelik vir onsself kan
respekteer as volwaardige persone.

Gloudina
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10085 is 'n antwoord op boodskap #10073] Sa, 26 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> gal...@ibm.net writes: > Ons praat noudiedag met mede afrikaners hier in
Perth oor hoe
Gloudina skryf:
> Ek dink Afrikaners oordryf soms die waarde van
> die argument dat die boere "so goed na hulle werkers
> kyk", "soveel vir hulle doen." Doen hulle nie dieselfde
> vir hulle diere nie, bloot omdat dit goeie werkers ver-
> seker? In die Middeleeue, in die Feudale Sisteem, was
> daar obligasies op die heer geplaas om na die welsyn
> van die serwe om te sien.
> Dis eers wanneer die "baas" die mens in sy werker
> raak sien en hom begin bekommer oor die menseregte
> en die emosionele en sosiale regte van so 'n werker, dat
> die crux kom.

Baie dankie vir 'n bydrae wat 'n mens laat dink.

Ek dink die woord "oordryf" wat jy gebruik het, neem nie
die saak vas nie. Ek ken tientalle Afrikaners wat presies
doen waarteen jy kapsie maak - en ernstig gol dat hulle
hul beste doen. Wat die woord "oordryf" sê, is dat hulle
nie opreg in hulle bedoelings was nie. Dis eenvoudig nie
waar nie.

Jy skryf "Dis eers wanneer die "baas" die mens in sy werker
raak sien ...". Dis presies wat gebeur met baie van hierdie
werkgewers. Hulle sien wel die mens raak en tree dan
daarvolgens op. Maar hulle optrede hang 100% af van hulle
mensbeskouing. As jy dus nie tevrede is met hulle optrede
nie, is dit omdat jy nie tevrede is met hulle mensbeskouing
nie.

Die vraag is nou - durf iemand 'n oordeel uitspreek oor hulle
mensbeskouing. My antwoord is 'n omonwonde nee! Enige
persoon se mensbeskouing is die resultaat van die bydrae
van die ganse mensdom. Die persoon se ouers, onderwysers,
geestelike leiers, politieke leiers, prestasie leiers, ja almal
het 'n rol gespeel in die persoon se mensbeskouing.

As ons dus aanstoot neem met 'n persoon se mensbeskouing
moet ons nooit dit op daardie persoon uithaal nie. Wat ons
wel moet doen, is om almal wat tot daardie persoon se mens=
beskouing bygdra het, by te kom. Ons moet elkeen van daardie
mense laat verstaan presies wat ons van hulle verwag.

Jy sal met my saamstem dat dit 'n bomenslike taak is. Hoe
kan jy die ganse mensdom oortuig dat hou standpunt reg is?
Wat jy doen, Gloudina, is om jou stantdpunt te probeer
regverdig in wat jy menseregte noem. Dit mag julle almal
interesseer dat die begrip menseregte van niemand anders
as genl J C Smuts kom nie. As julle dus uitspraak wil
gee oor wat julle onder menseregte verstaan, sal julle eers
Smuts moet bestudeer. Miskien weet julle almal dit nog
nie, maar hy was die skepper ban die idee van holisme. Met
ander woorde, as ons nie sy idee van holisme ken en dit in
perspektief kan plaas nie, hoe kan ons ooit voorgee dat
ons ingelig is oor die begrip menseregte?

Ek het die afgelope twee weke weer aandagtig Smuts se
lewe en werk bestudeer. Ek het soms gestjank soos
'n klein kind. Ek honthou hoe ek twee maande gelede
Herzog se lwewe en werk bestudeer het. Toe het ek ook
telkemale getjank. Herzog en Smuts was dikwels politieke
opponente. Elkeen was ongelooflik eerlik in hulle bedoelings.
Toge het hulle dinge nei dieslefde gesien nie. Hulle
mensbeskounings was eenvoudig te verskillend. Elk
het die kompleksiteit van ons samelewing ruitelik erken.
Maar hulle sienings van die kompleksitiet kon mekaar
nie oorvleuel nie. Hoekom nie. Omdat hulle nie kompleks
genoeg gedink het nie.

En hier kom jy - Gloudina, ek - At, en ander en matig ons
soveel aan. Laat ons liewers bely dat Suid Afrika se saak
uiters kompleks is. Laat ons alles wat ons bedink, toets
aan die kompleksiteit. Laat ons bedink wat kompleksiteit
behels.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10092 is 'n antwoord op boodskap #10073] Ma, 28 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
In , writes:
> gal...@ibm.net writes: > Ons praat noudiedag met mede afrikaners hier in Perth oor hoe
>> onmoontlik en teenstrydig ons afrikanermense is/was.
>>
>> So byvoorbeeld is daar baie afrikaners, veral onder ons boere,
>> wat polities vreeslik konserwatief is, dis net "SWARTES" voor en agter,
>> hulle stem vir Jaap Marais ens, maar as jy sien hoe wonderlik hul hul
>> eie plaasmense behandel (so al skellend) en met soveel liefde,
>> dink mens ons is geseend met die wonderlikste humor en ironie
>> op aarde. Dit is die tipe gedrag wat oorsese besoekers gladnie kan
>> verstaan van ons nie - hulle dink alles moet of swart of wit wees.
>>
>
>>
>
>
> Ek dink Afrikaners oordryf soms die waarde van
> die argument dat die boere so goed na hulle werkers
> kyk, soveel vir hulle doen. Doen hulle nie dieselfde
> vir hulle diere nie, bloot omdat dit goeie werkers ver-
> seker? [...]
>
> Gloudina
>

Nou wil ek die volgende vertel en dan vir Gloudina vra om kommentaar te lewer:

Toe ek op 'n stadium diakenskap aanval het by een van die groot gemeentes in
Pretoria neem die vrou van die ouderling my vir die eerste maal deur die
gemeente sodat ek die gemeente kan leer ken. By die een huis waarsku sy my
toe voor die tyd dat die mense wat daar bly redelik konserwatief is. Dit was ook
so. Die mense het oroweeg om na Urania toe te trek en oor te gaan na die APK.
Wel soos die tyd verbygegaan het sou ek egter agterkom dat die vrou en die
dogter wat in die konserwatiewe huisgesin is, die lees en skryf klasse vir
swartmense by die die kerk behartig. Al die huishulpe wat nie kan lees of skryf
nie kry een maal elke week gratis klasse my die kerk. Dit het my getref dat
hierdie konserwatiewe mense soveel omgee vir die swartmense.

My Pa het eenmaal iets gesê wat moontlik 'n antwoord kan wees: mense wat op
'n dag tot dag basis met swartmense werk verstaan hoe hulle is. Mense wat met
ongeskoolde swartes werk is geneig om konserwatief te wees.

Stef
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10104 is 'n antwoord op boodskap #10073] Di, 29 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
ro...@physics.utoronto.ca wrote in article
...
> In , writes:

> Toe ek op 'n stadium diakenskap aanval het by een van die groot gemeentes in
> Pretoria neem die vrou van die ouderling my vir die eerste maal deur die
> gemeente sodat ek die gemeente kan leer ken. By die een huis waarsku sy my
> toe voor die tyd dat die mense wat daar bly redelik konserwatief is. Dit was ook
> so. Die mense het oroweeg om na Urania toe te trek en oor te gaan na die APK.
> Wel soos die tyd verbygegaan het sou ek egter agterkom dat die vrou en die
> dogter wat in die konserwatiewe huisgesin is, die lees en skryf klasse vir
> swartmense by die die kerk behartig. Al die huishulpe wat nie kan lees of skryf
> nie kry een maal elke week gratis klasse my die kerk. Dit het my getref dat
> hierdie konserwatiewe mense soveel omgee vir die swartmense.
>
> My Pa het eenmaal iets gesê wat moontlik 'n antwoord kan wees: mense wat op
> 'n dag tot dag basis met swartmense werk verstaan hoe hulle is. Mense wat met
> ongeskoolde swartes werk is geneig om konserwatief te wees.

Iets wat my interesseer is die geweldige oplewing wat die NG-Kerk se
sendingaksies beleef het in die laaste helfte van die vyftigerjare en
daarna - op die "hoogtepunt" van doktrinêre en absolutisitese apartheid.

Dit was die tyd toe mense soos Karel Boshoff, (skoonseun van Verwoerd en
latere stigter van Orania) hulle van hul gemeentes losgemaak het, en sonder
enige inkomste, met kind en kraai vertrek het om nuwe sendingvelde te gaan
open. Binne maande het 'n aantal "wit" gemeeentes - van die
konserwatiefstes - elkeen van hierdie mense met volle traktement beroep as
gemeenteleeraars met 'n sendingopdrag. Die gemeentes het binne tien jaar
sendingstasies met kerke, skole en hospitale opgerig. Die sendelinge vas
ook nie almal "konserwatief" nie. Een van hulle was die baie liberale Nico
Smit. 'n Ander was Attie van Niekerk, wat as tokkelok heel "pienk" was.

Ek vermoed dat hierdie sendingaksies deels 'n logiese uitvloeisel van
apartheid self was - 'n ander manier om apartheid te bedryf. As sodanig was
dit 'n manier van "langafstand-evangelisasie" Die gemeente kon daardeur
evangelisasie onder swartmense doen sonder om persoonlik met hulle in
aanraking te kom. Een so 'n gemeente (die een waar ek tans is) het
byvoorbeeld op sy eie 'n uitgebreide sending in Venda onderhou. Tuis, in
Pretoria, het hulle ook 'n weeklikse werkklas vir huishulpe aangebied -
evangalisasie gemeng met geletterdheidsklasse, naaldwerkkklasse, higiëne,
voeding, ens. Die "werkklas" mog egter nie die gemeente se fasiliteite
gebruik nie - 'n ander perseel is spesiaal daarvoor ingerig. In later jare,
toe swart leeraars in hulle sending begin dien het, het hulle nie kans
gesien om die swartes te nooi om, soos die wit sendelinge, jaarliks in die
gemeente te kom preek nie. Die een leierouderling het byvoorbeeld volgehou
dat 'n swarte "oor sy dooie liggaam" op die preekstoel in die kerk sou
staan.

Die betrokke leierouderling was minder as 'n jaar oorlede toe die eerste
swart leeraar van die preekstoel af kom preek het (Jare voor die NSA!).
Deesdae is daar elke Sondag 'n paar swartmense in die kerk, en swart
kinders in die sondagskool.

Snaaks genoeg, het die sendingaksie ook na Oom Jannie se dood vinnig
afgeskaal. Die gemeente dra nou slegs 'n bedraggie by vir die onkostes van
een tentmakerleeraar in die voormalige sendinggemeente, wat nou as
sustergemeente beskou word. Die skool en hospitaal is lankal aan die staat
oorgemaak.

Dit is soos At skryf - die sake is baie meer kompleks as wat 'n mens mag
dink.

Groete, Leendert
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10105 is 'n antwoord op boodskap #10073] Di, 29 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ro...@physics.utoronto.ca writes: > In , writes:

>
> Nou wil ek die volgende vertel en dan vir Gloudina vra om kommentaar te lewer:
>
> Toe ek op 'n stadium diakenskap aanval het by een van die groot gemeentes in
> Pretoria neem die vrou van die ouderling my vir die eerste maal deur die
> gemeente sodat ek die gemeente kan leer ken. By die een huis waarsku sy my
> toe voor die tyd dat die mense wat daar bly redelik konserwatief is. Dit was ook
> so. Die mense het oroweeg om na Urania toe te trek en oor te gaan na die APK.
> Wel soos die tyd verbygegaan het sou ek egter agterkom dat die vrou en die
> dogter wat in die konserwatiewe huisgesin is, die lees en skryf klasse vir
> swartmense by die die kerk behartig. Al die huishulpe wat nie kan lees of skryf
> nie kry een maal elke week gratis klasse my die kerk. Dit het my getref dat
> hierdie konserwatiewe mense soveel omgee vir die swartmense.
>
> My Pa het eenmaal iets gesê wat moontlik 'n antwoord kan wees: mense wat op
> 'n dag tot dag basis met swartmense werk verstaan hoe hulle is. Mense wat met
> ongeskoolde swartes werk is geneig om konserwatief te wees.
>
> Stef

Omdat jy my vra om kommentaar te lewer, moet ek
seker maar. Ek neem dus eerste die uitspraak van jou
pa (soos deur jou gerapporteer) dat "MENSE wat op 'n
dag tot dag basis met swartmense werk, verstaan HOE
HULLE IS." Ek dink jy het seker self effens ongemak-
lik gevoel nadat jy daardie sin getik het. Toe voeg jy
by: "Mense wat met ONGESKOOLDE swartes werk, is
geneig om konserwatief te wees." Ek vra jou nou: dink
jy jou pa was reg wanneer hy gesê het dat mense wat
MET SWARTMENSE WERK, WEET HOE HULLE IS?
Merk op dat jy sê: "mense wat met swartmense werk, weet
hoe hulle is." Hoekom sê jy nie "WITmense wat met swart-
mense werk" nie? Ek sal vir jou sê hoekom jy dit nie wil
sê nie: dit sal jou hele argument in duie laat stort. (As
wetenskaplike behoort jy te weet wat ek bedoel.) Dis hier-
die arrogansie van sekere witmense wat dink dat hulle "weet"
hoe nie-wit mense dink en voel, hierdie arrogansie wat die
apartheidsdenkrigting baseer het op die observasie van
ongeskoolde mense wat nie dieselfde velkleur gehad het nie,
wat gelei het tot die ineenstorting van die hele ou kaboedel
op die einde, tot die detriment van hulle Afrikaanse nasate
wat nou met die gebakte pere sit. Ek herinner jou daaraan
dat Afrikaners tot hulle verbasing gevind het dat toe die
nie-blanke middelklas begin huise koop in dele van Johannes-
burg se laermiddelklas-gebiede, die pryse van huise opgegaan
het en dit meer "class" gekry het. Ek herinner jou daaraan
dat so 'n Afrikanervrou die alarm gegee het toe Chris Hani
in haar buurt doodgeskiet is. (Retha Harms, as ek haar naam
reg onthou.)
Wat die mense betref wat glo "konserwatief" was, en
gedink het om na Orania te trek, en wat klasse gegee het aan
nie-blanke huishulp: Ek wonder of hierdie mense nie net
diep Christene was nie , wat besef het dat die basis waarop die
hele sisteem in SA gebou is (wit geld en mag gebaseer op die
werk van die nie-blanke) uit die bose was en daarvan wou
wegkom. Ek het respek vir die mense wat bereid is om vir
hulle self te werk, en hulle eie toekoms te determineer. So
respekteer ons hier in Kanada die Mennoniete, mense wat nie
net hulle eie werk doen nie, maar ook aan die voorpunt is van
Kanadese pogings om mense van die derde wêreld te help.

Gloudina
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10106 is 'n antwoord op boodskap #10073] Di, 29 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in artikel:
...

> Dit is soos At skryf - die sake is baie meer kompleks as wat 'n mens mag
> dink.

Leendert, na alles wat jy tot dusver op die NG geskryf
het, het hierdie sinnetjie my die grootste plesier verskaf.

Dis nie omdat jy my naam as verwysing gebruik het nie,
maar omdat jy skryf dat die werklikheid kompleks.

Die werklikheid is soos 'n boomryke landskap waarna 'n
mens kyk. Tordat iemand vir 'n mens sê: "dit sal beter
lyk as ons alles uitruk en die hele landskap met klone
van een en dieselfde boom beplant - dan doen ons sommer
iets goeds vir die ekonomie ook." Dat die persoon nie
omgee dat die werklikheid 'n plantasie word nie, laat
my bloed stol.

Vroeg in die jaar het ons my seun in Richardsbaai gaan
besoek. My kleindogter Jessica was saam. Naby Piet
Retief het een na die ander plantasie opgeduik. By elke
plantasie vra Jessica wie s'n dit is. Een was natuurlike
Rooikappie se bos. Die ander een was Simba se bos
en nog een Skaar se bos. So het dit aangegaan. Die
name het begin opraak.

Ek besluit toe om by een plantasie in te draai en in die
skadu 'n wyle te l^e. Toe Jessica (4jaar) 'n paar tree met my
aanstap, gryp sy skielik my hand. Ek vra toe of sy bang
is. "Ja", sê sy. Ek vra toe waarom? "Omdat dit nie 'n
bos is nie." Ek vra toe hoekom nie? "Omdat hier nie eers
voeltjies is wat 'n mens kan hoor nie." Ek was verstom.
Al wat ek kon doen, was om dit te beaam. Ek sê toe dat dit
'n plantasie genoem word. Die skadu was skielik nie meer
so aanloklik nie, maar eerder dreigend.

Sy wag nog dat ek vir haar 'n bos moet gaan wys. Plantasies
skrik haar af - en vir my ook.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10114 is 'n antwoord op boodskap #10073] Wo, 30 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf in artikel
...

> Jy weet, At, Themba Sono het in sy "The dilemmas of African Intellectuals"
> 'n uiteensetting gegee van die arrogansie van Afrikakulture. Die aard van
> die arrogansie is anders, maar dit is ewe onderdrukkend (fascisties?) in sy
> effek.
>
> Ek reken dat die afstootlike van Westerse kultuurarrogansie skuil in die
> mag wat dit onderlê. Die ou Grieke het daarna verwys as "hubris". 'n
> Aanmatigende vertoon van 'n magsgevoel wat die gode uitdaag - 'n
> Godskreiende arrogansie dus.

Leendert, jou bydare het my gedagtes laat tol en tol.

Baie dankie

Netiket vereis dat ek nie alles kan herhaal nie. Boonop
is ek te moeg om daarop te antwoord.

Maar terwyl ek gelees het, het die woorde van Pualus
in my kop gemaal - ons kyk deur 'n spieel na 'n raaisel,
maar eendag sal ons van aangesig tot aangesig sien.
Een van die spieels waarna ons kyk, is hier reg voor
ons o"e besig om te verpletter. Ek wonder hoeveel
ander memse op die NG dit raaksien. Agter is daar
natuurlik nog 'n spieel waarin ons sal staar - die een
waarna ek so dikwels gekyk het met die skryf van my
boek.

Maar ook 'n tweede gedagte het ook in my kop begin
maal. Hier skryf ek en jy en al die ander dinge wat ons
koppe laat tol en tol. Maar by die huise speel ons kinders
en kleinkinders agter tralies. In ons stad en die krotbuurte
daarlangs is daar kinders wat liggaamlik en geestelik
gebrek lei en vermink word. Ons moet begin eis dat elke
mens wat aan die toekoms skep, 'n toekoms moet skep
wat beter vir al die kinders van ons wereld sal wees. Of dit,
of die persoon moet 'n meeulsteen om sy nek sit en
homself/haarself in die diep see werp. Daar is geen
middeweg nie.

O God, wat doen hierdie wereld nie aan sy kinders nie.
Hoe lank nog moet dit voortduur?

Ek kan nie nou julle alles van die beste toewens nie.
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10115 is 'n antwoord op boodskap #10073] Wo, 30 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum skryf:
[...]
> Die betrokke leierouderling was minder as 'n jaar oorlede toe die eerste
> swart leeraar van die preekstoel af kom preek het (Jare voor die NSA!).
> Deesdae is daar elke Sondag 'n paar swartmense in die kerk, en swart
> kinders in die sondagskool.
>
> Snaaks genoeg, het die sendingaksie ook na Oom Jannie se dood vinnig
> afgeskaal. Die gemeente dra nou slegs 'n bedraggie by vir die onkostes van
> een tentmakerleeraar in die voormalige sendinggemeente, wat nou as
> sustergemeente beskou word. Die skool en hospitaal is lankal aan die staat
> oorgemaak.

Ek sien konserwatisme en liberalisme as twee elemente wat enige gesonde
kultuur moet besit. Die twee elemente moet in balans wees. Dit is
noodwendig so dat die ouer lede van 'n kultuur meer konserwatief sal wees
terwyl die longer lede dalk weer meer liberaal sal wees. Daarom is dit myns
insiens verkeerd om enigiemand te veroordeel wat sterk konserwatief is of
anderom. Die persoon vervul 'n belangrike funksie om die balans binne die
kutuur te handhaaf.

Stef
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10116 is 'n antwoord op boodskap #10073] Wo, 30 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article , wrote:

> wetenskaplike behoort jy te weet wat ek bedoel.) Dis hier-
> die arrogansie van sekere witmense wat dink dat hulle "weet"
> hoe nie-wit mense dink en voel, hierdie arrogansie wat die
> apartheidsdenkrigting baseer het op die observasie van
> ongeskoolde mense wat nie dieselfde velkleur gehad het nie,
> wat gelei het tot die ineenstorting van die hele ou kaboedel
> op die einde, tot die detriment van hulle Afrikaanse nasate
> wat nou met die gebakte pere sit. Ek herinner jou daaraan

Aldus Gloudina wat selfs weet wat in die Zoeloekoning so kop aangaan.
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10117 is 'n antwoord op boodskap #10073] Wo, 30 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina van @igs.net skryf

nadat Stef van ro...@physics.utoronto.ca geskryf het.

>> Nou wil ek die volgende vertel en dan vir Gloudina vra om kommentaar te
lewer:

>> My Pa het eenmaal iets gesê wat moontlik 'n antwoord kan wees: mense wat op
>> 'n dag tot dag basis met swartmense werk verstaan hoe hulle is. Mense wat met
>> ongeskoolde swartes werk is geneig om konserwatief te wees.

> Hoekom sê jy nie "WITmense wat met swart-
> mense werk" nie? Ek sal vir jou sê hoekom jy dit nie wil
> sê nie: dit sal jou hele argument in duie laat stort. (As
> wetenskaplike behoort jy te weet wat ek bedoel.) Dis hier-
> die arrogansie van sekere witmense wat dink dat hulle "weet"
> hoe nie-wit mense dink en voel, hierdie arrogansie wat die
> apartheidsdenkrigting baseer het op die observasie van
> ongeskoolde mense wat nie dieselfde velkleur gehad het nie,
> wat gelei het tot die ineenstorting van die hele ou kaboedel
> op die einde, tot die detriment van hulle Afrikaanse nasate
> wat nou met die gebakte pere sit.

Stef, as jy kommentaar vra, moet jy spesifiseer waaroor
dit gaan. Doen jy dit nie, nooi jy die mense met haelgewere
uit om los te trek vanuit enige hoek op enigiets wat jy geskryf
het. Hulle gee nie om dat hulle die prooi se vel verniel in hulle
poging om die doodskoot te gee waar hulle dink die hart is.

Gloudina, Stef het niks geargumenteer nie. Hy het iets probeer
beskryf, naamlik dat konserwatiewe witmense dikwels goed
bekend is met die leefwyse van swartmense. Ek dink hy
vermoed dat daar 'n verwantskap tussen rasseharmonie en
konserwatisme is.

Maar voordat ek kommentaar gee oor wat Stef geskryf het,
wil ek eers skryf oor jou kommentaar. Teen die tyd weet
byna almal van ons dat jy 'n pelgrimstog voer teen die arrogansie
van witmense. En ek stem saam met jou - die witmense se
kultuur is (met die gebruiklike uitsonderings) is geweldig
arrogant. Maar al wat jy doen, is om hulle te looi net waar jy
kan met dieselfde arrogansie van die witmense se kultuur
waarvan jy deel is. Besef jy nie dat jy nie nie een van die
uitsonderings is nie. Besef jy nie dat jy self moet loskom
van hierdie arrogansie nie. Ek pleit by jou om asseblief
wyer te kyk.

Ek weet regtig nie oor watter een van die twee sake ek nou
moet skryf nie:
  • arrogansie en kultuur
  • rasseverhoudings en politieke verhoudings.
Wat ek wel weet, is dat ons hierdie twee sake, naas vele
ander, intens sal moet bestudeer in 'n wereldwye konteks
om te probeer begryp hoe sake in mekaar steek.

Stef, dit val my lankal op dat beide mense wat aktief
konserwatief of aktief liberaal is, 'n groter rol speel in
rasseverhoudinge as die loues. Ek kan dus nie met jou
vader se mening saamstem dat (goeie ?) rasseverhoudinge
tot konserwatiewe lei nie. Maar jou vader het wel
iets beet gehad. Mense beweer gedurig dat politieke
verhoudings (konserwatisme of liberalisme) rasseverhoudings
eties sal kan beinvloed. Met ander woorde, politieke
verhoudings is die oorsaak en rasseverhoudings is die
gevolg. Jou vader het die omgekeerde raakgesien:
rasseverhoudings is die oorsaak en politieke verhoudings
die gevolg. Dis hoekom jy Gloudina se kommentaar
gevra het!! Haar pelgrimstof val juis in hierdie kader.

Ek het groot respek vir jou Vader se intuisie, naamlik dat
alles nie pluis is nie. Dis hoekom hy die oorsaak-gevolg
patroon probeer omdraai het. Maar kom ek noem iets
anders wat my net so lank opgeval het - dat daar aan beide
kante (konserwatisme of liberalisme) suksesse en mislukkings
in rasseverhoudings was. Omgekeerd het beide rasseharmonie
en rassekonflik aannleiding gegee tot sowel konserwatisme
en liberalisme. Een ding is duidelik - die saak is uiters
kompleks- iets wat genl JC Smuts beindrik het sy hele lewe
lank.

Maar wat ons ook moet doen, is om jou Vader se intuisie
verder te volg. Gestel dat nie een van rasseverhoudings of
politieke verhoudings die oorsaak is nie. Dan is een van twee
dinge moontlik. Of daar is 'n derde verhouding wat die oorsaak
van albei verhoudinge is, of daar is hoegenaamd geen
oorsaak-gevolg verwantskap nie. Ek persoonlik glo dat die
laaste moontlikheid waansin is. Met ander woorde, daar
moet 'n derde oorsaak wees wat ons nog nie vantevore
aan gedink het nie.

Ek het egter al gans te veel geskryf. Gaan julle verder aan.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10118 is 'n antwoord op boodskap #10073] Wo, 30 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article
...

> Maar voordat ek kommentaar gee oor wat Stef geskryf het,
> wil ek eers skryf oor jou kommentaar. Teen die tyd weet
> byna almal van ons dat jy 'n pelgrimstog voer teen die arrogansie
> van witmense. En ek stem saam met jou - die witmense se
> kultuur is (met die gebruiklike uitsonderings) is geweldig
> arrogant. Maar al wat jy doen, is om hulle te looi net waar jy
> kan met dieselfde arrogansie van die witmense se kultuur
> waarvan jy deel is. Besef jy nie dat jy nie nie een van die
> uitsonderings is nie. Besef jy nie dat jy self moet loskom
> van hierdie arrogansie nie. Ek pleit by jou om asseblief
> wyer te kyk.

Jy weet, At, Themba Sono het in sy "The dilemmas of African Intellectuals"
'n uiteensetting gegee van die arrogansie van Afrikakulture. Die aard van
die arrogansie is anders, maar dit is ewe onderdrukkend (fascisties?) in sy
effek.

Ek reken dat die afstootlike van Westerse kultuurarrogansie skuil in die
mag wat dit onderlê. Die ou Grieke het daarna verwys as "hubris". 'n
Aanmatigende vertoon van 'n magsgevoel wat die gode uitdaag - 'n
Godskreiende arrogansie dus.

Dit is juis die Godskeiende hubris van Gloatina se vermakerigheid wat ek
afstootlik vind.

'n Mens het dit ook gesien in die gedrag van die voetsoldaatjies (petty
bureaucrats) van apartheid - sommige lokasiebestuurders, klerke van
naturellekommissarisse, ens.

> Stef, dit val my lankal op dat beide mense wat aktief
> konserwatief of aktief liberaal is, 'n groter rol speel in
> rasseverhoudinge as die loues.

Attie van Niekerk het tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie werklik
loues is nie.

Om dit te verstaan met 'n mens eerstens kennis neem van sy gevolgtrekking
dat die kultuurkloof tussen Afrika en die Weste (net soos die een tussen
die Ooste en die Weste) wesenlik onoorbrugbaar is. Dit is nie moontlik vir
enige individu om terselfdertyd die waardes, denkmetodes, ens van albei
kulture te handhaaf nie. Hy toon dat hulle nie bloot "verskillend" is nie,
maar in te veel opsigte daarwerklik teenstrydig.

Hy reken dat dit wel moontlik is vir 'n individu uit die een kultuur om die
ander kultuur aan te neem - maar slegs deur sy aanvanklike kultuur af te
sweer. Die proses eis verder so veel van die individu dat dit onwaarskynlik
is dat baie mense daarin kan slaag om in een leeftyd meer as een so 'n
kultuuroorgang te voltooi - m.a.w. dit sou selde moontlik wees om weer na
die kultuur van oorsprong terug te keer. (Sy doktorale tesis oor die
strugglepoesie uit die townships is gepubliseer on die titel "Dominie, have
you listened to the drums?")

Sy gevolgtrekking is dat, in Suid-Afrika, daar net twee reaksies hierop is
- die "regse" en die "liberale". Aan die "regse" kant plaas hy die wittes
wat met swartmense min of niks te doen wil hê nie. Hy reken dat hierdie
mense die omvang van die kultuurkloof besef en hulle daarvan wegkeer.

Die "liberales", daarenteen, ontken bloot die bestaan van so 'n
kultuurkloof. Hulle behandel almal as gelyk in die sin van "dieselfde". In
die proses gaan hulle noodwendig van die standpunt uit dat hul eie
kultuurwaardes "universeel" is - hulle ontken per slot van rekening die
moontlikheid dat 'n ander kultuurwaardes mag besit wat van hul eie verskil.
Dit gevolg is niks minder nie as dat hulle die menswaardigheid van mense
uit 'n ander kultuur ontken of ignoreer.

Hierdie persepsies vind nogal steun uit verskeie verskynsels wat om ons
plaasvind. a) Steve Biko, byvoorbeeld, het in "I write what I like"
dieselfde dinge oor "liberals" te sê gehad as Van Niekerk. b) Verskeie
(swart) kollegas en studente hier op kampus het al teenoor my opgemerk dat
hulle nie van Wits hou nie. Op Wits is jy slegs welkom, beweer hulle, mits
jy bereid is om soos "hulle" te wees. c) Ek was gefasineer met 'n
radioberig vanoggend. Dit blyk dat 'n forum van Asiatiese lande in
samesprekings met Westerse lande kennis gegee het dat hulle die VN se
universele deklarasie van menseregte (onveranderd sedert dit in 1948
aangeneem is) gewysig wil hê. Hulle beweer dat dit hoegenaamd nie
universeel is nie, en slegs Westerse waardes verteenwoordig, sommige
waarvan teenstrydig is met Oosterse waardes. My tone het behoorlik gekrul
van lekkerkry om te hoor hoe die Amerikaners en die Europese Unie aan die
skarrel gegaan het hieroor!

Van Niekerk se verrassende gevolgtrekking (verrassend vir 'n "pienk"
tokkelok uit die sewentigs) is dat die "regse" kamp eintlik meer agting
toon vir die menswaardigheid van mense uit 'n verskillende kultuur as die
"liberals" - 'n oordeel waarmee Biko nie heeltemal eens sou wees nie. Biko
sou waarskynlik sê dat hulle ewe min agting vir ander het.

Ek self reken dat mens in die "regse" kamp nie net die AWB en genote moet
sit nie, maar ook die "Africanists" uit die swart gemeenskap - die PAC ens.
Hierdie mense erken ook dat daar inderdaad ingrypende kultuurverskille
bestaan wat verreken moet word as mens van verhoudinge wil praat.

Aan die kant van die "liberals" sit natuurlik nie net die Wits liberals
nie, maar ook die Charteriste, soos die ANC. Hierdie mense ontken ook dat
daar verskille bestaan (vir hulle is "kultuur" beperk tot kraletjies, danse
en ander dekoratiewe aanhangseltjies). In hierdie kamp sit natuurlik die
SABC met sy ooglopende kampanje om die Coca-Colakultuur te vestig as die
"common culture" van Suid-Afrika.

Van Niekerk se slotsom is dat 'n wesenlike brug nie tussen die Weste en
Afrika geslaan sal kan word nie - ook nie in Suid-Afrika nie - tensy ALBEI
kulture verander nie. Hiermee stel hy nie voor dat die kulture noodwendig
moet verander om "nader aan" of "meer soos" mekaar te word nie. Hy staan
dus nie noodwendig 'n versmelting voor nie - om die waarheid te sê, so iets
beskou hy as onmoontlik. Hy voorsien egter 'n moontlikheid dat albei
kulture na 'n hoër vlak van volwassenheid kan vorder, wat dit moontlik mag
maak vir individue of groepe om makliker oor die kloof heen te kommunikeer.
(Ek self het, soos baie ander Westerlinge, probleme met aspekte van die
Westerse kultuur wat gerus verander kan word. Oor soortgelyke aspekte in
die Afrika- of Oosterse of ander kulture kan ek my nie uitspreek nie :-)

Nou ja. Van Niekerk en Themba Sono is natuurlik ewe ongewild by die
politiek korrektes. Biko is gelukkig dood, so elkeen kan nou verklaar hoe
hy vandag sou gedink het. Beide die PAC en die ANC eis hom dus op as hul
beskermheilige.

Gloatina reken natuurlik dat die hemel van multiculturalism gedefinieer
word deur French immersion en 'n Jappanese fraseboekie.

Shame.

Leendert
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10130 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> "Al bot die
> vyeboord nie, en al is daar geen druiwe aan die wingerstok nie ... nog STEEDS
> sal ek die Here prys!" Dit is vir my altyd 'n troos en ek glo dit sal vir jou
> ook wees.
>

Soms wanneer die groei om ons die minste is, dan is die groei in ons die meeste.

Ek stem ook saam met At, dat niks sonder 'n rede gebeur nie. En ons grootste
werk is aan onsself, om nader te groei aan ons siel se godelikheid, wat niks te
doen het met arrogansie nie, maar eerder met nederigheid. En waarheid.
Egheid. (Is dit 'n woord? Realness, wat maar min te doen het met Reality).

So tussen hakkies, At, daardie spieëls wat jy noem laat dink my aan Diego
Velazquez. Dis 'n onderwerp wat hy baie goed verstaan het. Sy skildery "Las
Meninas" het eintlik min te doen met die Spaanse 'royal family' maar meer oor
die hubris van die kunstenaar, die waardigheid van kuns - dat dit aanvaar moet
as 'n intellektuele vak in die Renaissance ens., en al dit sê hy deur middel
van spieëls. Daaraan is sekere paradokse gekoppel.

Skryf op 'n stuk papier en lees dit dan in 'n spieël. Het die spieël jou skrif
spieëlskrif gemaak? Nee, jy het die papier omgedraai.

Hoe kan 'n mens 'n groter area van 'n vertrek sien? As mens reg voor die spieël
gaan staan, of op 'n groter afstand?

Word jou gesig kleiner hoe verder jy weg beweeg van 'n spieël af? Nee, dit bly
dieselfde grote.

Vra enige vrou ... ;-)

(Eintlik het ek hierdie goed by bogenoemde astrante Spanjaard geleer. Hulle sê
mos kuns studente leer nie om te skilder nie, maar om te _sien_.)

Groete,
Vira.
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10131 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
a@b.c (Wen) writes: > In article , wrote:

> Aldus Gloudina wat selfs weet wat in die Zoeloekoning so kop aangaan.
>

Ek twyfel of jy enigsins meer insig het oor wat
aangaan in die gevoelens en berekenings van die
koning van Zulu-land as ek. Wat wel heeltemal
duidelik is, is dat jy nog behoort aan daardie groep
van (meestal Afrikaanse) mense wat hoop om die
situasie in KwaZulu-Natal vir hulle eie politieke
gewin te gebruik. (Is hierdie soort doen en denke
nie nou effens passê nie?) Gelukkig is die sake van
die Zulus nou in hulle eie hande, en enigiemand
buite daardie groep wat hulle wil manipuleer, sal
al hoe meer en meer irrelevant word. Dis 'n baie
ingewikkelde situasie, maar ek is seker dat hulle
hul sake oor die volgende dekades sal orden soos
dit hulle pas.

Gloudina Bouwer
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10132 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
ro...@physics.utoronto.ca skryf in artikel
...

> Ek sien konserwatisme en liberalisme as twee elemente wat enige gesonde
> kultuur moet besit. Die twee elemente moet in balans wees. Dit is
> noodwendig so dat die ouer lede van 'n kultuur meer konserwatief sal wees
> terwyl die longer lede dalk weer meer liberaal sal wees. Daarom is dit myns
> insiens verkeerd om enigiemand te veroordeel wat sterk konserwatief is of
> anderom. Die persoon vervul 'n belangrike funksie om die balans binne die
> kutuur te handhaaf.

Stef,

Baie dankie vir jou bydrae.

Ek vind in you bydrae 'n pratige voorbeeld om die verskil
tussen 'n stommiteit en stomkunde te illutreer. Ek het in
'n ander bydrae oor die begrip stomkunde ("tacit knowledge")
geskryf en waarom dit vir my belangrik is om hierdie begrip
te ken en te kan gebruik

Gelukkig het jy deurgaans die woord kultuur gebruik en nie
die woord politiek nie. Sou jy die woord politiek orals in die
plek van die woord kultuur gebruik het, sou jou bydrae 'n
stommiteit gewees het. (Vir die lesers wat Afrikaans leer:
'n stommiteit is 'n onverskoonbare flater.) Politieke partye
sou vir jou data op hulle lede se ouderdomme kan gee en
so jou bydrae in flarde kon trek.

Jy skryf dat dit noodwendig so moet wees dat die ouer lede
van die kultuur meer konserwatief moet wees. As ek nou
kwade of self net eenvoudige bedoelings gehad het. kon ek
jou lekker afgeskiet het. Jy het 'n afleiding gemaak sonder
om jou gronde vir ons te vertel. As ek wou, kon ek hierdie
optrede as arrogant of selfs as 'n sameswering beskou. Verbeel
jou, om nie vir ons die gronde vir jou afleiding te vertel nie.

Maar eintlik kan jy nie omdat dit eintlik stomkunde is. Die
gronde vir jou afleiding is iets wat jy weet, maar nog nie
voorheen deur jou of iemand anders geartikuleer is nie.

Kom ek probeer hierdie stomkunde in woorde indruk. Jy
weet dat ten opsigte van jou eie kreatiewe ervarings dat
jou liberale momente jou konserwatiewe momente in die tyd
vooraf gaan. Met ander woorde, toe die konserwatiewe fase
die liberale fase in 'n bepaalde skeppende ervaring opgevolg
het, was jy reeds ouer. Dis hoekom jy dit probeer verwoord
het deur van konserwatiewe ouer mense en liberale jonger
mense gepraat het. Jy het die volgorde van liberaal en
konserwatief stomkundig vertolk in terme van jou ouderdom.
Daarna, om te kan ontluik uit jou stomkunde, het jy dit toe
vir ons verwoord in terme van die ouderdomme van ander
mense.

Maar waarvan ons ons moet probeer losruk met alle mag, is
iets wat ek tans nie beter kan beskryf as die narcisme van
die mens nie. Hierdie narcisme is 'n komplekse ding
wat talle -ismes behels soos solipsisme, fascisme en
antroposentrisme. (Miskien wil Leendert oor hierdie saak
uitwei.) Wat ek dus raaksien, is dat die vertolking van
die ordening van die liberale en konserwatiewe momente
in jou eie kreatiewe ervarings, solipsisties was omdat jy
dit in terme van jou ouderdom geoen het. Asseblief, moenie
dink ek val jou aan of raas met jou nie.

Jou groot probleem was dat jy stomkundig geweet het dat
vir elke skeppende verskynsel die liberale fase voor die
konserwatiewe fase in tyd moet kom, maar dat jy nie
geweet het hoe om dit te artikuleer nie. Die rede is baie
eenvoudig, maar verstommend. Die twee goed wat ek die
liberale fase en die konserwatiewe fase genoem het, het
eintlik nie name nie. Deur NAME daaraan te gee (die
name "liberale fase" en "konserwatiewe fase") het ek
antroposentristies opgetree omdat benoeming 'n menslike
aktiwiteit is. Hierdie twee goed gebeur dwarsdeur die natuur
ook, en nie net kultuur nie. Sou ek hulle respekteiwelik X en
Y genoem het, het ek fascisties opgetree. Daarmee bedoel
ek die fascisme van die simbolistiese wetenskappe soos
moderne logika, wiskunde, fisika en chemie. In terme van
hierdie fascisme, sou ek jou stomkunde maklik kon uitdruk
as X < Y.

As ons nou mooi daaraan dink, sal ons besef dat dit nie
moontlik is om van ons mensheid te ontsnap wanneer ons
ons stomkennis met woorde wil artikuleer nie. Die enigste
alternatief is om ons stomkunde te artikuleer in die
verbondenheid daarvan met die res van die werklikheid
(Skepper, medemense, natuur). Met ander woorde, ons
stomkunde kry sin wanner dit in wisselwerking kom met
die komplekse werklikheid self. Wat kan meer kompleks
wees as dit. (Dit is in wese wat Jan Smuts met sy holisme
raakgesien het. Dis jammer dat hy so daaroor verguis was.)

In my voorgenome boek praat ek eerder van X (liberale moment)
as die rewolusionere fase en Y (konserwatiewe moment) as
die evolusionere fase. Ek het letterlik maande geworstel om
twee woorde te vind wat die twee dinge die beste sou weergee
vir die meeste mense sonder om narcisties te wees.

In ieder geval, wanner entropie geproduseer word, word dit eers
outomaties as chaos van funksie gemanifesteer. Eers as hierdie
manifestasie tot breekpunt toe gedryf word, sal die tweede
manifestasie as orde van struktuur plaasvind. Hierdie tweede
manifestasie bestaan uit twee fases, naamlik die revolusionere
(liberale, vernuwende) fase, opgevolg deur die evolusionere
(konserwatiewe, groeiende) fase.

Dit is uiters noodsaaklik om altwee fases te he. Of soos jy dit
verwoord het "Die twee elemente moet in balans wees". Die
kommunistiese revolusie het 'n mislukking geword omdat dit
nie moontlik is om 'n aaneenlopende string van revolusionere
fases te he nie. Elke revolusie vereis geweldige energie ontsluiting
Die sisteem kan later te uitgeput raak om nog revolusies te lewer.
Met elke revolusie ontluik 'n barre struktuur soos 'n baba wat
kaal en klein gebore word. Die baba moet moet gevoed en geklee
word voordat dit 'n groot mens is, gereed om die volgende revolusie
te pleeg. Die evolusionere fase behels hierdie groot word proses
waarin die revolusie se struktuur lyf kry. Eers nadat die struktuur
lyf gekry het met gepaardgaande potensieele (strukturele!) energie,
kan die nuwe revolusie sinvol plaasvind.

Hoekom? Die nuwe revolusie moet eers vooraf gegaan word deur
entropie produksie wat lei tot 'n toename in chaos. Hierdie entropie
produksie moet gedra word deur energie te ontsluit. Watter soort
energie? Potensiele (strukturele) energie! Met ander woorde, die
liberale moment kan nie ontluik sonder voldoende chaos nie. En
hierdie chaos kan nie geskep word sonder die konserwatiewe
moment nie.

Stef, dit was 'n baie lang relaas. Maar ek moet gou-gou nog 'n
sakie aanraak. Jy skryf "Die persoon vervul 'n belangrike funksie
om die balans binne die kutuur te handhaaf.". Daarmee bedoel jy
'n persoon wat of konserwatief of liberaal is. Daarmee val jy weer
in die slaggat van eksklusiwiteit.

Ek dink dat beide liberalisme en konserwatisme in elke mens
aanwesig moet wees. Hulle werk soos 'n stoot-trek ("push-pull")
paar. Eers stoot die liberale moment en dan trek die konserwatiewe
moment. Daarna is die persoon gereed om in 'n ander ordening
siklus liberaal te stoot en dan te trek. Maar steeds moet ons
onthou dat sommige sklusse veel langer neem om voltooi te
word as die leeftyd van meeste mense. Met ander woorde, by
sulke langdurige siklusse is dit nie verkeerd dat een mens in die
liberale moment en die ander mens in die konserwatiewe moment
daarvan val nie. Maar dit is nie eksklusiwiteit nie. Dis gesonde
verskille wat ons met hand en tand moet verdedig. Miskien is dit
wat jy eintlik gese het. Dan var ek om verskoning deur te geskryf
het dat jy in 'n slaggat getrap het.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10133 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"AM de Lange" wrote:

>
> O God, wat doen hierdie wereld nie aan sy kinders nie.
> Hoe lank nog moet dit voortduur?
>

At, ek wil jou vra om Habakkuk se skrywe weer te lees. Ek is altyd verstom hoe
na aan ons huidige situasie sy beskrywing van die omstandighede destyds is
(Hoofstuk 1). Die vrae wat hy aa God stel is in dieselfde trant as die wat ons
byna daagliks eggo in hierdie deurmekaar wêreld waarin ons mekaar bevind, en
wat ook weer in jou vraag hierbo weerklink. Maar, Goddank!, as ons verder
lees tot by die laaste hoofstuk lees ons die pragtige woorde "Al bot die
vyeboord nie, en al is daar geen druiwe aan die wingerstok nie ... nog STEEDS
sal ek die Here prys!" Dit is vir my altyd 'n troos en ek glo dit sal vir jou
ook wees.

Meer nog, Habakkuk het daardie woorde geskryf in 'n tyd toe hy moes HOOP op
die Messias wat belowe is; ons lewe in die skadu van die kruis van 'n gestorwe
Christus wat hierdie harde pad eerste geloop het en wat dit steeds dag tot dag
saam met ons loop.

Hoe geseënd is ons nie! Ons hoop is nie in die leë beloftes van hierdie wêreld
se politici nie, maar in die geloof in 'n God wat hierdie sondige wêreld
waarin ek my bevind (en ek dra self baie by tot die skande van hierdie wêreld)
so lief gehad dat Hy sy enigebore Seun gegee het sodat almal wat in Hom glo
NOOIT verlore sal gaan nie maar in ewigheid by Hom sal wees.

Dank Vader!
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10134 is 'n antwoord op boodskap #10118] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 7/30/97 12:05PM, in message ,
"Leendert van Oostrum" wrote:

> snip...

> Van Niekerk se verrassende gevolgtrekking (verrassend vir 'n "pienk"
> tokkelok uit die sewentigs) is dat die "regse" kamp eintlik meer agting
> toon vir die menswaardigheid van mense uit 'n verskillende kultuur as die
> "liberals" -

..snip

'n Kollega het so pas teruggekeer van Kanada waar hy ongeveer 4 jaar gebly het.
Volgens hom, het die Kanadiërs in die geheel (daar is natuurlik altyd
uitsonderings) maar min tyd, simpatie of gevoel vir blanke Suid Afrikaners. Hy
meen dat hulle reken, as ons almal vermoor word of in die see gedryf, sou dit
maar wees wat ons toekom, en wat ons sou verdien het. maw, wat soek ons hier
in Afrika, in die eerste plek?

Gloudina is miskien nie die 'Vuur en Vlam' Pelgrim wat sy hier skyn te wees
nie, maar net 'n gewone mens, wat haar bes doen om in te pas en deel te wees
van haar nuwe tuisland. Sy moet dalk ekstra hard probeer om hulle te oortuig
dat sy werklik haar plek tussen hulle verdien. Ek hoop vir haar part, dat
hulle vriendelikker is, en meer welkomend teenoor die uitlander tussen hulle,
as wat sy self as Afrikaner is.

V.
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10135 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina skryf

[...]
> Merk op dat jy sj: mense wat met swartmense werk, weet
> hoe hulle is. Hoekom sj jy nie WITmense wat met swart-
> mense werk nie? Ek sal vir jou sj hoekom jy dit nie wil
> sj nie: dit sal jou hele argument in duie laat stort. (As
> wetenskaplike behoort jy te weet wat ek bedoel.)

Ek dink jy probeer nou te veel te lees in die opmerking. Miskien weet
jy tog wat ek bedoel maar jy probeer om dit te ontken.

Verstaan jy wat ek bedoel met "weet hoe hulle is"? Ek dink jy weet want jy
het self vir hulle skool gegee. Dit beteken dat mens onder andere verstaan
hoe diep verskil in kultuurvlak tussen die twee kultuur groepe is. Die feit dat
sulke mense vir hierdie mense help en dinge leer sê vir my dat hierdie "weet
hoe hulle is" 'n respek vir hulle mensewees insluit.

Dis hier-
> die arrogansie van sekere witmense wat dink dat hulle weet
> hoe nie-wit mense dink en voel,

Hier sluit jy jouself seker in want uit wat jy al op hierdie NG gesê het is
dit duidelik dat jy ook dink jy weet hoe hulle dink en voel.

hierdie arrogansie wat die
> apartheidsdenkrigting baseer het op die observasie van
> ongeskoolde mense wat nie dieselfde velkleur gehad het nie,
> wat gelei het tot die ineenstorting van die hele ou kaboedel
> op die einde, tot die detriment van hulle Afrikaanse nasate
> wat nou met die gebakte pere sit. Ek herinner jou daaraan
> dat Afrikaners tot hulle verbasing gevind het dat toe die
> nie-blanke middelklas begin huise koop in dele van Johannes-
> burg se laermiddelklas-gebiede, die pryse van huise opgegaan
> het en dit meer class gekry het. Ek herinner jou daaraan
> dat so n Afrikanervrou die alarm gegee het toe Chris Hani
> in haar buurt doodgeskiet is. (Retha Harms, as ek haar naam
> reg onthou.)

Ek kry so die gevoel dat dit 'n ou wrewel is wat jy het, wat maak dat
jy so tekere gaan. Dit help nie om die haat in mens rond te dra nie. Mens
moet maar vergewe en vergeet.

> Wat die mense betref wat glo konserwatief was, en
> gedink het om na Orania te trek, en wat klasse gegee het aan
> nie-blanke huishulp: Ek wonder of hierdie mense nie net
> diep Christene was nie , wat besef het dat die basis waarop die
> hele sisteem in SA gebou is (wit geld en mag gebaseer op die
> werk van die nie-blanke) uit die bose was en daarvan wou
> wegkom.

Wat hulle gedink het sal ek nou nie verseker weet nie. Hulle is inderdaad
"diep Christene". Ek het die vrou op die ou ent voorgestel as ouderling. (Sy
was die eerste vroue ouderling in daardie gemeente.)

Ek het respek vir die mense wat bereid is om vir
> hulle self te werk, en hulle eie toekoms te determineer. So
> respekteer ons hier in Kanada die Mennoniete, mense wat nie
> net hulle eie werk doen nie, maar ook aan die voorpunt is van
> Kanadese pogings om mense van die derde wjreld te help.

Op watter manier probeer die Mennoniete die derde wêreld help?

Ek het 'n broertjie dood aan mense van die westerse wêreld wat
dink hulle help die derde wêreld en dan op die ou ent foeter hulle
die sake meer deurmekaar as wat dit was.

Stef
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10136 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 7/31/97 1:48AM, in message ,
ro...@physics.utoronto.ca wrote:

> Ek sien konserwatisme en liberalisme as twee elemente wat enige gesonde
> kultuur moet besit. Die twee elemente moet in balans wees. /snip

Stef, ek stem saam met jou. Die teenoorgesteldes móét absoluut daar wees, sodat
die mens kan leer om balans te hou (binne en buite homself). Die
konserwatiewes om hierdie ng, byvoorbeeld, dien dalk 'n groot guns aan mense
soos Gloudina. Hulle is die regterkantste pillaar, terwyl die Kanadese dalk
die linkerkanste een is, en Gloudina kry dit op die manier reg om gemaklik
middel deur die pilare te kan loop, en 'n balans te kan handhaaf.

Is mense soos sy dus liberaal of konserwatief. Vir Kanada is sy miskien hoogs
polities korrek , dus konserwatief - omdat sy nie sou waag om met die algemene
uitsig te stry nie, maar hier doen sy haar as ultra-liberaal voor, omdat sy die
brandende Freedom Fighter wil wees. Iemand moet dalk vir haar sê daar is nie
meer 'n Cause nie, dat dit verby is; en indien daar 'n nuwe "Cause" sal wees om
voor te veg sal dit vir die Afrikaner nasie wees, waarin sy my nie wil
aksepteer nie, alhoewel die stryd vir Afrikanerdom baie naby my hart is.
"Forget the Rhino, Save the White Ou".

As sy regtig so sterk gevoel het teen wat die regsgesinde mense dink of voel,
sou sy mos lankal opgehou het om hier deel te neem. Ek self het amper al van
hierdie groep afskeid geneem, omdat haar hooghandigheid en onegtheid (?) my
omgekrap het, maar dankie tog vir die ander, wat veroorsaak het dat ek nog 'n
rukkie bly en saamgesels.

Groete,
Vira.
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10137 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
At

Baie dankie vir jou positiewe kommentaar.

> Stef, as jy kommentaar vra, moet jy spesifiseer waaroor
> dit gaan. Doen jy dit nie, nooi jy die mense met haelgewere
> uit om los te trek vanuit enige hoek op enigiets wat jy geskryf
> het. Hulle gee nie om dat hulle die prooi se vel verniel in hulle
> poging om die doodskoot te gee waar hulle dink die hart is.

Jy is reg. Ek is nog maar 'n groentjie wat nuusgroep-boodskap-skryf
betref. Ek het lank net gelees sonder om veel te skryf (soos mens
aanbeveel word om te doen). Maar nogsteeds sal ek maar mettertyd
moet agterkom hoe om "kommentaar te vra".

Ek is nou egter bekommerd dat daar nou bietjie teveel gelees word
in die twee sinnetjies wat ek maar sommer as 'n nagedagte bygevoeg het.
Ek wonder nou al wat my Pa sal dink as hy weet dat ek hom sommer so
ongeerg hier aangehaal het. Miskien moet ek nou maar self eienaar staan
vir wat ek daar geskryf het, en dan probeer om die saak beter te beskryf.

Ek het myself tot redelik onlang as polities liberaal beskou. Tog het ek in
die tyd wat ek Suid Afrika gewoon het dinge gesien wat my skepties laat
staan het oor mense wat *te* liberaal is. So is daar byvoorbeeld die
verskillende voorbeelde van mense wat na Suid Afrika toe immigreer met die
vooropgestelde idee om vir die klomp 'rassiste' in Suid Afrika te wys hoe mense
die swartmense met liefde moet behandel. En dan so 6 maande later is hulle baie
meer rassisties as enige ander persoon in Suid Afrika.

Daarteenoor is die regse mense wat nou so beskuldig word, tog geneig om swart
mense met respek te behandel. Hiervan het ek eerste handse kennis. Dit laat my
amper skaam kry omdat my liberale gesindheid dalk eerder uit onkunde gevorm
was. Ek het nooit so direk met swartes te doen gehad soos hierdie mense nie.

Nou beskou ek myself dalk weer as meer konserwatief -- veral in vergelyking
met die Kanadese wat hier in die middestad van Toronto bly. Maar ek
verstaan die term konserwatief nou ook op 'n ander manier. Vir my beteken dit
letterlik om die kultuur te bewaar -- "to conserve the culture". As ek so na die
boodskappe kyk wat die afgelope tyd hier op die nuusgroep verskyn het dan sou
ek sê dat daar meer mense is wat so voel.

Dit strek vir my nou ook verder as net die bewaar van die Afrikaanse kultuur,
maar ook die bewaring van alle Afrika kulture. In hierdie opsig is die huidige
denkwyse van die westerse wêreld -- en veral die hier in Noord Amerika -- 'n
bedreiging. Hulle is vas oortuig dat hulle eie manier van leef die beste is en
daarom wil hulle dit in almal se kele afdruk. Hulle gebruik hul politiek mag
om ander kulture dood te druk. Dit is vir my baie verkeerd. In hierdie opsig wil ek
vir Gloudina kritiseer wat dit lyk vir my asof sy die huidige Westernse denkwyse
aanhang. Ek mag verkeerd wees.

Om nou terug te kom na die twee sinnetjies wat ek aan die einde van my eerste
boodskap geskryf het. Ek dink wat belangrik is, is dat mens kennis moet he^ van
die ander kulture. Daarom het diegene wat direk met swartes werk dalk meer
gesag oor die saak. Dit sou help as mens die tale kan praat, maar as mens so sleg
met tale is as wat ek is dan kan dit dalk nogsteeds help as mens net oor die
algemeen weet wat die basiese denkwyse van ander kulture is.

Stef
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10138 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Dit is juis die Godskeiende hubris van Gloatina se vermakerigheid

Leendert, dis so jammer dat jy die soms baie goeie analise
en inligting in jou poste bederf deur die katterigheid wat ek
nou al geleer het om van jou te verwag. Dis eintlik nie iets
wat 'n mens teveel by die deursnee Afrikanerman kry nie. Hy
sal wel baie duidelik en helder sê wat hy dink, maar hy is byna
altyd nie kleinlik nie. Ek dink jy moet 'n blaadjie uit At de
Lange se boek gaan skeur.
En baie van jou "posisies" en argumente is eintlik darem
nou baie uit die ou doos. Natuurlik is mense verskillend, en
is daar diep en intense verskille tussen kulture. Wie sal dit
nou betwis? Maar die menslikheid waarmee hierdie verskille
behandel word, is wat saak maak. Dis eers wanneer die ou
Zulu sosiale werkster my as Afrikaner ten volle vertrou en
"liefhet" dat sy vry voel om vir my te begin verduidelik dat
in my kultuur belangrike mense eerste deur die deur gaan,
en dat die omgekeerde in haar kultuur waar is.
In alle geval, ek sien uit na jou opinies. Los maar net die
giftigheid 'n bietjie uit. En as jy daaraan verslaaf is, sien 'n
psigiater. Maar darem nou eers nadat jy daaroor gebid het.
Terloops, is jou verwysing na die Japannese fraseboekie 'n
verwysing na die feit dat my man Japannees leer? Hoe het
hy in die argument beland?

Gloudina
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10139 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 31 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 7/31/97 1:48AM, in message ,
ro...@physics.utoronto.ca wrote:

> Ek sien konserwatisme en liberalisme as twee elemente wat enige gesonde
> kultuur moet besit. Die twee elemente moet in balans wees. /snip

Stef, ek stem saam met jou. Die teenoorgesteldes móét absoluut daar wees, sodat
die mens kan leer om balans te hou (binne en buite homself). Die
konserwatiewes om hierdie ng, byvoorbeeld, dien dalk 'n groot guns aan mense
soos Gloudina. Hulle is die regterkantste pillaar, terwyl die Kanadese dalk
die linkerkanste een is, en Gloudina kry dit op die manier reg om gemaklik
middel deur die pilare te kan loop, en 'n balans te kan handhaaf.

As sy regtig so sterk gevoel het teen wat die regsgesinde mense dink of voel,
sou sy mos lankal opgehou het om hier deel te neem. Ek self het amper al van
hierdie groep afskeid geneem, omdat haar hooghandigheid en onegtheid (?) my
omgekrap het, maar dankie tog vir die ander, wat veroorsaak het dat ek nog 'n
rukkie bly en saamgesels.

Groete,
Vira.
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10146 is 'n antwoord op boodskap #10073] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
billy  is tans af-lyn  billy
Boodskappe: 3
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Glaudina maar jy is kwaai vir n Bouwer??

@igs.net wrote in article ...
| a@b.c (Wen) writes: > In article ,
wrote:
|
| > Aldus Gloudina wat selfs weet wat in die Zoeloekoning so kop aangaan.
| >
|
|
|
| Ek twyfel of jy enigsins meer insig het oor wat
| aangaan in die gevoelens en berekenings van die
| koning van Zulu-land as ek. Wat wel heeltemal
| duidelik is, is dat jy nog behoort aan daardie groep
| van (meestal Afrikaanse) mense wat hoop om die
| situasie in KwaZulu-Natal vir hulle eie politieke
| gewin te gebruik. (Is hierdie soort doen en denke
| nie nou effens passê nie?) Gelukkig is die sake van
| die Zulus nou in hulle eie hande, en enigiemand
| buite daardie groep wat hulle wil manipuleer, sal
| al hoe meer en meer irrelevant word. Dis 'n baie
| ingewikkelde situasie, maar ek is seker dat hulle
| hul sake oor die volgende dekades sal orden soos
| dit hulle pas.
|
| Gloudina Bouwer
|
|
|
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10147 is 'n antwoord op boodskap #10132] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
AM de Lange skryf

> Jy skryf dat dit noodwendig so moet wees dat die ouer lede
> van die kultuur meer konserwatief moet wees. As ek nou
> kwade of self net eenvoudige bedoelings gehad het. kon ek
> jou lekker afgeskiet het. Jy het 'n afleiding gemaak sonder
> om jou gronde vir ons te vertel. As ek wou, kon ek hierdie
> optrede as arrogant of selfs as 'n sameswering beskou. Verbeel
> jou, om nie vir ons die gronde vir jou afleiding te vertel nie.

> Maar eintlik kan jy nie omdat dit eintlik stomkunde is. Die
> gronde vir jou afleiding is iets wat jy weet, maar nog nie
> voorheen deur jou of iemand anders geartikuleer is nie.
>
> Kom ek probeer hierdie stomkunde in woorde indruk. Jy
> weet dat ten opsigte van jou eie kreatiewe ervarings dat
> jou liberale momente jou konserwatiewe momente in die tyd
> vooraf gaan. Met ander woorde, toe die konserwatiewe fase
> die liberale fase in 'n bepaalde skeppende ervaring opgevolg
> het, was jy reeds ouer. Dis hoekom jy dit probeer verwoord
> het deur van konserwatiewe ouer mense en liberale jonger
> mense gepraat het. Jy het die volgorde van liberaal en
> konserwatief stomkundig vertolk in terme van jou ouderdom.
> Daarna, om te kan ontluik uit jou stomkunde, het jy dit toe
> vir ons verwoord in terme van die ouderdomme van ander
> mense.

As ek jou nou reg verstaan, verskil jy van my oor my opmerking dat
konserwatiewe mense geneig is om ouer te wees as liberale mense.
Maar jy doen dit op 'n mooi manier deur dan te sê dat ek dit uit my
eie persoonlike ervaring sien.

Wel, At, ek waardeer dit dat jy so versigtig is. Maar ek sal as motivering
(wat ek onwetend as vanselfsprekend aanvaar het) aanvoer dat ek dit
nie net by myself gesien het nie maar oor die algemeen in my omgang met
mense so ervaar het. Daarmee sê ek nie dat dit 'n harde ree"l is nie (ek
hoop nie ek het dit op enige stadium so rigied gestel nie). Miskien is jy nie
gelukkig met hierdie opmerking nie omdat dit jou in 'n sekere kategorie plaas
waar jy nie wil wees nie. Wel ek wil op geen manier enige kategorisering op
enigiemand afdwing nie.

> In my voorgenome boek praat ek eerder van X (liberale moment)
> as die rewolusionere fase en Y (konserwatiewe moment) as
> die evolusionere fase. Ek het letterlik maande geworstel om
> twee woorde te vind wat die twee dinge die beste sou weergee
> vir die meeste mense sonder om narcisties te wees.

Hier wil ek van jou verskil. Vir my beteken die terme konserwatief en
liberaal heeltemal iets anders as rewolusione^r en evolusione^r.
Die eerste twee terme maak volgens my geen onderskeid tussen reg
en verkeerd nie. (Miskien moet ek weer klem daarop le^ dat ek
konserwatief sien as die bewaring van kultuur.) Daarteenoor voel
ek baie sterk dat revolusie suiwer afbrekend van aard is. (Laat ek
nou vinng byvoeg dat ek hier bedoel 'n politieke revolusie en nie
byvoorbeeld wat genoem word 'n tegnologiese revolusie nie.) In 'n
revolusie word gepoog om 'n bestaande struktuur totaal te vervang
met 'n nuwe struktuur. Aangesien bestaande stukture gewoonlik oor
'n lang tyd en met baie pyn tot sy huidige vorm ontwikkeld het is dit
baie moeilik om dit met 'n nuwe struktuur te vervang wat net so
suksesvol sal wees.

Indien 'n gemeenskap voel dat daar fout is met 'n bestaande struktuur
moet dit leiwer deur evolusione^re veranderinge verander word. In die
proses word die elemente van die ou struktuur wat met soveel pyn
totstand gebring is, in plek gehou en net die dele van die struktuur wat
ongewens is word verander. Sodoende kan veranderings wat in die
praktyk nie werk nie weer terug verander word. Baie idees lyk goed
en mooi voor die tyd maar wanneer dit uitgevoer word is dit onsuksesvol.

Jy praat van fasicme en ander goed. Daar is ook nog Orwellianisme (sp?)
wat verwys na die goed waarteen George Orwell (sp?) ons in sy boek
"1984" waarsku. Een van daardie goed is "newspeak". Dis wanneer
terme deur ander terme vervang word sodat dit nie meer so
onaanvaarbaar klink nie. Miskien het die terme konserwatief en liberaal
soveel negatiewe konnetasies opgetel dat mens die terme liewer sou
wou vermy, maar my gevoel is dat mens nie effektief kommunikeer as
mens nie 'n ding noem wat dit is nie.

Nou het ek ook al baie gepraat en waarskynlik in genoeg slaggate
getrap dat ek baie reaksie gaan kry :-).

> Ek dink dat beide liberalisme en konserwatisme in elke mens
> aanwesig moet wees.

Ek sou met die stelling saamgestem het as dit net nie vir die
woordjie "moet" in die sin is nie. Dit is so dat mense nie die
samelewing presies in twee kampe moet jaag: een wat konserwatief
en een wat liberaal is nie. (As dit is hoe ek myself van tevore
uitgedruk het dan het ek myself sleg uitgedruk.) Die mense in 'n
gemeenskap is eerder op 'n bree spektrum waar die eenkant die
liberale element voorstel en die ander kant die konserwatiewe lement.
Die middel deel (waar mense beide konserwatief en liberaal is) van die
spektrum sal soos met enige normaal verspreiding die meeste mense
bevat. Verder is mense nie noodwendig staties op hierdie spektrum nie,
maar hulle beweeg stadig rond soos hulle oortuigings mettertyd aangepas
word. Tog kan mens nie sê dat almal in die middel van die spektrum sit
en nog verder sê dat dit so moet wees nie. Dit sou 'n ontkenning wees
van hierdie mensdom funksioneer. (Hier maak ek nou al weer stellings
wat ek nie motiveer nie, maar my tyd is op en ek wil nog van die
ander boodskappe op die nuusgroep ook lees. Ek sal miskien in 'n ander
boodskap hierdie stellings probeer motiveer.)

Stef
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10148 is 'n antwoord op boodskap #10073] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> Terloops, is jou verwysing na die Japannese fraseboekie 'n
> verwysing na die feit dat my man Japannees leer?

Nee, ou kruidjie-roer-my-nie. Dit verwys na jou houding t.o.v. die feit dat
'n ex-Suid-Afrikaanse Kanadees sy immervrye keuse uitoefen om Japannees te
leer.

> Hoe het
> hy in die argument beland?

Jy het hom opgehaal. Maar hy is nie ter sprake in die argument nie. Jou
vooroordele (gegrond op oënskynlik grenslose onkunde) is wel. Jou
skoolmeisie-agtige naiwiteit wat jy met soveel skoolmeesteragtige bombasme
verkondig.

Leendert
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10149 is 'n antwoord op boodskap #10073] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article , wrote:

> a@b.c (Wen) writes: > In article ,
wrote:
>
>> Aldus Gloudina wat selfs weet wat in die Zoeloekoning so kop aangaan.
>>
>
> Ek twyfel of jy enigsins meer insig het oor wat
> aangaan in die gevoelens en berekenings van die
> koning van Zulu-land as ek.

Dis nie ek wat laat blyk het dat ek weet wat hy dink nie. Dit was jy.
Volgens jou eie oordeel is jy dus 'n arrogante Afrikaner.

> Wat wel heeltemal
> duidelik is, is dat jy nog behoort aan daardie groep
> van (meestal Afrikaanse) mense wat hoop om die
> situasie in KwaZulu-Natal vir hulle eie politieke
> gewin te gebruik. (Is hierdie soort doen en denke
> nie nou effens passê nie?)

Hoe so? Wat doen ek om die situasie vir my eie politieke gewin te gebruik?
Verduidelik asseblief. Ek is nie 'n politikus nie en politieke gewin was nog
nooit op my agenda nie. Ek sien wel hoe politici mense, swart en wit, en ook
situasies uitbuit vir politieke gewin en dit walg my. Dit is altyd die gewone
mense wat hieronder ly. Ek het reeds geskryf dat ek nie 'n IVP-ondersteuner is
nie. As enigiemand my vandag sou vra watter party ek ondersteun sou ek
inderwaarheid nie 'n eerlike antwoord kon gee nie want ek weet nie.

Anders as jy het ek elke dag omgang met Zoeloemense. Dit sluit mense van alle
politiese skakerings en vlakke van geskooldheid in. Ek praat hulle taal. Ek
weet nie hoe hulle dink nie - hulle verbaas my nog steeds elke dag. Ek het die
geleentheid om individuele Zoeloemense daagliks te ondersteun en te help met
dinge wat tel. Kan jy dieselfde sê?

Terloops, die mense wat die situasie in KZN wil uitbuit vir politieke gewin is
meestal swart - nie wit nie en ook nie Afrikaans nie.

> Gelukkig is die sake van
> die Zulus nou in hulle eie hande, en enigiemand
> buite daardie groep wat hulle wil manipuleer, sal
> al hoe meer en meer irrelevant word. Dis 'n baie
> ingewikkelde situasie, maar ek is seker dat hulle
> hul sake oor die volgende dekades sal orden soos
> dit hulle pas.

Hier maak jy 'n groot fout. Hulle sake is NIE in hulle eie hande nie. Dit is
in die hande van 'n ANC-regering wat alles in hulle vermoë doen om die
Zoeloenasie met sy kultuur en alles wat daarmee saamgaan te verpletter. Ek kan
jou nie verkwalik dat jy dit nie weet nie. Jy sit oorsee. Jy kan nie Zoeloe
praat nie. Jy weet dus byna niks. Wat ek jou wel verkwalik is dat jy jou soos
iemand gedra wat baie weet, maar wat telkens jou onkunde wys en nooit erken
dat jy net MISKIEN verkeerd kan wees nie.

Arme blinde Gloudina daar in die verte. Ek kry jou jammer.
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10150 is 'n antwoord op boodskap #10073] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> En baie van jou "posisies" en argumente is eintlik darem
> nou baie uit die ou doos. Natuurlik is mense verskillend, en
> is daar diep en intense verskille tussen kulture. Wie sal dit
> nou betwis? Maar die menslikheid waarmee hierdie verskille
> behandel word, is wat saak maak. Dis eers wanneer die ou
> Zulu sosiale werkster my as Afrikaner ten volle vertrou en
> "liefhet" dat sy vry voel om vir my te begin verduidelik dat
> in my kultuur belangrike mense eerste deur die deur gaan,
> en dat die omgekeerde in haar kultuur waar is.

Sweetheart, jy is heeltemal reg. "Kultuurverskille" soos wie stap eerste by
'n hysbak in en wie sê eerste "Dumelang" is inderdaad uit die oude doos.
Dit is die soort "niceties" wat Waterkloof se diplomatieke teeklub in die
sestigs ge-ammuseer het.

Kulturele/religieuse issues wat die Themba Sono's en die Van Niekerks besig
hou is dinge soos:

Waarom word tientalle "hekse" jaarliks verbrand?
Waarom loop 'n Afrika-intellektueel die wesenlike gevaar om as 'n heks
verbrand te word?
Waarom sou invloedryke en "ontwikkelde" mense herhaaldelik in een forum die
teenoorgestelde standpunt steun as die een wat hulle herhaaldelik in 'n
ander verkondig?
Waarom is daar vyfmaal soveel sangoma's in die land as mediese dokters en
waarom verdien hulle saam veel meer as die mediese beroep?
Waarom word tientalle kinders jaarliks vermoor vir medisenale doeleindes?
Hoe gebeur dit dat 'n wit polisieman wat by 'n lykshuis werk sy dobbelgeld
kan maak deur menslike harte en testes vir medisenale doeleindes te
verkoop?
Waarom kook sestig persent van die gesinne in Mamelodi op 'n oop vlam, al
staan daar 'n elektriese stoof in die huis en al kos die krag nie 'n sent
nie weens betalingsboikotte? (Sasol belê honderdduisende in 'n
navorsingsprojek om 'n rooklose brandstof te ontwikkel wat kultureel
aanvaarbaar is).
Waarom sou brandarm plattelandse gesinne 60% van hul inkomste bestee om
brandhout te koop maar weier om 'n gratis sonstoof te gebruik?
Waarom sou 'n arm gesin hul laaste besittings verkoop en die kinders se
studiegeld gebruik om 'n eikehoutdoodskis met koperbeslag vir Oupa se
begrafnis te koop?
Waarom sou 'n leerling, wat nog net een vak nodig het om matriek te slaag,
inskryf vir vyf vakke om te verseker dat hy sy doel bereik?
Waarom sou 'n oorwerkte boervrou verkies om haar groenteland met leivore te
besproei eerder as om die outomatiese sprinkelbesproeiingstelsel aan te
skakel?

Waarom sou die draagkrag van 'n landstreek soos Venda, wat vir duisende
jare 'n hoë, stabiele bevolking onderhou het, onder die invloed van
"missionaries" en Westerse tegnologie en landboumetodes en 'n laer
bevolking binne vyftig jaar verval sodat die mense kos en brandhout moet
invoer en die riviere vir die eerste maal in die geskiedenis ophou loop?
Waarom sou 'n stabiele nomadebevolking begin uitsterf as Westerse
"aid"-organisasies vir hulle boorgate installeer?
Waarom sou vroue wat vir eeue lank ure per dag moes loop om water te dra
/en masse/ ernstige sielkundige probleme ontwikkel, hul huishoudings en
landerye verwaarloos, hul kinders begin mishandel binne weke nadat "aid" -
organisasies water in 'n dorpie aangelê het?

Gloudina, jou hovaardige pedanterie is meer as pateties - dis pervers.
Ek herhaal. Opinies gegrond op die glitzy kolomme van De Kat is erger as
nutteloos - hulle is gevaarlik.

Leendert
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10151 is 'n antwoord op boodskap #10073] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> Leendert, dis so jammer dat jy die soms baie goeie analise
> en inligting in jou poste bederf deur die katterigheid wat ek
> nou al geleer het om van jou te verwag. Dis eintlik nie iets
> wat 'n mens teveel by die deursnee Afrikanerman kry nie. Hy
> sal wel baie duidelik en helder sê wat hy dink, maar hy is byna
> altyd nie kleinlik nie. Ek dink jy moet 'n blaadjie uit At de
> Lange se boek gaan skeur.

Gloudina,

Eintlik moet jy my en Leendert (en al die ander) nooit teen mekaar
opweeg nie. In ieder geval, daar is 'n spreekwoord wat raad gee
waarna ons moet kyk - die kop of die krop.

Dit wat ek skryf en dit wat ek dink is twee verskillende dinge! As
maar weet hoeveel keer ek jou in my gedagtes beswets het. Jy
maak mense seer en siek terwyl ons eintlik mekaar moet genees.
Leendert is 'n snydokter wat van bloed en derms hou. Sy
"katterigheid" met jou is niks anders as dodelike akkurate snywerk
nie. En as ek hom reg bekyk, doen hy dit nie vir geld en status
nie.

Leendert wil die hubris uit jou sny. Hubris is soos kanker, net
geestelik. In gevalle waar die kanker nie versprei het nie, werk
die snywerk. Ek het self my dae van snywerk gehad. Ek het selfs
my tydperk gehad om mense met verspreide hubris chemoterapeties
te probeer help. Nou is ek maar net besig om die skynbaar hopelose
gevalle te probeer bystaan. Koos is reg - dis hoekom hy my as
'n Swami probeer afkraak het.

Aan een ding glo ek vas - die dae vir wonderwerke is nie verby nie.
Maar 'n ander ding weet ek ook - meeste wonderwerke kom eers
nadat egtheid deur bepoewing verkry is. Wat is die belangrikste -
die egtheid of die wonderwerk? Natuurlik die egtheid.

En tog skryf ek alles hierbo met gemengde gevoelens. Ek wil he
dat jy van jou hubris genees moet word. Maar jou hubris was tot
dusver vir ons 'n baie goeie ding. Dit het die mense skeppend laat
skryf. Jou hubris skep entropie wat tot chaos lei. Jou hubris is so
groot dat dit die chaos tot versadiging dryf. Gevolglik moet die chaos
oorgaan in orde. Soms lei dit tot ontluikings en soms tot verval.
Maar die punt is - uiteindelik is daar iets besig om te gebeur.
Die Afrikaner is besig om uit die doodse slaap van ewewig te ontsnap.

Belowe my een ding - as jou van jou hubris genees is - kyk of daar
nog iemand is soos jy was. Indien nie, sal jy met 'n groot toneelspel
moet begin. Dan sal jy moet maak of jy hubris het. Jy sal dit so goed
moet doen soos dit nou die geval is. Eintlik sal jy dit nog beter moet
doen, want die fyngevoelige sal deur jou spel kan sien. Wie van ons
is eintlik nie akteurs nie? Wie van ons speel die lewe opreg?

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10152 is 'n antwoord op boodskap #10073] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> Dit is juis die Godskeiende hubris van Gloatina se vermakerigheid
>
>
>
>
> Leendert, dis so jammer dat jy die soms baie goeie analise
> en inligting in jou poste bederf deur die katterigheid wat ek
> nou al geleer het om van jou te verwag. Dis eintlik nie iets
> wat 'n mens teveel by die deursnee Afrikanerman kry nie. Hy
> sal wel baie duidelik en helder sê wat hy dink, maar hy is byna
> altyd nie kleinlik nie. Ek dink jy moet 'n blaadjie uit At de
> Lange se boek gaan skeur.

Gloudina,

Vir een wat arbitrêr kan gifspuit soos wat jy kan - jou smerige laster oor
die Heynsmoord is maar een voorbeeld - is sedeprekies oor manmoedigheid 'n
bietjie dwaas, sou ek reken.

Dit is natuurlik nie die eerste maal dat jy jou eie kleinlikheid probeer
verberg deur 'n virtuele Bobbit-triek te probeer uithaal nie.

Leendert
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10153 is 'n antwoord op boodskap #10073] Vr, 01 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article
...
>
> Is mense soos sy dus liberaal of konserwatief. Vir Kanada is sy miskien hoogs
> polities korrek , dus konserwatief - omdat sy nie sou waag om met die algemene
> uitsig te stry nie, maar hier doen sy haar as ultra-liberaal voor, omdat sy die
> brandende Freedom Fighter wil wees. Iemand moet dalk vir haar sê daar is nie
> meer 'n Cause nie, dat dit verby is; en indien daar 'n nuwe "Cause" sal wees om
> voor te veg sal dit vir die Afrikaner nasie wees, waarin sy my nie wil
> aksepteer nie, alhoewel die stryd vir Afrikanerdom baie naby my hart is.

> "Forget the Rhino, Save the White Ou".

Weet jy, Vira,

Dis nie net die Afrikaner wat "bedreig" word nie. Elkeen is bekommerd wat
weet dat ons kulturele diversiteit net so nodig het soos ekologiese
diversiteit as ons in die langtermyn wil oorleef - elkeen wat erken dat die
San, die Venda, die Tsonga en al die ander oplossings het/gehad het/mag hê
vir probleme waarmee die allesverterende Noord-Amerikaanse samelewings
raadop is.

Elkeen, insluitende die luisteraars van die voormalige Radio South Africa,
is bekommerd wat sien hoe 'n vulgêr-Engels, met 800 woorde in sy
woordeskat, die omgangstaal van die land gemaak word - die taal waarin die
geskiedenis van die land vertel en sy toekoms beredeneer word - 'n taal
waarin woorde soos "apartheid", "struggle" en "rights" knoppies word wat
demagoë druk om die toepaslike emosies by die stemvee in werking te stel.

Elkeen wat sien hoe die Coca-Colakultuur verkondig word as die "common
culture" van die nasie, met JR Ewing as sy profeet, Antjie (Krog) Samuels
as sy "reisende veldprediker" (erkenning aan Piet Muller) en 'n rasende
materialisme as sy liturgie. Wat opmerk hoe dieselfde grypsug,
verbruikswaansin, oneerlikheid en vlakkop alwetendheid vreet aan die
wortels van die Seders van Bryntirion wat gelei het tot die val van die
Seders van Waterkloof (of tot hul emigrasie na Kanada).

"Common" is waaragtig die regte woord vir die "culture" van die NSA!

Vira, jy praat van vliegtuie vol Jode na Tel Aviv as daar probleme in
Israel is. Deesdae moet jy probeer om 'n buitelandse besoeker af te sien in
die internasionale vertreksaal van "Johannesburg International Airport"
(voorheen Jan Smuts) op 'n vlug na New York. Jy kan nie jou pad kry tussen
die middeljarige Kugels van Sandton deur wat emigrante met rooigehuilde oë
afsien nie. Die Jode het nog altyd geweet wanneer dit nodig is om verder te
swerf. Hulle weet wanneer om op skepe, vliegtuie en skotskarre te klim en
waarheen. Die wat hierin fouteer het se gene het verdwyn uit die bloedlyn
uit, soos in Spanje, Duitsland, Pole, Rusland en Ethiopië.

Anders as ons alwetende profetes uit Kanada wat die keuses van haar jeug
uit die kolomme van De Kitsch verantwoord en op hierdie NG probeer verwerk
weet die Kugels dat "kultuur" veel meer behels as die rangorde waarvolgens
mense mekaar groet.

Groete, Leendert
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10162 is 'n antwoord op boodskap #10073] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
vi...@iafrica.com (V) writes: > On 7/31/97 1:48AM, in message ,
> ro...@physics.utoronto.ca wrote:
>
>> Ek sien konserwatisme en liberalisme as twee elemente wat enige gesonde
>> kultuur moet besit. Die twee elemente moet in balans wees. /snip
>
> Stef, ek stem saam met jou. Die teenoorgesteldes móét absoluut daar wees, sodat
> die mens kan leer om balans te hou (binne en buite homself). Die
> konserwatiewes om hierdie ng, byvoorbeeld, dien dalk 'n groot guns aan mense
> soos Gloudina. Hulle is die regterkantste pillaar, terwyl die Kanadese dalk
> die linkerkanste een is, en Gloudina kry dit op die manier reg om gemaklik
> middel deur die pilare te kan loop, en 'n balans te kan handhaaf.
>
> Is mense soos sy dus liberaal of konserwatief. Vir Kanada is sy miskien hoogs
> polities korrek , dus konserwatief - omdat sy nie sou waag om met die algemene
> uitsig te stry nie, maar hier doen sy haar as ultra-liberaal voor, omdat sy die
> brandende Freedom Fighter wil wees. Iemand moet dalk vir haar sê daar is nie
> meer 'n Cause nie, dat dit verby is; en indien daar 'n nuwe "Cause" sal wees om
> voor te veg sal dit vir die Afrikaner nasie wees, waarin sy my nie wil
> aksepteer nie, alhoewel die stryd vir Afrikanerdom baie naby my hart is.
> "Forget the Rhino, Save the White Ou".
>
> As sy regtig so sterk gevoel het teen wat die regsgesinde mense dink of voel,
> sou sy mos lankal opgehou het om hier deel te neem. Ek self het amper al van
> hierdie groep afskeid geneem, omdat haar hooghandigheid en onegtheid (?) my
> omgekrap het, maar dankie tog vir die ander, wat veroorsaak het dat ek nog 'n
> rukkie bly en saamgesels.
>
> Groete,
> Vira.
>

En wie is dit wat he, he , he gelag het en van my
dun minusmond gepraat het. Ek dink dat jy moet saam-
stem dat om sulke dinge op die nuusgroep te sê,
ongehoord onbeskof is. Onthou maar net dat ek net
soveel reg het op hierdie nuusgroep as jy. Die nuus-
groep is in die eerste plek nie in SA gegrond nie,
en Afrikaners van oor die hele wereld het die reg
om op hierdie nuusgroep te praat.Ek wonder ook
hoekom ek aangeval word, terwyl Galjoen honderd
keer meer intens en agressief uitvaar teen
dieselfde dinge waaroor ek praat.
Gloudina
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10163 is 'n antwoord op boodskap #10073] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> En wie is dit wat he, he , he gelag het en van my
> dun minusmond gepraat het. Ek dink dat jy moet saam-
> stem dat om sulke dinge op die nuusgroep te sê,
> ongehoord onbeskof is. Onthou maar net dat ek net
> soveel reg het op hierdie nuusgroep as jy. Die nuus-
> groep is in die eerste plek nie in SA gegrond nie,
> en Afrikaners van oor die hele wereld het die reg
> om op hierdie nuusgroep te praat.Ek wonder ook
> hoekom ek aangeval word, terwyl Galjoen honderd
> keer meer intens en agressief uitvaar teen
> dieselfde dinge waaroor ek praat.
> Gloudina

Galjoen, Gloudina, het dit tot dusver vermy om ad hominem-aanvalle op ander
deelnemers van die nuusgroep te doen. Galjoen het, byvoorbeeld, nie ander
deelnemers by name beskuldig van persoonlike aandadigheid aan die grumoord
van die dekade nie. (Van ongehoord en onbeskof gepraat!!) Galjoen het ook
nog nie 'n kastreertang as retoriese wapen teen ander deelnemers begin
inspan nie.

En verder - enigeen van oor die wêreld het die reg om op hierdie nuusgroep
te praat - nie net Afrikaners nie.

Maar jy, Gloudina, _praat_ nie op hierdie nuusgroep nie. Jy laster. Jy
laster soos die Legio. Mag jy ook 'n varktrop invaar en oor 'n krans
verdwyn!

Leendert
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10164 is 'n antwoord op boodskap #10073] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
billy  is tans af-lyn  billy
Boodskappe: 3
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Stef, wat probeer jy nou eintlik se? Billy

ro...@physics.utoronto.ca wrote in article
...
|
| Ek het 'n broertjie dood aan mense van die westerse wêreld wat
| dink hulle help die derde wêreld en dan op die ou ent foeter hulle
| die sake meer deurmekaar as wat dit was.
|
| Stef
|
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10165 is 'n antwoord op boodskap #10073] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ro...@physics.utoronto.ca writes: > Gloudina skryf
>

> Hier sluit jy jouself seker in want uit wat jy al op hierdie NG gesê het is
> dit duidelik dat jy ook dink jy weet hoe hulle dink en voel.

Nee, jy is verkeerd. Ek is nie so arrogant om te dink dat
ek weet hoe hulle is of hoe hulle dink nie. Maar ek weet
dat hulle in die laaste analise net soos ek is, met die-
selfde begeertes en gevoelens. En dat respek al wat nodig
is. Nie "verstaan" aldag nie.

>
> Ek kry so die gevoel dat dit 'n ou wrewel is wat jy het, wat maak dat
> jy so tekere gaan. Dit help nie om die haat in mens rond te dra nie. Mens
> moet maar vergewe en vergeet.

Nee, die wrewel teen die mense wat die goeie naam van die
Afrikaner beswadder het sal nooit ophou nie.

> Op watter manier probeer die Mennoniete die derde wêreld help?
>
> Ek het 'n broertjie dood aan mense van die westerse wêreld wat
> dink hulle help die derde wêreld en dan op die ou ent foeter hulle
> die sake meer deurmekaar as wat dit was.
>
> Stef

As jy nog nie gehoor het van die Mennonite Central Committee
nie, dan is jy seker nog nie lank genoeg in die land nie, of nie
geinteresseerd nie. As jy so 'n broertjie dood het aan al die
mense wat hulle medemense wil probeer help, dan is daar seker
maar nie teveel salf aan jou te smeer nie. Weet altyd beter.

Gloudina
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10181 is 'n antwoord op boodskap #10073] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Aug 1997 10:28:32 GMT, "Leendert van Oostrum"
wrote:

die middeljarige Kugels van Sandton deur wat emigrante met rooigehuilde oë[/color]
> afsien nie.>>>

Was baie in daai vertreksaal en het dit nie gesien nie.

Moenie met populere beelde argumenteer nie. Dis swak.

By the way, hoekom waai jy nie?
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10182 is 'n antwoord op boodskap #10073] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> Leendert, dis so jammer dat jy die soms baie goeie analise
> en inligting in jou poste bederf deur die katterigheid wat ek
> nou al geleer het om van jou te verwag. Dis eintlik nie iets
> wat 'n mens teveel by die deursnee Afrikanerman kry nie. Hy
> sal wel baie duidelik en helder sê wat hy dink, maar hy is byna
> altyd nie kleinlik nie. Ek dink jy moet 'n blaadjie uit At de
> Lange se boek gaan skeur.

Liewe Gloudina,

Ek het net saam met broers groot geword. (My suster is gebore
en net daarna het ek die huis verlaat. Sjoe - dit klink sleg. Nee,
ek is toe universiteit toe.)

Maar het ek nie verlang om met susters te kon grootword nie.
Nou lyk dit vir my dit sou nie goed wees nie.

Nee wat, ek is glad nie heilig nie. Ek wil alleen maar in
liefdevolle harmonie met God, julle almal en al die ander
mense en die natuur leef. Ek soek die simfonie. Ek is
sat vir die kakafonie. Ek kan dit nie eenvoudiger stel nie.
Intussen raak ek stilweg bedonderd.

> In alle geval, ek sien uit na jou opinies. Los maar net die
> giftigheid 'n bietjie uit. En as jy daaraan verslaaf is, sien 'n
> psigiater. Maar darem nou eers nadat jy daaroor gebid het.
> Terloops, is jou verwysing na die Japannese fraseboekie 'n
> verwysing na die feit dat my man Japannees leer? Hoe het
> hy in die argument beland?

Sien julle dit nie raak nie. Elke stukkie "hubris" van Gloudina
se kant sal Leendert met "giftigheid" beantwoord. En elke
stukkie "giftigheid" van Leendert se kant sal Gloudina met
"hubris" beantwoord. In so 'n situasie sal albei nie kan
wen nie. (Of was ek nou self vol giftigheid en hubris?

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10183 is 'n antwoord op boodskap #10073] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Aug 1997 09:02:12 GMT, "Leendert van Oostrum"
wrote:

skoolmeisie-agtige naiwiteit wat jy met soveel skoolmeesteragtige bombasme[/color]
> verkondig.>>>

...en hier klas, het ons 'n sin vol outydse ritmes vervul met
beledigings en oordele, maar, helaas, sonder enige inhoud.....
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10184 is 'n antwoord op boodskap #10147] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
ro...@physics.utoronto.ca wrote in article
...

> As ek jou nou reg verstaan, verskil jy van my oor my opmerking dat
> konserwatiewe mense geneig is om ouer te wees as liberale mense.
> Maar jy doen dit op 'n mooi manier deur dan te sê dat ek dit uit my
> eie persoonlike ervaring sien.

Liewe Stef

Ek wil nie op 'n mooi manier van jou verskil
nie. Ek wil agter die kap van die byl kom.

Ek begryp wat jy skryf wanneer jy oor liberalisme
by jong mense en konserwatisme by ou mense
praat.

Jou en my ervarings het sekere dinge in gemeen terwyl
die res verskil. Gooi ons al die ander se ervarings
daarby, het ons voorwaar 'n bonte spul waaruit ons
sin "moet" probeer maak.

Die "moet" beteken dat dit essensieel aan menswees is
om sin aan ervarings te gee. Die feit dat ek die woord
"sin" gebruik het, is belangrik. Dit verwys na beide
"verstaan" en "gesprek".

> Wel, At, ek waardeer dit dat jy so versigtig is. Maar ek sal as motivering
> (wat ek onwetend as vanselfsprekend aanvaar het) aanvoer dat ek dit
> nie net by myself gesien het nie maar oor die algemeen in my omgang met
> mense so ervaar het. Daarmee sê ek nie dat dit 'n harde ree"l is nie (ek
> hoop nie ek het dit op enige stadium so rigied gestel nie). Miskien is jy nie
> gelukkig met hierdie opmerking nie omdat dit jou in 'n sekere kategorie plaas
> waar jy nie wil wees nie. Wel ek wil op geen manier enige kategorisering op
> enigiemand afdwing nie.

Nee jong, my siel het al baie van sy kleinserigheid
verloor. Terloops, een ding sien jy reg raak - ek wil
nie in iemand anders se poshokkie geplaas word nie.
Ek wil vry wees om die kompleksiteit van al die
poshokkies te begyp.

Jou sin "Wel ek wil op geen manier [xxx] op enigiemand
afdwing nie." gryp my aan. Ek het xxx gebruik om
daarmee enigiets denkbaar in te sluit. Daarmee laat
laat ek jou sin tot 'n uitgangspunt ontluik wat vir my
universeel waar is. Maar soos die Romeinse afgod
Janus kyk die sin na twee kante toe: die hemel en
die hel.

> Hier wil ek van jou verskil. Vir my beteken die terme konserwatief en
> liberaal heeltemal iets anders as rewolusione^r en evolusione^r.
> Die eerste twee terme maak volgens my geen onderskeid tussen reg
> en verkeerd nie. (Miskien moet ek weer klem daarop le^ dat ek
> konserwatief sien as die bewaring van kultuur.) Daarteenoor voel
> ek baie sterk dat revolusie suiwer afbrekend van aard is. (Laat ek
> nou vinng byvoeg dat ek hier bedoel 'n politieke revolusie en nie
> byvoorbeeld wat genoem word 'n tegnologiese revolusie nie.) In 'n
> revolusie word gepoog om 'n bestaande struktuur totaal te vervang
> met 'n nuwe struktuur. Aangesien bestaande stukture gewoonlik oor
> 'n lang tyd en met baie pyn tot sy huidige vorm ontwikkeld het is dit
> baie moeilik om dit met 'n nuwe struktuur te vervang wat net so
> suksesvol sal wees.

Ongelukkig het ek nie my bron byderhand nie.
Maar ek belowe dat ek vir jou en al die ander die
beginsels van die Franse Rewolusie sal vertaal en
vir ons NG sal intik. Ek twyfel of jy dan steeds sal
skryf "Daarteenoor voel ek baie sterk dat revolusie
suiwer afbrekend van aard is." Ek neem aan dat jy
(net soos ek) as fisikus opgelei is. Ons weet dat
een uitsondering op die reel eis dat die reel hersien
moet word. Vir my is die vind van 'n hersiene reel
wat die uitsondering insluit, altyd 'n rewolusie. Dit
vereis vrye denke - wat die liberalisme se uitgangpunt
is.

Wat jy skryf van "politieke" revolusie, is waar van die
Marxistiese rewolusie. Sou ons alle soorte rewolusies
bymekaar gooi, kry ons iets wat omtrent ooreenkom
met "Vir my is die vind van 'n hersiene reel wat die
uitsondering insluit, altyd 'n rewolusie".

> Indien 'n gemeenskap voel dat daar fout is met 'n bestaande struktuur
> moet dit leiwer deur evolusione^re veranderinge verander word. In die
> proses word die elemente van die ou struktuur wat met soveel pyn
> totstand gebring is, in plek gehou en net die dele van die struktuur wat
> ongewens is word verander. Sodoende kan veranderings wat in die
> praktyk nie werk nie weer terug verander word. Baie idees lyk goed
> en mooi voor die tyd maar wanneer dit uitgevoer word is dit onsuksesvol.

Ek stem met jou saam! Dog, wat jy sopas geskryf
het, noem ek rewolusie en jy noem dit evolusie. Meer
as drie honderd jaar gelede is dit hervorming genoem.
Meer as twee duisend jaar gelede is dit met iets benoem
wat ons tans in Afrikaans vertaal met bekering.

Wat duidelik is, is dat
1 verskillende woorde vir dieselfde stomkunde gebruik is
2 ons mekaar begin verstaan deur te praat.

> Jy praat van fasicme en ander goed. Daar is ook nog Orwellianisme (sp?)
> wat verwys na die goed waarteen George Orwell (sp?) ons in sy boek
> "1984" waarsku. Een van daardie goed is "newspeak". Dis wanneer
> terme deur ander terme vervang word sodat dit nie meer so
> onaanvaarbaar klink nie. Miskien het die terme konserwatief en liberaal
> soveel negatiewe konnetasies opgetel dat mens die terme liewer sou
> wou vermy, maar my gevoel is dat mens nie effektief kommunikeer as
> mens nie 'n ding noem wat dit is nie.

Ek stem saam. Ek nie 'n onderduimse herbenoeming
aanvaar nie. Net so min kan ek 'n domastrante
herbenoeming aanvaar. (Let wel - dis nie teen jou gemik
nie.) Maar wat ek die minste kaan aanvaar, is 'n
onderduimse of 'n domastrante tradisie. (Let wel - ook
dit is nie teen jou gemik nie.)

As ek steeds 'n tafel (gewoonlik 'n blad met vier bene
om dit te stut) 'n tafel noem, is dit nie 'n onderduimse
of domastrante tradisie nie. Maar as die een na die ander
been verdwyn om watter rede ookal, kan ek 'n blad met
twee bene nie meer 'n tafel noem nie. Die KUNS is om
te weet wanneer 'n naam nie meer geldig is nie.

Nou vir die grapslag. Die stukkie stomkunde wat ek
met die woord KUNS benoem het, kan ek nou ook
met twee woorde benoem: "ontluikde wete" [emergent
knowledge]. Hierdie ontluikde wete het "revolusioner"(ek),
evolusioner(jy), hervormd(...), bekerend(...) plaasgevind!

Ou Socrates het dit nogal mooi beskryf. Hy het gese
dat al wat hy will wees, is die vroedvrou ("midwife") van
hierdie ding wat ek 'n "ontluikde wete" noem. Ek wil ook
die vroedvrou daarvan wees. Maar ek wil ook een stappie
verder gaan - ek wil ook die kindermeid ("nanny") daarvan
wees. Dit is wat evolusie beteken het voor Charles
Darwin op die toneel gekom het. Die woord "evolueer" se
betekenis in Latyn (evolutus) is "ooprol". Eers het die
boekrol ontluik en daarna moer dit oopgerol word.

> Nou het ek ook al baie gepraat en waarskynlik in genoeg slaggate
> getrap dat ek baie reaksie gaan kry :-).

Ek sal bly wees as daar baie reaksie gaan wees.

> Ek sou met die stelling saamgestem het as dit net nie vir die
> woordjie "moet" in die sin is nie. Dit is so dat mense nie die
> samelewing presies in twee kampe moet jaag: een wat konserwatief
> en een wat liberaal is nie. (As dit is hoe ek myself van tevore
> uitgedruk het dan het ek myself sleg uitgedruk.) Die mense in 'n
> gemeenskap is eerder op 'n bree spektrum waar die eenkant die
> liberale element voorstel en die ander kant die konserwatiewe lement.
> Die middel deel (waar mense beide konserwatief en liberaal is) van die
> spektrum sal soos met enige normaal verspreiding die meeste mense
> bevat. Verder is mense nie noodwendig staties op hierdie spektrum nie,
> maar hulle beweeg stadig rond soos hulle oortuigings mettertyd aangepas
> word. Tog kan mens nie sê dat almal in die middel van die spektrum sit
> en nog verder sê dat dit so moet wees nie. Dit sou 'n ontkenning wees
> van hierdie mensdom funksioneer. (Hier maak ek nou al weer stellings
> wat ek nie motiveer nie, maar my tyd is op en ek wil nog van die
> ander boodskappe op die nuusgroep ook lees. Ek sal miskien in 'n ander
> boodskap hierdie stellings probeer motiveer.)

Ek stem nie met jou saam nie.

Ek het vroeer en in 'n ander bydrae probeer verduidelik waarom
ek die woord "moet" gebruik. Ek wil nooit met die woord
"moet" bedoel dat 'n nie-spontane gedrag geforseer moet
word nie. Ek wil met die woord "moet" bedoel dat 'n
essensie van spontane gedrag behoort erken te word.
Gee vir my 'n beter Afrikaanse woord as "moet" en ek
gebruik hom.

Ek het blootweg geskryf dat elke mens konserwatisme en
liberalisme in hom/haar "moet" h^e. Ek het nooit eweveel
daarby geskryf nie en sal dit ook nie bedoel nie. Hoe kan
'n mens van 'n dierasie soos "eweveel perd en bees" praat?
Net so min kan ek praat van 'n dierasie soos "'n guassiaanse
verspreiding van perd en dier". Met "dierasie" bedoel ek nou
"dit" in elke "skepsle" (mens ingesluit) waarvan "liberalisme"
en "konserwatisme" die twee fasette is. Wat ek "raaksien",
is 'n uitkringende geslinger (spiraal/vorteks) tussen hierdie
twee fasette. Dit is dit wat maak dat jy 'n normaal verspreding
as die resultaat daarvan raaksien.

Baie dankie Stef vir 'n uiters stimulerende bydrae. Ek wens
iemand het 'n grappie te vertel oor "uitkringende geslinger".
Hulle skryf hoeka al dat dit te stroef op hierdie NG gaan.

Miskien moet ek julle nooit die verwantskap tussen grappe
chaos-orde vertel nie. Dan sal julle (as julle dit nie begryp
nie) dink dat ek wil hê dat julle nooit weer moet lag nie.
Of dalk sal ook julle vir my lag oor hierdie verwantskap.
(In die boek vertel ek kortliks van hierdie verwantskap en op
so 'n plek dat nie een van die twee moontlikhede hopelik
sal gebeur nie.)

Ek self lag nou lekkerder as te vore, self met die wete
hoekom grappe werk (of nie werk nie).

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10185 is 'n antwoord op boodskap #10073] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
"billy" vra
> Stef, wat probeer jy nou eintlik se? Billy
>
> |
> | Ek het 'n broertjie dood aan mense van die westerse wêreld wat
> | dink hulle help die derde wêreld en dan op die ou ent foeter hulle
> | die sake meer deurmekaar as wat dit was.
>

Jy vra my nou om iets te verduidelik wat baie moeilik is om te verduidelik
omdat dit nie altyd strook met ons westerse manier van dink nie. Maar ek
het nou die vlammetjie aangesteek. Dus kan ek seker nie nou kla nie.

Ek is van mening dat dit wat in Afrika gebeur -- al die geweld, die staatsgrepe
die hongersnood, ens. -- eintlik op indirekte wyse die oorsaak is van die
westerse wereld se in mening. Die westerse wereld het die kulture wat in
Afrika bestaan het versteur en hulle afhanklik gemaak van die westerse
wereld. Dis nie juis baie voordelig vir die mense in Afrika nie.

Mens kan verstaan wat die motivering was vir die Weste om in te meng in
Afrika en dinge te probeer verander. Ek sal besef dat hul motivering
in baie opsigte gebaseer is op wat mens kan noem "medemenslikheid". Maar
nou hels hierdie "medemenslikheid" eintlik 'n ironie. Ek het eenmaal gehoor
dat daar in midde Afrika 'n balans bestaan het tussen die natuur en die
bevolking van daardie omgewing. Die mense het teen 'n sekere tempo
aangewas. Dan op 'n sekere stadium wanner die bevolkingsdigtheid te hoog
raak het die menslik afval in die riviere bo 'n sekere vlak gekom wat die
ontstaan van cholera bevorder. Dit veroorsaak dan 'n epidemie wat die
bevolking van die omgewing weer baie verlaag. Op hierdie manier het
die natuur die bevolking in toom gehou. Die Weste het egter toe nou hul
medisyne gebring en die natuur se invloed afgesny. Maar die mense se
aanwas het egter dieselfde gebly. Die gevolg is dat die bevolking
te groot geword het vir wat die land kan hanteer. Die gevolg is
hongersnood. Dis die volgende vlak van terugvoer waardeur die
natuur die saak weer in balans probeer bring. Maar die Weste kan
nie net sit en toekyk hoe die mense doodgaan van honger nie. Dus
word daar vir hulle kos gevat. Dus word die natuur se terugvoer
weer afgesny. Die natuur het toe met AIDS voorendag gekom en dit
het nogal die bevolking van midde Afrika laat afneem.

Op hierdie stadium het ek seker al wat 'n leser van hierdie nuusgroep
is uit sy of haar geloof geskok. Hoe kan ek soo gevoelloos wees? Hoe
kan mens daardie mense soos diere laat doodgaan?

Ons Westerlinge het 'n morele dillema. Ons morele oortuigings wat
gefundeer is in die Christelike geloof laat ons nie toe om ons medemens
te sien lei en self niks daaraan te doen nie. Dus doen ons iets om die
mense te help. Maar deur dit te doen veroorsaak ons dat die
probleem net groter word. Nou wat moet ons dat doen?

Dis 'n moeilike vraag. Maar ek sou twee goed voorstel. Eerstens sou
ek sê ons moet liewer nie inmeng waar ons nie verstaan wat aangaan
nie. Tweedens moet ons uitvind wat aangaan. Nou wat bedoel ek met
"wat aangaan"? Verstaan ons dan nie wat aangaan in Afrika nie?

Nee, volgens my mening verstaan die Weste (en veral die hier in Noord
Amerika) nie 'n snars van die Afrika kulture nie. Ek wil so ver gaan om
te sê dat hulle nie eers besef hoe verskillend kulture kan wees nie.

As voorbeeld van hoe dinge kan verskil wil ek die volgende vertel. Maar
eers dit: elke kultuur bevat as deel daarvan 'n moraliteit. Dit is die ree"ls
en beginsels wat bepaal wat reg en verkeerd is. Maar hierdie moraliteit
kan soos dag en nag verskil tussen die verskillende kulture. Eenmaal
het ek 'n film gesien oor die lewe van 'n Eskimo gesin (deesdae word hulle
eerder Inuits genoem). Deel van die storie het gegaan oor hoe die vrou
geboorte sou skenk aan 'n baba. Dit sou die vrou se eerste kind wees. Die
ouma sê toe aan die vrou dat as dit 'n dogtertjie moet sy omiddelik die
kind kaal op die sneeu neersit en sneeu in haar mond sit sodat sy kan
doodgaan. Die eerste kind moet 'n seun wees. Nou vir my en vir
enigiemand ander wat 'n westerse moraliteit het, is moord van jou eie
kind verskriklik. Maar as dit werklik so is dat dit in die Inuit kultuur die
gebruik was, dan moes dit gebruik so ontwikkel het uit die behoefte van
oorlewing. Wie is ons dan om hieroor 'n uitspraak te lewer?

Nou het ek baie gesê, en nognie alles gesê wat ek wou gesê het nie
maar die boodskap raak nou te lank.

Stef
Vorige onderwerp: Re: die woord hotnot
Volgende onderwerp: Nuwe bydraer.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 18:22:45 MGT 2024