Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alcock, sir John William
Alcock, sir John William [boodskap #124932] Do, 07 Maart 2019 19:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alcock en Brown na hul landing in Ierland.
Alcock en Brown na hul landing in Ierland.
Sir John William Alcock (1892 - 1919) was 'n Engelse vlieër. Hy het op 14 en 15 Junie 1919 met sir Arthur Whitten Brovyn die eerste regstreekse vlug oor die Atlantiese Oseaan afgelê. Die vlug van Newfoundland in Kanada na Ierland het 16 uur en 12 minute geduur. In die proses het hulle 'n afstand van 3040 km in hulle omgeboude Vickers Vimy-bommenwerper afgele. Hulle is enkele dae daarna deur koning George V tot die ridderstand verhef. Hulle wen daarmee ook die prys van 10 000 pond wat 1913 deur die Daily Mail uitgeloof is vir die eerste om "in 'n vliegtuig van een punt in die Verenigde State, Kanada of Newfoundland na 'n punt in Groot-Brittanje of Ierland in minder as 72 uur te vlieg".

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alcibiades
Volgende onderwerp: Alcoforado, Marianna
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:50:24 MGT 2024