Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Alberti, Leon Battista
Alberti, Leon Battista [boodskap #124914] Di, 05 Maart 2019 07:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Leon Battista Alberti
Leon Battista Alberti
Leon Battista Alberti (1404 - 72) was 'n Italiaanse argitek, skilder en skrywer. Vernaamste bou-ontwerpe: die Rucellai-paleis in Florence; die Sant’ Andrea-kerk in Mantua en die Santo Francesco-kerk in Rimini. Met behulp van klassieke bou-elemente word Alberti die teoretiese grondlegger van die moderne Renaissance-argitektuur wat wegbreek van die Middeleeuse. Hy lê die nadruk op die innerlike en uiterlike eenheid van die bouontwerp: al die ruimtes in die Andrea-kerk lei na die sentrale koepel, en al die verdiepings van die Rucellai-paleis word deur pilasters tot een gewel-vlak verenig. Die voorgewel van die St. Andrea lyk soos ’n Romeinse triomfboog. In sy monumentaliteit is Alberti alreeds ’n voorloper van Michelangelo.

As Humanistiese skrywer was hy die groot vriend van pous Pius II. As groot teoretikus van die Renaissance skryf Alberti handboeke o.a. oor skilder- en boukuns, maar ook oor letterkunde, biologie en ingenieurswese.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alberta
Volgende onderwerp: Alberti, L.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 05:05:21 MGT 2024