Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Albanië
Albanië [boodskap #124904] Ma, 04 Maart 2019 06:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Albanië is 'n republiek in die Balkan aan die Adriatiese See. Die binneland is bergagtig met beboste berghange en vinnige strome na die kusvlakte waar die grond geil is. Maar die landbou is enigsins primitief en daar is byna geen nywerhede nie. Koper, yster en olie word o.a. ontgin. Tirana is die hoofstad, met die enigste spoorweg verbind met Durres, die enigste hawe van belang. Ongeveer ⅔ van die mense is Moesliems, die ander Grieks-Ortodoks en Rooms-Katoliek.

Albanië was deel van die Bisantynse Ryk, is in 1467 deur die Turke verower en het deel van die Turkse Ryk gebly tot 1912 toe dit ’n prinsdom geword het. In 1925 het Albanië ’n republiek geword en in 1928 'n koninkryk. In 1939 is Albanië deur die Italiane verower, maar die Albanese het ’n verbete stryd voortgesit met die hulp van die Grieke wat in 1941 deur die Duitsers oorwin is. In 1944 is die Duitsers uitgedryf en Albanië het in 1946 ’n republiek geword onder Kommunistiese bewind.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Alban
Volgende onderwerp: Albanie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:36:29 MGT 2024