Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Aken
Aken [boodskap #124881] Sa, 02 Maart 2019 18:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die stad Aken
Die stad Aken
Aken (Duits: Aachen; Frans: Aix-la-Chapelle) is 'n Rynlandse stad in Duitsland; ongeveer 45 myl wes van Keulen. Die stad lê naby die grens met België en Nederland. Sy katedraal is om en by 796 n.C. deur Karel die Grote begin en bevat sy graftombe. Karel, wat hier oorlede is, het Aken die hoofstad van sy ryk noord van die Alpe gemaak. Aken is lank reeds beroemd om sy minerale bronne en is ook bekend vir gesponne woldraad, weefstowwe, masjinerie en chemikalieë. Die stad is tydens Wêreldoorlog II byna geheel en al verwoes deur bomaanvalle.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Akbar die Grote
Volgende onderwerp: Akkedis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:12:57 MGT 2024