Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Vygie in Kirstenbosch.Aizoaceae, die vygiefamilie, is ’n Angiosperme familie van kruidgewasse, halfstruike of struike, wat oorwegend in Afrika voorkom. Hulle het teenoorstaande, selde verspreide, meestal sukkulente blare, reëlmatige blomme met 4-8 kelkblare, dikwels baie kroonblare, 5 tot baie meeldrade, en ’n bo- tot onderstandige, een- tot veelhokkige vrugbeginsel. Die vrug is ’n doosvrug wat dikwels in klam weer oopgaan, of vlesig. Voorbeelde: vygie, bokbaaivygie, suurvy, hotnotsvy, lewerplant, brakslaai, knopies, toontjies, kougoed.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.