Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oogappel
oogappel [boodskap #124858] Sa, 02 Maart 2019 08:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oogappel
Afbreking: oog•ap•pel
Samestelling: oog + appel



Selfstandige naamwoord: oogappel
Meervoud: oogappels
Verkleinwoord: oogappeltjie
Meervoud van verkleining: oogappeltjies

Betekenis:
• (figuurlik) Iemand in die oog en in die hart.
• (letterlik) Die binneste deel (iris en pupil) of die bal van die oog.

Gebruik:
• Jannie is sy ouma se oogappel.
• Hy het vir die Jode wat uit Babilon teruggekeer het, gesê: "Wie aan julle raak, raak aan my oogappel" (Sagaria 2:8).

Sinoniem:
• liefling
• gunsteling
• uitgesoekte
• geliefde

Spreekwoord:
• Hy/Sy is my oogappel. [Die gunsteling wees.]

Vertaling:
Engels: eye-ball, pupil
Duits: Augapfel
Nederlands: oogappel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Volgende onderwerp: worsbrood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 12:07:26 MGT 2024