Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Drosverkragter
Drosverkragter [boodskap #124856] Wo, 27 Februarie 2019 17:59 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Op 22 September 2018 is die vermeende Dros-verkragter, Nicholas Ninow, in hegtenis geneem. Hy is aangekla vir die verkragting van ’n sewejarige meisie in die toilethokkie van een van dié restaurant se takke in Silverton (Pretoria). Hoewel hy die voorval ontken, is 'n grusame video van die gebeure op die internet versprei.

Drie psigiaters en ’n sielkundige aan die Weskoppies-Psigiatriese Hospitaal het hom geëvalueer en bevind dat hy nie ten tyde van die voorval aan enige sielkundige en psigiatriese steurings gely het nie. Hy was dus toerekeningsvatbaar en is geskik om verhoor te word.

Later is gerapporteer dat sy babatjie in Desember gebore is, terwyl hy verhoorafwagtend die gasvryheid van die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria geniet. Nodeloos om te sê wil sy voormalige verloofde (met haar pragtige gesonde seuntjie) niks met hom te doen hê nie.
Re: Drosverkragter [boodskap #129486 is 'n antwoord op boodskap #124856] So, 26 Januarie 2020 19:23 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die nou al ou nuus, maar die 21-jarige Ninow het toe skuldig gepleit en is lewenslank gevonnis. Hy is 'n verdere vyf jaar tronkstraf opgelê vir die besit van onwettige middels, asook vyf jaar vir dwarsboming van die gereg. Die vonnisse word gelyktydig uitgedien.

Ninow is ook blykbaar as kind mishandel en het tydens die verhoor berou getoon en 'n gedig vir sy slagoffer geskryf. Daar is bespiegeling dat hy moontlik nie toerekeningsvatbaar was onder die invloed van dwelms nie. Op die einde van die dag, amper 'n tragiese figuur.

Dit bly egter noodsaaklik dat sulke elemente uit die samelewing verwyder word.
Vorige onderwerp: Paul Eilers
Volgende onderwerp: Skok-bewerings teen Magnus Malan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:27:14 MGT 2024