Agrippa I [boodskap #124846] |
Ma, 25 Februarie 2019 05:57 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Agrippa I (oorlede 44 n.C.) was die regeerder oor Judea en die kleinseun van Herodes die Grote. Hy het Jakobus ter dood veroordeel en Petrus in die gevangenis gesit. Hy word vermeld in Handelinge 12. Sy seun Agrippa II (oorlede ongeveer 100 n.C.) het na Paulus se verweer geluister en gesê: "Jy beweeg my amper om ’n Christen te word." (Hand. 25 - 26).
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|