Agricola, Gnaeus Julius [boodskap #124844] |
Mon, 25 February 2019 05:50 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gnaeus Julius Agricola (37 - 93 n.C.) was 'n Romeinse veldheer en die goewerneur van Brittanje van 78 tot 87 n.C. Hy het die Caledoniƫrs (hedendaagse Skotte), wat aangevoer is deur Galgacus, by Mons Graupius verslaan. 'n Vloot wat hy om die noordekant van Brittannje gestuur het, het die Orkney-eilande ontdek. Sy lewensgeskiedenis is geskrywe deur sy skoonseun Tacitus.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|