Agra [boodskap #124842] |
Sun, 24 February 2019 17:30 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Agra is 'n stad in Indië aan die Djumnarivier (Yamunarivier), ongeveer 140 myl suidoos van Delhi. Dit was die hoofstad van die ryk van die Mogols in die 16de eeu. Die plek het ’n fort, gebou deur Akbar die Grote, en is beroemd om die paleis van sjah Djehan, asook ander paleise en moskeë. Naby is die Tadj Mahal. Agra is ’n belangrike spoorweg- en handelsentrum. Sien Agrapha.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|