Agenda [boodskap #124836] |
Fri, 22 February 2019 06:34 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Agenda is 'n lys van punte ter bespreking op ’n vergadering. Dit word gewoonlik deur die sekretaris opgestel as leiding vir die voorsitter en word vooraf versprei onder diegene wat op die vergadering teenwoordig gaan wees. Die agenda dui gewoonlik ook die tyd en plek van die vergadering aan. Die vergadering word dan volgens hierdie agenda, na moontlike wysigings aan die begin van die vergadering, hanteer. 'n Notule van die vergadering word na die tyd versprei.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|