Agdaegeneesbossie [boodskap #124835] |
Fri, 22 February 2019 06:27 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Agdaegeneesbossie is die naam vir verskeie kruiebossies wat met siekte gebruik word en veronderstel is om 'n kwaal in agt dae te genees. Voorbeelde hiervan is Lobostemon fruticosus, ook douwurmbossie genoem, met blou of rooskleurige blomme, Hermannia hyssopifolia met klein groepies liggeel hangende blommetjies, Psoralea decumbens, ’n taamlik platgroeiende bossie met groepies persblou ertjieagtige blomme.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|