Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Afrika is die derde grootste vasteland en een van die drie wat saam die Ou Wêreld vorm. Dit is aan Asië verbind deur die landengte van Suez. Afrika lê byna ewe veel Noord en Suid van die ewenaar en het 'n oppervlakte van nagenoeg 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is . Die mees noordelike en suidelike, oostelike en westelike punte is onderskeidelik Kaap Blanc, Kaap Agulhas, Kaap Guardafui en Kaap Verde.
Afrika bestaan hoofsaaklik uit ’n ontsaglike vlakte met die hoogste bergreekse in die ooste, nl. die Drakensberge, die berge van die Sinkdal met die hoogste pieke Kilimandjaro (19,340 vt.), Kenia (17,040 vt.) en Ruwenzori (16,794 vt.) en die Abessynse Hoogland, en in die noorde die Atlas.
Die vernaamste riviere is die Nyl, Niger, Kongo, Zambezi, Oranje, Koebango en Limpopo. Onder die mere is die Victoria (26,200 vk. m.), Tanganjika, Njassa en Tsaad.
Die grootste woestyne is in die noorde die Sahara, wat byna so groot is as Europa, die Libiese en die Nubiese woestyn, in die ooste die woestyn van Somalië en in die suide die Kalahari en die Namib benewens die halfwoestyne van die Karoo. Die Sahara kry byna geen reën nie, maar Midde-Afrika het ’n tropiese reënval en die Kongo-bekken kry deur die jaar reën; die kuste om die Middellandse See en die suidwestelike punt
kry winterreëns; origens somerreëns.
Afrika is die warmste van al die vastelande en net die suidelike, die noordelike en die hooglande van die ooste is werklik geskik vir bewoning. Afgesien van ryk bronne in die Sahara is Afrika arm aan petroleum en ook aan steenkool, maar ryk aan goud, uraan, koper (veral in die Katanga in die Kongo en Zambië), en diamante waarvan byna die hele wêreldproduksie uit Afrika kom.
Naas Europeërs en inwoners van ander wêrelddele, bestaan die bevolking uit:
(1) geel rasse, nl. Khoisan en Boesmans en die verwante pigmeë in die ekwatoriale woude;
(2) Negerrasse, nl. (a) Bantoes en Soedan-negers in ’n gordel suid van die Sahara; (3) Hamiete en Semiete bv. Berbers, Somali’s, Foelbe ens., veral in die noorde en noordooste dikwels vermeng met Arabiere;
(4) Ethiopiede en Masai in die noordooste;
(5) Nilote aan die boloop van die Nyl.
Hoewel een van die vroegste beskawings in Egipte ontstaan het, die streke aan die kus van die Middellandse See reeds voor Christus beskaaf was (Carthago) en die ooskus reeds in daardie tyd deur Feniciese en Egiptiese handelaars besoek was, is die omvang van die vasteland eers deur die reise van Dias en Da Gama bepaal en is die binnneland eers in die 19de eeu deur ontdekkingsreisigers ondersoek. Van die belangrikste is die volgende, met die datums van hul reise:
Portugese nedersettings in Afrika het reeds ongeveer 1450 begin, en in 1652 is die Nederlandse halfwegstasie na die Ooste aan die Kaap gestig, egter sonder gedagte aan ’n volksplanting. Die eintlike stormloop van Europese nasies om kolonies in Afrika het pas in die 19de eeu gekom en Afrika het ’n vasteland van kolonies geword. Blanke bestuur en blanke nedersettings (op die hooglande) het ontwikkeling gebring en interne rus. In 1950 was daar maar net vier onafhanklike state in Afrika: Abessinië, Egipte, Liberië en die Unie van Suid-Afrika.
Teen die einde van 1960 is daar nie baie lande wat nie volkome onafhanklikheid het nie of vinnig op pad is daarheen nie. Hierdie verandering is teweeggebring deur die druk wat na Wêreldoorlog II uitgeoefen is deur nasionalistiese inboorlingleiers.
Lande in Afrika:
Algerië
Angola
Benin
Botswana
Burkina Faso
Burundi
Comore-eilande
Demokratiese Republiek van die Kongo
Djiboeti
Egipte
Ekwatoriaal-Guinee
Eritrea
Ethiopië
Gaboen
Gambië
Ghana
Guinee
Guinee-Bissau
Ivoorkus
Kaap Verde
Kameroen
Kenia
Lesotho
Liberië
Libië
Madagaskar
Malawi
Mali
Marokko
Mauritanië
Mauritius
Mosambiek
Namibië
Niger
Nigerië
Republiek van die Kongo
Rwanda
São Tomé en Príncipe
Senegal
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Seychelle
Sierra Leone
Soedan
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Soedan
Swaziland
Tanzanië
Togo
Tsjad
Tunisië
Uganda
Zambië
Zimbabwe
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.