Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gekruide taal
Gekruide taal [boodskap #9993] Do, 17 Julie 1997 00:00
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Toe ek 'n kind was, is ek gereeld bestraf as ek
gevloek het. Party keer was dit 'n pak slae en
ander kere seep of peper in die mond. Dit het
niks gehelp nie.

Ek wens daar was 'n taal waarmee dit net nie
moontlik sou wees om te vloek nie. Ek sou dadelik
daardie taal begin aanleer het. Maar so iets is nie
moontlik nie. Die volgende kreatiewe grappie vertel
hoekom.

Wat doen 'n mens met 'n dowe wat met gebare
vloek? 'n Mens was sy ahnde met seep.

Toe ek groter geword het, ek in die Bybel gelees
dat vloek verkeerd is. Ek het dit aanvaar, maar
dit kon nie keer dat ek vloek nie. Toe lees ek
van die Tourette (?) sindroom. Ek het begin
dink dat ek daaraan lei.

Maar intussen het ek kreatiwiteit bestudeer. Op
'n goeie dag ontdek ek dat ek begin vloek sodra
ek ervaar dat my kreatiwiteit belemmer word. Daarna
het ek minder begin vloek. Sodra ek besef dat ek wil
vloek, het ek begin om te probeer insien wat dit is
wat ek nie kan skep nie, waarom ek nie kan skep
nie en hoe ek wel tot skepping kan kom. Geleidelik
het ek besef dat in meeste gevalle was ek self my
grootste vyand was. Ek het self my kreatiwiteit belemmer.
Ek self het my laat vloek. Nou verstaan ek beter
hoekom dit verkeerd is om te vloek. Ek vernietig
myself.

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: Koffie in Raleigh...
Volgende onderwerp: Fascisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 17 06:25:08 MGT 2024