Achard, Franz K. [boodskap #124759] |
Mon, 11 February 2019 07:17 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Franz Karl Achard (1753-1821) was 'n Duitse skeikundige. Sy grootste ontdekking was die vervaardiging van suiker uit suikerbeet (beetwortel). Dit het tot die stigting van 'n bloeiende beetsuikerbedryf gelei. Die prosesse van ekstraksie, filtrasie, verdamping en kristallisasie, sentrufigasie (skeiding deur rotasie) en droging is later ook in ander industrieƫ toegepas.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|