Abt, Franz Wilhelm [boodskap #124753] |
Sun, 10 February 2019 09:44 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Franz Wilhelm Abt (1819-85) was 'n Duitse komponis wat honderde liedere en koorwerke gekomponeer het. Die meeste hiervan word deur ’n eenvoudige, maar grasieuse melodiese lyn gekenmerk. Sommige van sy liedere is in so ’n mate deur die Duitse volk in besit geneem dat hulle vandag as volksliedjies beskou kan word.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|