Abel Spel [boodskap #124740] |
Fri, 08 February 2019 18:58 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
In die algemeen verwys 'n "abel spel" na 'n toneelstuk oor die liefde. In gees is dit verwant aan die ridderroman.
Die oorspronklike Abele Spele (abel = mooi, edel) is 'n versameling van vier Middelnederlandse toneelstukke wat uit ongeveer 1350 dateer. Dit word in die Koninklike Biblioteek in Brussel bewaar en is die oudste bekende Nederlandse toneelstukke van wêreldlike (nie-geestelike) aard.
Hierdie toneelstukke is:
- Esmoreit (1018 reëls)
- Gloriant (1142 reëls)
- Lanseloet van Denemerken (952 reëls)
- Vanden Winter ende vanden Somer (625 reëls)
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|