Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Aasblom is soorte (genera) van Stapelia, Caralluma en hul verwantes van die familie Asclepiadaceae, met blomme wat na verrottende vleis ruik. Hulle is klein plante met groepe van vlesige, regop, dikwels hoekige stingels, dikwels sonder blare, en met dof-rooipers, bruin of gelerige blomme op verskillende maniere gemerk. Dikwels ook bokhorinkies genoem weens die lang vrugte wat in pare verskyn.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.