Aardgas [boodskap #124730] |
Wed, 06 February 2019 19:20 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Aardgas, of natuurlike gas, is gas wat uit die aarde, veral uit olieputte, ontsnap. Dit is die gasagtige deel van petroleum wat dikwels uit barste of boorgate in oliehoudende gebiede kom. Aardgas bestaan gewoonlik grotendeels uit metaan en etaan. Op sommige plekke bevat dit ook helium. Dit kan vir die opwekking van krag, beligting en verwarming aangewend word.
In baie streke van die Verenigde State en ook in Suid-Afrika word dit gebruik vir ligte en vir die verwarming van woonhuise. In die Noordsee is ook sterk gasbronne oopgeboor wat in Europa in huise en fabrieke gebruik word. Die sterkste aardgasbron in Suid-Afrika tot dusver is in die see in die omgewing van Plettenbergbaai ontdek.
Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Die Skatkis: Algemene kennis en naslaanwerk, ISBN 0-7966-0014-7
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|