Aafjes, Bertus [boodskap #124716] |
Sa, 02 Februarie 2019 17:58 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Bertus Aafjes (1914-1993) was 'n Nederlandse skrywer en digter wat ook onder het pseudoniem 'Jan Oranje' gepubliseer het. Hy word aanvanklik as priester opgelei; verlaat egter die seminarium en studeer in die oudheidkunde, ook in Rome. Van 1940 af wy hy hom geheel aan die letterkunde. Skryf gedigte, novelles en reisverslae. Bly geruime tyd in Egipte en die nabye Ooste. Met Een Voetreis naar Rome (1946), 'n breedvoerige digwerk, wat 'n ongekende oplaag (vir Nederland) beleef, verwerf hy bekendheid.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|